Kommer oor ‘vlugtende polisiemag’ in Jhb-middestad

Die aanvalle op die polisie in die Johannesburgse middestad is skerp veroordeel, maar het ook vrae oor die polisie se vermoëns laat ontstaan.

Die ANC het die geweld wat Donderdag in die Johannesburgse middestad losgebars het, ten sterkste veroordeel.

Chaos het in die middestad uitgebreek toe wetstoepassers ʼn klopjag wou uitvoer om op vervalste goedere beslag te lê. Buitelanders het polisiebeamptes met bakstene en petrolbomme bestook en rubberkoeëls is afgevuur.

Die Gautengse polisiekommissaris en die LUR vir gemeenskapsveiligheid het daarna in ʼn gesamentlike verklaring gesê die polisie het weens die onbestendigheid van die gebeure ʼn taktiese besluit geneem om te onttrek ten einde ʼn situasie te vermy waar hulle gedwing sou wees om skerp ammunisie te gebruik.

“In dié stadium was die prioriteit om bloedvergieting of sterftes te voorkom.”

Die burgerregtegroep AfriForum het egter sy kommer uitgespreek oor dié onttrekking uit die middestad sonder dat enigiemand in hegtenis geneem is. Hy sê die polisie het daardeur bevestig dat sy tegnieke om burgerlike onrus en oproer te beheer daartoe beperk is om óf met uiterste geweld op te tree, of glad nie te reageer nie.

“Dit bevestig wat ons nog altyd vermoed het en waarteen ons geruime tyd al waarsku: die polisie is onderbeman, swak toegerus en onvoldoende opgelei om op ’n verskeidenheid maniere teen burgerlike onrus en oproere op te tree,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Hy het gesê terwyl ander lande ál meer wegbeweeg van die gebruik van geweld in die vorm van wapens en rubberkoeëls, steun die polisie steeds baie swaar op dié soort taktiek om vir hul tekort aan taktiese ontwikkeling te vergoed.

Ander polisiedienste van oor die wêreld ontmoet oproermakers met gelyke of groter getalle, hou oproeriges dop en neem leiers in hegtenis om onrus te onderdruk, het Cameron gesê.

AfriForum het die polisie gevra om veranderings aan te bring om te help om die beeld van wetteloosheid in die toekoms te voorkom en sê die polisie moet op ʼn verskeidenheid maniere kan reageer, sonder om aan ʼn situasie te onttrek om konfrontasie te vermy.

“Beloftes van reaktiewe optrede slaag nie daarin om die beeld van ʼn vlugtende polisiemag vinnig en doeltreffend uit te wis nie,” het Cameron gesê.

Die ANC het ook skerp op Donderdag se gebeure gereageer.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het gesê diegene betrokke by die aanvalle op die polisie moet swaar gestraf word. Hy het gesê Suid-Afrika verwelkom buitelanders ingevolge protokol van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en steun die integrasie van kwesbare mense in plaaslike gemeenskappe.

“Wat ons nié gaan aanvaar nie, is blatante oneerbiedigheid vir ons wette deur enigiemand. Die informele handelaars se klipgooiery en aanvalle op polisielede is ʼn aanval op Suid-Afrikaners in die stad.

“Buitelanders is welkom, maar niemand mag die bietjie wat ons het, verwoes nie. Niemand is verhewe bo die wet nie en niemand moet ons gasvryheid uitbuit nie,” het Mabe gesê.

Die ANC het die staat gevra om streng te reageer om die land se soewereiniteit en wette te beskerm.

“Diegene wat handel dryf in vervalste goedere, geregtigheid ondermyn of geboue kaap, moet vervolg word. Wetstoepassingsagentskappe moet géén genade aan die misdadigers betoon nie,” het Mabe gesê.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het vroeër die “onophoudelike ondermyning van die gesag van die staat deur buitelandse burgers in die Johannesburgse middestad” veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Suzette Geringer ·

“Wat ons nie gaan aanvaar nie, is blatante oneerbiedigheid van ons wette deur enigiemand.” Dit gebeur REEDS elke dag in ons land 24/7 – en daar word niks aan gedoen nie want die mense in beheer is te onkapabel! Hulle is deel van die probleem!!!

