Kommersiële vlugte tussen Wonderboom en Kaapstad

Wonderboom-lughawe Foto: My Broadband

Wonderboom-lughawe Foto: My Broadband

Reisigers van Pretoria wat graag na Kaapstad wil vlieg, sal binnekort ʼn alternatief tot OR Tambo Internasionale Lughawe en Lanseria-lughawe hê.

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, het aangekondig dat kommersiële vlugte van Augustus vanjaar van Wonderboom-lughawe na Kaapstad Internasionale Lughawe aangebied sal word. Hy het Donderdag tydens sy stadsrede bevestig dat drie geskeduleerde vlugte daagliks van Wonderboom na Kaapstad sal plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en SA Airlink sal die vlugte bedryf.

Wonderboom-lughawe het in 1937 sy deure oopgemaak en is 15 km noord van Pretoria se middestad geleë. Die aanloopbaan is 1 828 m lank, maar beskik nie oor ʼn Internasionale Lughawe-sertififikaat nie.

Geen aankondiging is tot dusver gemaak of vlugroetes na Skukuza of Durban bygevoeg sal word of hoe kompeterend die pryse sal wees nie. Dit sal egter na verwagting toerisme in die gebied laat toeneem.

SA Express het ook onlangs aangekondig dat hy van Pilanesberg in Noordwes na Kaapstad en Johannesburg sal vlieg. SA Express vlieg drie keer per week, op Maandae, Woensdae en Vrydae, van OR Tambo Internasionale Lughawe na Pilanesberg en twee keer per week, op Maandae en Vrydae, van Kaapstad Internasionale Lughawe na Pilanesberg. Retoervlugte is ook op dieselfde dae beskikbaar.

Bron: Traveller24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris ·

Wat sal die kostes.Daar wees vir retoervlug van Pretoria na Kaapstad..Dankie

LINDA ENGELMOHR ·

Ek hoop net hulle gaan nie soos INTERLINK ‘n paar jaar teug ons weer gestrand laat nie – so vlieg ek Wonderboom toe en met die landing – nadat ons so 7 keer gesirkel het om van oortollige brandstof ontslae te laat land ons – die aanloopbaan was te kort vir die vleig tuig en ons maak dit net net – hoor ons om alternateiwe reêlings te tref om terug te vlieg – GEEN HULP NIE – ek was nou behoolik bemoerd – want ek sit by ouma met geen internet nie. ek HET KLAAR MY RETOER BESPREEK MET iNTERLINK EN BETAAL. Dankie tog vir skoon seun wat my kom haal en vat tot in Bloem – daar klim ek op die bus terug …. My geld daarmee heen want Interlink is bankrotttttttttttttttt

LINDA ENGELMOHR ·

Lyk my my mommentaar het verdwyn – so in kort – hoop julle is meer suksesvol as INTERLINK wat my gestrand gelaat het met hulle vlug so paar jaar gelede- hulle kon ons nie weer vandaar vervoer nie – het geen hulp aangebied nie nadat my vlug betaal en bespreek is terug. Het bankrot geraak – wat ‘n fiasko! Hoe reel jy goed as jy by ouma bly sonderinternet – skoonseun kom haal my een van Bloem bus ek maar terug !

Elfie ·

As dit enigiets met SAL te doene het sal ek dit nie gebruik nie dankie…tensy SAL geprivatiseer word en “actually” begin werk!

Olga ·

Hoeveel sal kos 25 – 28 Februarie 2016 van Wonderboom tot Kaapstad, asb.

Olga Bester

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.