Kommer oor voorgestelde minimumloon

Argieffoto (Foto: Ian Landsberg/ Afrcan News Agency/ANA)

Die huidige voorstel deur die Nasionale Minimumloon-kommissie om die nasionale minimumloon met 1,5% bó inflasie te verhoog moet bevraagteken word. Is dit nie Suid-Afrika se eerste prioriteit om miljoene werksgeleenthede te skep en ʼn beleidsomgewing bevorderlik vir werkskepping daar te stel nie? vra Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Volgens Statistieke Suid-Afrika se jongste arbeidsmagopname, het die werkloosheidskoers ingevolge die uitgebreide definisie van werkloosheid met 2,3% tot 42% in die tweede kwartaal van 2020 toegeneem in vergelyking met die eerste kwartaal van 2020.

Werksgeleenthede in die formele sektor het met 1,2 miljoen (10,8%) afgeneem, terwyl 640 000 werkgeleenthede (21,9%) in die informele sektor verlore gegaan het. Werksgeleenthede in private huishoudings het met 311 000 (23,6%) afgeneem, terwyl 66 000 (7,6%) werksgeleenthede in die landbousektor verlore gegaan het.

Alle bedrywe het in die tweede kwartaal van 2020 werksverliese ervaar in vergelyking met die eerste kwartaal van 2020.

Die sektore met die hoogste getal werksverliese was gemeenskaps- en maatskaplike dienste (515 000), handel (373 000), private huishoudings (311 000), finansiële dienste (283 000), konstruksie (278 000) en vervaardiging (250 000). Werksgeleenthede in alle sektore het ook op ʼn jaar-op-jaar grondslag afgeneem. Die grootste verlies aan werksgeleenthede het voorgekom in die volgende sektore: handel (482 000), gemeenskaps- en maatskaplike dienste (379 000), vervaardiging (334 000) en konstruksie (297 000).

“Die Nasionale Minimumloon-kommissie moet daarvan kennis neem dat werkloosheid die grootste drywer van armoede is,” het Van der Rheede bygevoeg. “Loonverhogings moet dus op ʼn volhoubare wyse geskied. Ekonomiese omstandighede moet in ag geneem word. Die huidige voorstel deur die meerderheid kommissarisse dat die nasionale minimumloon met 1,5% bó inflasie verhoog word, maak dus geen sin nie.”

Verder sal die voorstel om die huidige minimumloon van plaaswerkers met 16,1% vanaf R18,68 tot R21,68 per uur te verhoog aanleiding gee tot selfs meer werksverliese in die landbousektor, sê Van der Rheede. Menige boer is ook ernstig geraak deur die inperking en ekonomiese afswaai.

Agri SA doen ʼn beroep op die minister om die huidige ekonomiese situasie in berekening te bring. “Die fokus moet verskuif na werkskepping en stappe moet gedoen word om verdere werksverliese in alle sektore te beperk. Die ekonomie swig onder die

gewig van vele faktore soos Covid-19, soewereine kredietafgradering en swak groeivooruitsigte. Dit sal ʼn gesamentlike poging deur almal verg om te herstel. Navorsing het getoon dat groot skokke in die beweging van statutêre loonvasstellings grootskaalse werksverliese tot gevolg het.”

Volgens hom sal ʼn verdere toename bó die jaarlikse verhoging in 2021 problematies wees. “Ons sal verkies om ʼn ingefaseerde benadering oor ʼn tydperk van drie jaar te sien. ʼn Dubbelsyfer loonskok moet ten alle koste vermy word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Raakvatter ·

Want die mense wat die besluite neem kry vet salarrise. Hulle worry nie te veel nie.

Kanjynoumeer ·

Landbou is nog altyd gesien as die sektor wat ongeskoolde werkers in diens geneem het.
Nog hoër minimum lone gaan boere wurg.
Daar sal geen ander keuse wees om ongeskoolde werkers af te lê om te kan oorleef nie.
Daar word nie deur die regering bygedra in watter vorm ooka tot die landboul nie, maar gou om al hoe meer druk toe te pas.
So sinneloos dit maak jou naar!

Derek ·

Werkloosheid sal maar net n nuwe ysberg word, die voorstelle is maar net weer politieke beloftes wat gemaak word voor die verkiesing ongeag die implikasies. Dit is mos die spel wat die regering speel en hul volgelinge glo al die leuens. Dit is die gevolg van onkunde en die prys wat betaal word, laat die land dan maar brand! Geweld en vernietiging is hul modus operandi.

Jaco ·

R21. 68 per uur? Dis R3642 per maand. Hoe kan mens daarvan aan die lewe bly? As meeste werkers wit was het ek dié lae bedrag nog verstaan. Seker maar net nog ‘n straf vir apartheid. Maar meeste werkers is swart – dieselfde ras as die regeringsmense wat die minimumloon uitgewerk het. Hoe sorg hulle dan so swak vir hulle eie mense?

Genis ·

Jaco dis ongelukkig nie die regering wat hulle betaal nie, maar die witte… jou redenasie maak nie sin nie..

koos10 ·

Jaco. Meerste plaaswerkers het 2 en meer lede in ‘n gesin wat op die plaas werk, daarna kry hulle behuising, krag, water, mieliemeel, vleis, en nog ander kos ook. Dit is heeltemal gratis. As jy al die ekstras byreken dat skiet daai bedrag van jou skielik op na R10 000.00 per maand (C.T.C.)

Anton ·

Kry die geld by Zuma, Guptas en hulle maatjies terug en verdeel dit onder plaas werkers. Daar’s hy, alle armoede verby

Andries ·

In ‘n vryemark ekonomie sou die koste deur aanbod teenoor aanvraag en bekwaamheid bepaal word. Dit is sinneloos verstandeloos en redeloos om ‘n minimum loon af te dwing teen ‘n werkloosheidsyfer soos die van SA. Dan volg vreemdelingehaat teenoor buitelanders wat bereid is om teen ‘n
vry-ooreengekome loon te dien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.