Sharon ·

Nee, ek stem nie saam dat hulle patetiese bangbroeke is nie. Want, skiet hulle, word Marikana weer herhaal… Want dan word hulle weer aangevat oor hoekom hulle brutaal was!.

Jimmy ·

Stem saam Sharon, dan is daar weer ‘n geregtelike ondersoek en gewone konstabels word blameer en vir die wolwe gegooi. Dit is beter om maar te retireer en die toffie vir die politici te los. Hulle is immers verantwoordelik vir die gemors.

Pierre Visagie ·

My eerste vraag is wat soek die uitlanders daar. Volgens wat ek weet kom hulle in die land met een of ander permit. Of om vir iemand te werk of studeer. Ek weet nie van n permit vir straat smouse nie. Hulle hoort in die eerste plek nie hier nie

Klasvakie ·

Die anc het die geweld ten sterkste veroordeel en NIKS gedoen nie.
Waar is julle waterkanon?
Waar gaan dit eindig. Die SAPS is net so onwettig om net te los en te verdaag. Uiters swak verskoning!!! Dit moet uitgeroei word en as dit nou lewens gaan kos “so what”. Hulle behoort teen die tyd te weet hulle is onwettig en as hulle dan nie tot inkeer kom nie, tree ooreenkomstig op. Hierdie humanitêre wette gaan nog baie wetsgehoorsame “human lives” ook kos. Stel ‘n ultimatum en daarna maak die oorlog wat nodig is!!!! Dis hulle keuse as hulle met skerppunt ammo geskiet en uit gerook word.

HPV ·

Ek glo nie hulle sal die waterkanonne gebruik want dit is waarskynlik in Israel vervaardig.

Kobus ·

Anoniem, sal jy lewe en sterwe vir hierdie hel waarin ons leef?

honourable member ·

Hierdie buitelanders moet ophou dink hierdie land behoord aan hulle. Hulle het die land gekies ons het hulle nie gekies nie.

RV ·

Hahahaha…klink soos die Engelse van ouds wat toe die land afgevat het ook.

Diertjie ·

Daar sal net n paar keer lewendige amenusie gebruik word Dan sal die strooi stop. Hulle weet hulle kom letterlik weg met moord dis hoekom hulle doen wat hulle doen!!

Wurmpie ·

Beveg geweld met geweld. Om te probeer “nice” wees werk nie

J ·

Omdat die polisie se mag ook weg gevat is!! Laat hulle skiet, dan sien jy hoe staan hul, hul man!

Br ·

Hoekom sal ons Polisie enige iets wil dien want hulle deel in dit. Waar sal hul ekstra inkomste vandaan kom as hulle nou hulle verjaag

Elsabé ·

Ek haal aan…”niemand mag die bietjie wat ons het verwoes nie”. Wat ‘n grap. Ons eie mense word dan al vir hoeveel jare lank tot op hierdie dag van vandag, toegelaat om te verwoes net soos hulle wil, en niks word daaraan gedoen nie. Verwoesting is verwoesting, dit maak nie saak of dit ons eie landsburgers is, en of dit buitelanders is nie. Dit is TOTAAL ONRELEFANT. Daar moet teen ALMAL opgetree word wat verwoesting saai, ongeag.

Sirkus ·

Pule Mabe van die ANC erken in die media wat hulle altyd ontken nl “Buitelanders is welkom, maar niemand mag die BIETJIE wat ons het, verwoes nie”. Julle is geweeg en te lig bevind

Adam ·

Ek hoop die ANC leer ‘n duur les net soos die mense van Europa moes leer. Migrante is op die lang duur net ‘n spreekwoordelike “plaag van Egipte”. Praaat gerus met Duitsers en Britte en hulle sal dit bevestig. Die ANC is direk vir die gemors verantwoordelik. Ons grense is oop en onbewaak en dit gaan ons nog baie duur te staan kom.

