‘Kommersiële boere moeg om weer oorgesien te word’

(Foto: Spencer Pugh/Unsplash)

TLU SA is nie tevrede dat kommersiële boere aanhoudend oorgesien word wanneer hulp van die regering aangebied word nie.

Dít volg nadat Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, aangekondig het dat haar departement hulp ten bedrae van R1,2 miljard sal bied tydens die tydperk van algehele afsondering weens die Covid-19-pandemie. Die verligting is spesifiek gemik op winterprodusente, asook op kleinskaalse bestaansboere en kommuneboere.

Daar sal voorkeur gegee word aan boere met ʼn omset van R50 000 tot R1 miljoen per jaar. Vroue- en jeugboere, asook boere met gestremdhede sal voorkeur geniet.

“Dit is betreurenswaardig dat kommersiële boere, wat ʼn sleutelrol het om voedsel te voorsien en sodoende kosnood en anargie te bekamp, altyd aan die kortste ent trek,” het Louis Meintjes, die president van TLU SA, in reaksie gesê.

“Hoe moet ons die kommersiële boer motiveer om ondanks die risiko van blootstelling aan die koronavirus voort te gaan om te produseer, terwyl die regering niks doen om hulle te help nie?”

Bykans 70% van die Suid-Afrikaanse bevolking woon in stede en is afhanklik van kommersiële boere as voedselbron, sê Meintjes. Die groep boere wat nou bevoordeel gaan word, verskaf – volgens die mees onlangse Landbousensus – maar net 1,9% van die land se voedsel.

“Kommersiële boere, die land se grootste bate, gaan ondanks die afsonderingstydperk steeds gebuk onder misdaad en selfs plaasaanvalle.

“Ons veiligheidspatrollies word ingeperk en ons is afhanklik van die oorlaaide SAPD – wat beslis nie nou die kapasiteit hiervoor het nie – vir beskerming. Maar tog gaan hulle voort met hulle daaglikse take. Ons boere verdien beter.”

Meintjes meen landbou kan in dié tydperk ʼn verskil maak.

“Dit is nou die ideale geleentheid vir die onderskeie regeringsinstansies wat met hierdie programme werk om uit te reik na landbou-organisasies en vas te stel hoe hulle van hulp kan wees en watter ondersteuning benodig word.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Therese ·

Wanneer die president van die land ‘n stoetbul vanuit landbou-geledere as geskenk ontvang, word die indruk geskep dat SA-boere heel tevrede is met die regering, dan nie?

Michael 1 ·

Ek het dit nie geweet nie maar van die boere moet onhou wat gebeur het in die Engelse oorlog met die kruipers en leer daaruit.

Andre ·

Dit klink soos nog hulp aan mense wat reeds gehelp was. Dit klink soos dieselfde wat Trump oor gewaarsku het, nl dat bybedoelings by hulpverlening ingewerk word.

Nie Verbaas ·

Die land is alreeds op n rommelstatus vlak. Nog steeds doen die regering nie stappe om boerdery te ondersteun wat n werklike bydrae tot die ekonomie lewer nie. Die gevolg? Dit kan lei tot onomkeerbare skade aan die land.

Anel ·

Dit is diskriminasie en sy ergste graad. Wat ek nie kan verstaan nie, is wat dink hulle gaan hulle eet as daar nie meer kommersiële boere is nie. Soos ek bestaansboerdery verstaan is dit ek hou my groentetuin en is selfversorgend. Net genoeg vir my. Nou hoe is dit ekonomies vir die land? Dit gaan maar net weer om te wys, die boere moet gee al kan hulle nie meer nie en “our people” word bevoordeel.

Ivana ·

Ja kyk, ons almal weet dis hoe dit werk. Kleinkoppie mentaliteit, kan niks verder dink as wat hul neuse lank is nie. Wat gaan hulle eet as die boere nie meer kos kan voorsien nie of dink hulle jou buurman se groentetuin gaan die hele dorp voorsien. Dit is belaglik en onnosel om die minste te se

daniel ·

Met daardie gesindheid van die regering jeens die kommersiele witboere sal die regering in der ewigheid nooit sukses behaal nie, Ek waarborg dit.

Boortor ·

Ek stem daniel. Hulle kan met die boere saam nog steeds nie suksesvol wees nie. Slag die gans wat die goue eiers le want our people is honger. Sal seker goue eiers by kuba gaan leen.

Genis ·

Dis weereens net die ANC se sukkelende broers, taxi mafia en straat verkopers wat die hulp kry..manse charity starts at home… kyk n bietjie na ons mense ook..

Johann ·

Moet die kommersiele boere dan nie net maar ophou om te produseer nie?

Jaco ·

Boere, hou op kla. Hoe stiller julle is, hoe langer gaan dit vat voor onteiening sonder vergoeding begin. En as die regering bietjie hulp vir wit boere aanbied, moenie dit vat nie. Dié wat dit vat sal net later eerste onteien word sonder vergoeding.

Fedup ·

Dit gaan nou stupid klink, but you know what stupidity is the new common sense in this forsaken country. Ek sal die boere aanraai om maar nie kos aan die land te voorsien. Sien wat word daar dan geeët. Die anc en trawante sal maar baie vinnig moet begin groente tuine aanmekaar vlans.

Tino ·

Verduidelik asb vir hierdie leek (Ek) hoe de hel die algehele afsondering n bestaansboer negatief beinvloed tot die punt waar hy sal doodgaan van die honger sonder die bystand?

Peetjie ·

Dit is dalk tyd dat ons ons eie geld insamel en aan ons eie mense uitgee in tye van nood – ook met spesifieke kriteria..
Nee gits die ANC maak net soos hulle wil en lus het waar en wanneer hulle wil…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.