Kommer oor veiligheid van toeriste in SA

Die parlement se portefeuljekomitee oor polisie en toerisme. (Foto: Chantall Presence/ANA)

LP’s het Dinsdag gehoor aanvalle op toeriste in Suid-Afrika het steeds ʼn negatiewe impak op persepsies omtrent die land as toerismebestemming.

Die parlement se portefeuljekomitee oor polisie en toerisme het vandag in werksessie met belanghebbendes oor toerismeveiligheid en -sekuriteit gehou. Dit kom ná verskeie voorvalle waarin toeriste onder misdaad deurgeloop het, insluitend die moord op ʼn Oekraïnse toeris by Chapman’s Peak in Kaapstad, ʼn voorval wat internasionaal opspraak gewek het.

Blacky Komani, voorsitter van die Toerismesakeraad van Suid-Afrika (TBCSA), het aan LP’s gesê die moord op Ivan Ivanov het “’n geweldige verlies in toerismebesprekings” tot gevolg gehad.

Ander voorvalle van geweldsmisdaad teen toeriste lei ook daartoe dat toeriste Suid-Afrika al minder as ʼn veilige opsie vir vakansie sien.

Blitsopnames onder toerismeoperateurs het getoon nog ʼn groot bron van kommer is toeriste wat van lughawens af agtervolg en beroof word. In die afgelope drie jaar is minstens 50 sulke voorvalle aangemeld.

Volgens Komani het nog ʼn opname getoon dat minstens tien toeriste net tussen Junie en Julie vanjaar gekaap is.

Hy het aan LP’s gesê een van die sleutelprobleme was dat daar nie behoorlik op die agtervolg-voorvalle gereageer word nie. “Een van ons grootste gebreke is dat ons nie krisisse goed hanteer en korrek kommunikeer wanneer ʼn krisis gebeur nie.”

TBCSA het ook bevraagteken of die heffings wat van operateurs verhaal word net gebruik word vir bemarking, of ook vir infrastruktuur aangewend word, soos veiligheidskameras en ʼn moniteringsentrum om misdaad teenoor toeriste te hanteer. “Ons is bereid om geld en hulpbronne aan die SAPD en die departement van toerisme te voorsien om hierdie misdaad stop te sit,” het Komani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Dink hardop ·

Ek woon in die buiteland en ek Maak dit my persoonlike plig om mense , o.a. reisigers soos ek sterk af te raai om SA te besoek. En ek is nie alleen nie. Baie doen dit.

“Oh you’re South African..I’d really wanna visit there…”

“No.. you don’t. ” En ek verskaf redes.
Bly weg . Daar is beter, veiliger bestemmings

Corrien ·

Ek maak al jare so. Onverantwoord om daar te gaan. MY kennissen wat toe nie will hoor nie moes 200 euro uithaal om verkeerspolisie af te skud. Hulle is nog van die gelukkiges.

Hanna Hoekom ·

Ek woon ook in die buiteland. Ek raai voornemende toeriste aan om eerder Botswana te besoek as hulle wild wil sien. Ek kan dit nie oor my hart kry om te lieg nie. Feit: Suid-Afrika in nie veilig vir ENIGE persoon nie! VSA waarsku sy burgers al sedert 2015 dat RSA nie veilig is nie en dat die OR Tambo lughawe ten alle koste vermy moet word. My verloofde is n Amerikaner. Hy is maar redelik versigtig vir Suid-Afrika.

Gert ·

“Dink hardop”, ek stem 100% saam jou. Woon self in buiteland en meeste sê dieselfde, hulle wil so graag SA besoek. Ou Ramasosa het op ‘n kol taai geraak oor SA’ners wat buiteland bly SA afkraak vir besoekers, nou hoe dan anders ek gaan nie my kollegas en vriende sê om te gaan as dit so sleg is, probleem is oorsee word niks gesê van wat regtig aangaan, meeste dink steeds die apartheid landjie is gered en alles gaan so goed, nou hoekom vat almal pad wat kan, ek wou nie maar het geen keuse, mis my mooi land en mense….

Waarheid ·

Geweet dit gaan kom.
NIEMAND is veilig in SA nie.
Ek gaan van nou af sommer die crime stats na oorsese travel agents stuur.

Nellie ·

Ek wag in spanning vir die werksessie oor veiligheid vir SA burgers!

Gert van Wierdapark ·

Nou is hul skielik bekommerd na die droogmaak van die in beheer die laaste 25 jaar!!!

Gert van Wierdapark ·

Met ‘n skok skrik hul toe wakker oor die werklikheid van wat in SA aangaan!!!

Tinus Coetzee ·

Ek het al begin dink dat mense juis hierheen kom om eerstehands te ervaar hoe dit is om geroof, gekaap, verkrag of ernstig aangerand te word. Of erger nog, vermoor te word.
Dalk die verkoopstegniek van oorsese reisagentskappe. Is jy ‘n adrenalien verslaafde? Gaan besoek Suid Afrika, veral as jy wit is, ervaar persoonlik hoe dit is om verkrag, beroof, of selfs vermoor te word. Maak egter seker dat jy ‘n fris lewenspolis het voor jy gaan. Dit sal maak dat jou familie nie te lank oor jou sal troue nie.

Hannatjie ·

Dis nie net vir toeriste onveilig in ons land nie, nee vir elkeen van ons!

aj ·

Dis nie die land wat misdadig is nie … dis die inploffing van die ANC regering wat veroorsaak dat ALLES nou disfunksioneel is.

Daar is geen oplossing nie vir die misdaad plaag nie … behalwe ‘n regeringsverandering.

Bert ·

Aj, dis die ja stemmers wat die huidige gemors veroorsaak het.
Die anc het als net so op ‘n skenkbord gekry en kan dit opvoeter soos hulle lus is soos die res van afrika.