Thinus ·

Die eers sterkste polisie mag is getransformeer in ‘n slapgat polisie diens. Iets wat hulle ook nie lewer nie. Nou se die ANC die bietjie wat ons het moet nie verwoes word nie. Ja, want julle het klaar die res verwoes. Die ANC se polisie mag is niks anders as’ n teleurstelling en ‘n verleentheid nie. Hulle is propvol kriminele en onbevoegdes, kry vir julle.

Leon S ·

Dink nounet hoe gaan ons SANW broek op die enkels hardloop, indien magtige weermagte soos Lesotho, Swaziland of Botswana ons aanval. Daar sal nie genoeg voertuie wees vir die vlugtende SANW soldate nie LOL

Anoniem ·

Wag tot die bendes in die Kaap genoeg Tik gesnuif het, dan gaan die poppe dans.

Petrus ·

Met al die xenofobia wat hier plaasvind en die polisie se onvermoë om buitelanders te beskerm kan ons ‘n buitelandse inval verwag. ISIS en ander groepe uit Oos Afrika is reeds aktief in die streek en kan hierdie mense bewapen. SA is nou ‘n renegaat land.

Ag Shame ·

Dit is nie net Buitelanders wat so wetteloos optree nie. Wat gaan in Pretoria aan. Munisipale werkers wat daar do optree is Suid Afrikaners.
Dit is ANC en EFF asook UNIES wat hierdie land verwoes. Gebruik skerppunt ammunisien n paar keer ongeag wie so optree en hierdie strooi sal op einde kom.

Santie ·

Hier is gans te veel mense onwettig in ons land. Dit word tyd om ons grense met alle mag te beskerm. As hulle wettig hier is vir ‘n goei rede, dan is dit goed. Maar die res wat doodluiters onwettig oor die grens loop, moet gevang en gedeporteer word.

Sarel ·

Voorbeeld word, met goedkeuring van die Regering , deur SA Burgers gestel wat die land af brand. Hierdie buitelanders is met goedkeuring van die Regering in SA. Gee vir die Regeringsleiers wapens en toerusting laat hulle hul eie vuilwerk opruim. Die fout is nie by die Polisiemense op grondvlak nie want julle lewens word bedreig deur lamsakkige Politieke amptenare

Jerry ·

SA het n probleem! Die beeld van die ANC staat en die se polisiemag, is dat beide die ANC en die polisie nie net onbevoeg is nie, maar ook korrup. Die polisiemag bestaan na staatskaping in n groot mate uit ANC kaders wie self kriminele rekords het en wat in die blou uniforms rond hardloop, of in die geval, vlug. Die publiek is keelvol vir die polisie se korrupte “hand om die blaas” optrede die een dag en dan weer wetstoepassing die volgende dag tydens n operasie. N Polisiemag wat korrup is en waarvoor die publiek geen respek het nie veroorsaak dat wetsgehoorsame burgers en immigrante een of ander tyd die streep gaan trek en as die polisie daardie streep oortrap soos in die geval, dan is die gort gaar. Suid Afrikaners asook immigrante is verby keelvol vir lee beloftes, korrupsie, misdaad en vir al die onregte wat deur die ANC staat teen hulle gepleeg word! Wit Suid Afrikaners dink hulle weet wat aangaan, maar dit is swart Suid Afrikaners en immigrante wie aan die kortste end trek wat weet wat aangaan in SA! Wanneer hulle bereid is om teen die ANC se polisiemag op te staan, dan is daar n uiters goeie rede daarvoor!

Kallie ·

Dit lyk vir my ook of wittes nie ‘n idee het wat werklik aangaan nie, al dink hulle so. In die ou SA was dit dieselfde. Ons sal seker weer eendag wakker word indien alles verby is en dan kla ons weer oor die uitverkoping.

HPV ·

Waarskynlik die eerste Polisiemag ter wêreld wat weg hardloop vir misdadigers!
Duidelike erkenning dat hulle beheer verloor het en die publiek nie meer kan beskerm nie. Boodskap aan misdadigers, doen maar voort want die polisie vrees julle.

