Kommer is besig om by die verkiesingsuitslagsentrum in Pretoria op te bou dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir die eerste keer sedert 1994 die verkiesing só onbeholpe bestuur het dat dit die demokratiese proses duur te staan kan kom.
Tans is bronne in politieke partye soos die DA, EFF, IVP en UDM baie bekommerd oor die invloed van uitdagings soos onder meer te min stembriewe en stempunte wat glad nie operasioneel was nie op die stand van die demokrasie in die langtermyn.
Politieke partye is besig om verslae in te dien oor hul klagtes en het vertroulik aan Maroela Media gesê hulle is besig om formele klagte by die OVK in te dien en die omvang is baie groter as in die verlede.
Wat die verwagte uitslae betref, lyk dit tans asof die voorstedelike wit stem in groot getalle gestem het, en swart kiesers minder so. Spesifiek in landelike KwaZulu-Natal is die stempersentasies laag en IVP-bronne is baie bekommerd oor hul party.
In Pretoria het die ou ooste soos Brooklyn, Lynnwood, Skuilkrans, Menlopark en Waterkloof in groot getalle gestem, maar Mamelodi en die gebiede tot by Cullinan minder so – wat die DA opgewonde maak.
In Kaapstad kan die laksheid van die OVK die DA duur te staan kom, want stembriewe het opgeraak in plekke soos Durbanville, Llandudno, Tamboerskloof en die Bo-Kaap.
Een party wat baie groei verwag is die VF Plus. Bronne daar beweer sterk groei is in die Vaaldriehoek aangeteken.
Dis met opset gedoen , om Da te benadeel.
Hoop daar is n ondersoek
Ek stem saam, maar Hoeveel sal die be lasting betaler moet opdop vir die kommisies nie?
Die hele verkiesing is elkgeval n groot klug!!!
Met die vorige verkiesing het my huishulp vir my gesê sy het met haar eie twee oë gesien hoe die DA en ANC ID boeke uitdeel sodat mense kan gaan stem. So dit is baie duidelik dat dit vervalste ID’s is. Sy weier om te stem want sy sê daar is teveel korrupsie