Vintcent ·

Akkommodasie (hotelle) is hopeloos te duur in SA. Selfs duurder as hotelle in Wes-Europa. Dit ontmoedig ook potensiële toeriste om SA te besoek.

PJ ·

Hulpbronne en geld gegee word aan polisie siestog polisie hoeka deel van die probleem

Judge Dredd ·

‘n Boer genereer baie meer kapitaal vir die land as ‘n eenmalige toeris, en wat word daaraan gedoen?

Pieter ·

Presies broer ons is nie eers veilig nie hoekom sal hulle nou worrie oor n toeris kyk die regering is n joke

Sieg ·

Wees eerlik SA is nie meer n vakansie besteming nie, dit is vervuil met kriminele en ook in regering, ek beveel geen mens aan om te besoek nie. Jy loop n hoe risieko om vermoor, verkrag of beroof te word.

Lana ·

Watwou, toeriste. Pleks hulle bekommerd is oor Suid-Afrikanse burgers, hul eie mense. Buitelanders het ‘n heeltemal verkeerde indruk van SA… hulle sien net safari’s en uitstappies na Robben Eiland. Goedkoop kos. Daar is wraggies mense wat nog vas glo dat leeus in die strate loop en dat almal glimlag soos in die Castle Lager-advertensies. Hulle is werklik nie ingelig oor die ware stand van sake nie, want hulle wil dit nie weet nie.

Swerwer ·

Ontnugterde, beroofde , getraumatiseerde toeriste is n goeie afskrikmiddel vir ander toeriste wat daaraan dink om in hier te kom toer. Toeriste ” verdwyn” of word vermoor. selfs n hele toerbus vol oorsese toeriste word beroof! Uitstekende advertensie vir die land! Dan wonder die regering wat die probleem is…….

HPV ·

Dit is elke landsburger se plig om voornemende toeriste te waarsku dat hulle aangeval en selfs vermoor kan word in die misdaadhool, geskep deur die anc en sy meelopers. Dit red lewens.

Jannie van Niekerk ·

Of ons dit nou wil weet of nie, en of die regering dit nou katagegories ontken, ons kan nie oor dit stry nie. Daar is meer as 100 % kans dat enige toeris wat Suid Afrika besoek, gekaap, beroof, ontvoer , vermoor of verkrag sal word. En dit het alles eers begin gebeur in die ware, egte , demokratiese Suid Afrika. Ons eie landsburgers is nie eers meer veilig hier nie. Wat nog te sê toeriste? Deesdae is terroriste meer welkom in Suid Afrika as toeriste.

GP ·

Regering gee meer om vir die kriminele wat oor die grens net eenvoudig inloop as vir enige toeris. Wat wil hulle in elkgeval hier kom doen.

Skaap ·

My vriendin van London kom Sondagaand teen 23h00 by Kaapstad International aan. Ek moet haar gaan haal.
Ek stress al klaar en moet nog my ontsnappingsroete beplan terug na relatiewe veiligheid.
Dis mos nie reg nie ?

Jannie van Niekerk ·

As ek julle is boek ek eerder by ‘n hotel in . Die N2 by Kaaapstad is GLAD nie veilig nie. Veral by die R300. Onthou ons bly in die mees onveiligste “vredestydse” land in die heelal.

Vryheid ·

SA is al Soos die res van Afrika, verwag maar min tot niks as jy daar wil gaan vakansie hou- Anders gaan jy baie sleg daarvan afkom.

Liezl ·

Nee, Skaap, dis seker nie reg nie, maar waar lê jou vertroue? Ek bid vir veiligheid vir jou en jou vriendin. Vader beskerm ons mense, behoed en bewaar hulle. Dankie, Amen

KaterinaKat ·

Wat van al die ander Suid Afrikaners wat al vermoor is? Wat wreed gemartel en verkrag en vermoor is? Het hul vertroue hul gehelp? Beter om self planne te maak vir mens se veiligheid. Ja die mens is maar net dit, n mens. Maar dit lyk vir my of bonatuurlike gode maar pretty much nie n duit omgee oor hul aanbiddende volgelinge nie. As hierdie land nie mens se oe oopmaak nie, weet ek nie wat sal nie..

Jimmy ·

En met NGV sal toeriste wat beseer of siek is na ‘n staatshospiaal geneem word, selfs al het hulle goeie reisversekering.

penellope jones ·

Dalk moet iets gedoen word om toeriste terug te kry?
Om toeriste te verjaag en aan te raai om weg te bly gaan niks aan toeriste doen nie – hulle kan een of ander bestemming besoek.
Dis ons wat hier agterbly, ons wat probeer klou en vashou, wat die gelag betaal as toeriste ook nou nog aangeraai word om weg te bly.

Ruiklont ·

Alle en ek meen alle misdaad moet uitgeroei en bekamp word, begin by taxis wat alke denkende verkeersreël oortreë, roei sodoende misdaad uit

M ·

Sorry ANC, kyk eers na jou eie mense en dan sorg die toeriste vir hul self. Die ANC het hul kans gehad, en hulle het dit gebraai!!

Leon ·

Waarsku liewer die toeriste wat wel kom om nie soos toeriste te lyk nie. Kamera om die nek, juwele aan die vingers en arms. Duur tasse en rugsakke wat lyk soos toeriste. Jy vra om beroof en gekaap te word. leer hulle om soos Suid Afrikaners te lyk. Die mense wat ons besoek vir kursusse word mooi vertel hoe hulle moet lyk en optree. sovêr is hulle nognie eers lastig geval nie. Dit gaan alles oor “The look”. Lyk reg.
Die regering gee in elke gaval niks om vir toeriste nie. Dit i net ‘n irritasie wat die waarheid terugvat na hulle land toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.