Anoniem ·

Wat ‘n grap, die buitelanders mag nie wat ons het verwoes nie, maar julle kaders stel die voorbeeld. Julle is ‘n disgrace en ‘n grap vir die wêreld

Belinda ·

Buitelanders se nonsense . Man… dis geen buitelanders nie.. dis ons eie swart bevolking wat altyd amok maak. Hou op om ander mense te blaameer. Ons poliesie is pateries net soos on parliment en minister en president… .. niemand wil blaam dra nie.. niemand wil iets doen nie.. maar almal wil net he.. he .. en he….

Willehond ·

Bwaa ha ha ha!!!! Polisie manne wat weghardloop vir die skelms??? Ek wens ek kon dit aanskou! Lekker giggel ek nou!

Hennie ·

Met trots geborg deur die useless ANC en hul korrupte tjômmies!

Maljan ·

Ek stem nie saam oor ONDERBEMAN nie. Vergelyk die hoeveelheid salarisse wat betaal word met die aantal bemandeoste en ween. Hulle is nie almal siek of op verlof nie! Waar is hulle?

Piet ·

My persoonlike opinie, die polisie is bang vir die nagevolge wat dit op hulle gaan he, kyk met Marikana. Skiet hulle dan word hulle uit gemaak as die booswigte, ontrek hulle word hulle uitgemaak as lafhartig.

oop oge ·

….dis maar net die vrugte van die “human rights” boom

Hops ·

As die polisie nie meer beheer het nie, het die staat ook nie meer beheer nie! Wanneer staatskaping, korrupsie , misdaad en armoede die land regeer, wat het Pule Mabe anders verwag? Mooipraat gaan nie werk nie!

Msp ·

Hoekom veroordeel die regering dit? Die polisie word dan geforseer om kriminele te beskerm. Hoe meer julle invoer hoe erger sal dit word. Pluk maar die vrugte van jul slegte besluite.

Msp ·

Die anc het al soveel kriminele gekweek, min besef hulle dat hulle nie meer regeer en aanbewind is nie. Kriminele het Suid Afrika reeds oorgeneem.

Gert van Wierdapark ·

Die polisie is mos oorbeman met gee-ne-raals en en onder-beman/vrou met goed opgeleides wat nie bollie van kabouters sal vat nie. Waterkanonne met yskoue water en traanrook daarna en dan n lekker paar rapse met sambokke!! Wie nie wil hoor nie, moet voel – Basta met die Wit-handskoentjie benadering! Hulle. Moet Opgevlok word!!!!

sweis ·

Useless klomp wegehardloop hulle moet pasop want volgende keer moet hulle die imigrante omkoop met n geldjie om in die area in te kom.

Ep ·

Slapgat manne van verspotte hoedjie hoof nar cele Nou waar jy nou groot bek? Help nie jy sit en dreig nie doen verdomp iets Jy is darem pateties ….

Vintcent ·

Hierdie buitelandse gaste van die ANC-regering geniet carte blanche. Laat die plaaslike bevolking hul in die bek ruk. Cyril & Maats is beslis tussen twee vure nou.

Anne ·

Tyd geword on hierdie onwettige immigrants uit die land gesit word. Dis hulle wat die amok maak. En polisie se lewe inmekaar stel.

Christien vd Westhuizen ·

Vlugtende polisie mag ????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

Jozi ·

Die SAP het besluit om eerder op te pak en te gaan…..
Ons het almal gedink hulle kon nie minder slapgat wees soos wat hulle altyd handjies gevou die situasies “gemonitor” het nie.
Polisie se tande is getrek!

LHS ·

Nou gaan Cecilia seker al wat poliesman en vrou is asook die totale weermag oproep om in hulle hordes een dag daar in te beweeg soos n swerm muskiete en oproeriges te takel met n oorgewig van so 10 tot 1. Enige iets minder as 10 tot 1 gaan nie werk nie. Wat n grap, ek is seker 10 van die ou dae se polieste of ou SAW soldate sou daardie hele gebied tjoef tjaf uitgesorteer het. MK soldate het gedurende die bosoorlog presies ook so opgetreë soos hierdie spul slapsiele, ek sien al die opskrifte in oorsese media. POLISIE VLUG VOOR GEPEUPEL.

ne ·

Dis ‘n skande dat polisie onttrek. Was dit te gevaarlik vir hulle? Het hul vinnige opleiding nie gehelp nie? Hoekom is cele nou so stil? Is hy bang? Wonder hoeveel vuil wasgoed daar na die tyd was?
P A T E T I E S ! ! ! ! !

