Kommer oor werksverliese op suikerrietplase

Argieffoto uit 2018 toe suikerrietlande in die Eshowe-gebied in KwaZulu-Natal tydens ʼn gewelddadige betoging aan die brand gesteek is (Maart 2018). Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

United Association of South Africa (Uasa) is verslae oor die sluiting van suikermeule in KwaZulu-Natal as ʼn direkte gevolg van geweld en plundery in die provinsie.

Abigail Moyo, woordvoerder van die Uasa, het gesê die vakbond is besorg oor lede wat op suikerrietplase werk wat moontlik nou hul werk kan verloor as niks gedoen word om die situasie onder beheer te bring nie.

“Suikerrietplase is aan die brand gesteek en vragmotors is gekaap. Dit maak dit onmoontlik vir boere om met hul bedrywighede voort te gaan. Sowat 300 000 ton suikerriet het verlore gegaan weens brandstigting tydens die onlangse betogings.”

Die plaaslike suikerbedryf was reeds onder druk van internasionale invoere oor die afgelope paar jaar en nou, net toe die bedryf begin stabiliseer het danksy ingrypings van boere en die regering, word hulle geteister deur mede-Suid-Afrikaners.

“Uasa doen ʼn beroep op die regering om in te gryp en die situasie in KwaZulu-Natal en Gauteng onder beheer te kry. Die onrus en plundery kos reeds die land meer as wat ons kan bekostig. Ons is besorg oor grootskaalse werksverliese wat tot verdere onrus kan lei.”

Moyo sê die vakbond maan Suid-Afrikaners om die welstand van hul medeburgers in gedagte te hou voor hulle aan sinnelose geweld en plundery deelneem. “Ons moet as ʼn land saamstaan; en nie afbreek wat ons sedert demokrasie bereik het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Lekker lag ek nou “sedert demokrasie bereik het”….hahahaha wat is dit nogal.

Frik ·

Net so (maar miskien verwys die persoon na instansies soos eskom, sapo, sabc, saa, prasa ens. ens. wat sedert demokrasie die een hoogtepunt na die ander bereik het)

Kokerboom ·

Skop die realiteite ten einde laaste in ook by vakbonde??

Elize ·

Ja die vakbonde is bekommerd want ek dink na dese gaan die werkloosheid syfer so 75% wees. Geen werkers, geen ledegeld, geen vakbonde. Ek hoop van hulle se ouers het nog erens ‘n klein plasie met beeste wat huule kan gaan oppas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.