Kommer oor veiligheid op Gautengse paaie

Argieffoto ter illustrasie van Johannesburg. (Foto: Unsplash)

Jacob Mamabolo, die Gautengse LUR vir openbare vervoer en padinfrastruktuur, het sy kommer uitgespreek oor die bloedbad op Gautengse paaie.

Dit volg nadat tien mense Woensdag gesterf het tydens ’n gru-botsing in Eldorado Park in Johannesburg.

Mamabolo het motoriste versoek om te alle tye waaksaam op die paaie te wees.

“Motoriste moet hul houding ten opsigte van verkeersveiligheid verander. Die meeste ongelukke vind plaas weens menslike nalatigheid, asook ʼn algehele gebrek aan agting vir padreëls,” het Mamabolo gesê.

Volgens die LUR beoog die departement van paaie en vervoer om sy veldtog vir die bewusmaking van padveiligheid op te skerp.

Maroela Media het vroeër berig tien mense, onder wie drie leerders van Robertsham Primary School in Johannesburg, is Woensdag vroegoggend dood toe ʼn minibustaxi en ʼn motor reg van voor op die R553 Golden Highway in Eldorado Park in Johannesburg gebots het. Talle mense is ook tydens die ongeluk beseer en na nabygeleë hospitale geneem.

Mamabolo het gesê verteenwoordigers van die provinsiale regering gaan die onderskeie hospitale besoek waar die beseerdes opgeneem is, asook Robertsham Primary School om sy medelye te betuig.

“My hart gaan uit na die oorledenes se families en geliefdes. Ek wil ook diegene in die hospitaal ʼn spoedige herstel toewens,” het Mamabolo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sobymykoolkop

Totaal GEEN fout met die paaie nie. Roekelose, haastige, onbeheerbaar oorlaaide en onbevoegde bestuurders. Geen respek vir wet en orde nie. Praat nie eens van die gekoopte bestuurslisensies nie. Altyd omstandighede en iemand anders te blameer.
Verstaan dis ń vreemde konsep vir meeste inwoners om verantwoordelikheid te aanvaar.

Fedup

Haal die taxis van die paaie af. Sluit elke dronk bestuurder lewens lank toe. Don’t tiptoe around the real problem, mamabolo. Jy weet taxis dink hulle regeer die land se paaie.

Kaal Keiser

Taxi’s regeer die paaie – en mens kan hul niks maak nie.
Taxi bestuurders sal nie skroom om jou leed aan te doen nie en ‘n lewe is niks in hul oë nie.

david

Ja, sonder die taxis uit vir hulle roekelose en nalatige bestuur…. Maar moet nie die roekeloses uit die res vergeet nie..! Ek woon in Noordwes, ‘n hanetreetjie van die Gauteng grens af. Hier is onlangs weer ‘n motorfietsryer dood omdat sy fiets ‘n slaggat (pothole) getref het. Die slaggate word doodeenvoudig net nie herstel deur Madibeng Munisipaliteit nie, behalwe nou—want sien die jaarlikse Om-die-dam wedloop vind as. Saterdag plaas…..nou is dit ‘n geskarrel om die gate op die ROETE te herstel.. maar let op, slegs op die roete.., nerens anders nie.! Die hoofpad (R511, onder Sanral se beheer) loop deur… Lees meer »

Nadine

Ons kan almal onder dieselfde kam geskeer word nie. Die meeste oorsake van ongelukke is deur taxi drywers. Hulle ry net soos wat hulle wil verontagsaam padreëls by vere. Ek ry elke dag ‘n pad wat besaai is met taxi’s en dat mens veilig by jou werk en huis uitkom asook die mense wat in die taxi’s ry, is ‘n wonderwerk. Daar is net te veel van hulle op die paaie.