Stripes ·

Die anc het die spul gesoebat om na RSA te kom en nou?????? Nou regeer hulle die land!!!!
Polisie en Weermag moet net 2 stappe van minimum geweld hê: 1. Waarsku die spul met die megafoon om hulle naasbestaandes se tel nommers in die linker broeksak te sit en 2. Skerppunt ammunisie en skiet die rook uit die spul uit. Laat hulle terugvoeter waar hulle vandaan kom.
Probleem opgelos.

Alida ·

Van wanneer af hardloop die SAPD weg? Dit gee die kriminele mos dan volle beheer en mag. Skiet en skiet raak en alles is binne 5 minute stil en ordelik.

Gert ·

Die poliiiereste is n klomp slap gatte. Storm in met sambokke. Geen human rights. Hy is n krimineel. Slaan en vang.

Andre ·

Ek was lid van die Suid Afrikaanse Polisie Mag
Hierdie is die Suid Afrikaanse Polisie Diens SAPD
Die verskil spreek vanself

Michael P ·

Dit gebeur as jy mense net in n job in druk sonder opleiding. Toe ons baie jare terug in die weermag en Poliesie was het jy opleiding gekry om enige iets te hanteer in stede of grens toe maak nie saak wat nie jy was opgelei .Die lot hardloop weg . Mense die skurke sien dit. dit bevorder net meer geweld Kan jy jou voorstel die lot moet oorlog toe gaan .O Genade.

KrokodilBotha ·

Raak maar gewoond daar aan. Die weermag en Polisie kan niks beskerm . Grap is dit lyk soos pops, wat daar hardloop, nie die gewone konstabels nie. Ai ai

marous ·

Die riool rotte is lankal in beheer van die land en …. die konings is kaal

Polisieman ·

My kollegas is onbevoeg, het geen passie en is sommer met sleg. Ek sak my kop in skaamte.

wilma ·

LMGA. hoe pateties. die wie wet en orde moet handhaaf vlug van kriminele. buitendien hul van buurlande. SWAK SWAKKER MAAR ONS SAPS SWAKSTE

Sakkie ·

Hulle het ontrek want hulle moes eers hulle onderbroeke gaan was het

Koos de Meyer. ·

Ons probleem lê by die top bestuur wat slap is. Die mense is bang vir ‘n 2de Marikana. As hulle hulle self verdedig word hulle van moord aangekla. In die eerste plek moes hulle nooit hier toegang gekry het nie,dis nou hierdie onwettige immigrante.

jennefer ·

Immigrante is hier vir n rede, hul gaan saam met die bendes die land onregeerbaar maak. Die wat kan gaan landuit, die wat oorbly word verarm, vertrap . Die chinese wag geduldig, ons regering het ons en die meerderheid swartmense uitverkoop.

ZeldA ·

Nee maar kom toeriste… kom hou vakansie hier… dis mos veilig

pieter ·

Takties ontrek se agterent,hulle het weggehardloop.In my dae sou hulle rubber en donshael gevreet het,en maniere gekry het.

George in Bloem ·

En comrade Cyril en comrade Bheki se dawerende stilte is eintlik komies. Wat ‘n belaglike onbevoegde spul narre is hierdie ANC lot tog nie? Die hele wereld skaterlag vir hierdie sirkus behalwe ons natuurlik wat dit daagliks moet beleef en dan nog boonop die verdomde rekening moet betaal. Skandalig.

Jan Joubert ·

Is dit nie die huidige probleem dat die Staats en semistaatsinstellings Gaan Vir die sagte teikens maar waar daar Groot weerstand is tree hul nie op nie .Kyk na die optrede van die polisie,Eskom,stadsrade ens.Ons het tans selektiewe toepassing van die wet en van reëls en die nakoming van verpligtinge .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.