Polisiereserviste en voldoende gemeenskapsbeveiliging blyk iets van die verlede te wees sou die polisiediens voortgaan om hierdie vrywilligers teen ʼn “kommerwekkende” spoed te verloor.
In die afgelope tien jaar is die polisie meer as 90% van sy reserviste kwyt, terwyl die land se misdaadstatistieke buitensporig hoog bly. In hierdie stadium is daar net 3 502 aktiewe polisiereserviste oor.
Bheki Cele, minister van polisie, sê die polisie verloor jaarliks reserviste weens nuwe kriteria wat daargestel is om reserviste aan te stel, asook omdat die vrywilligers meer permanente werksgeleenthede kry.
Die DA sê die huidige stand van sake is egter ʼn bewys van hoe die reservisteprogram “verbrokkel onder Cele se beheer”.
In die 2011-’12-finansiële jaar was daar landwyd altesame 52 054 reserviste, maar slegs een boekjaar later het hierdie syfer skerp gedaal tot 19 129 polisiereserviste. Dit is ʼn daling van 63% in ʼn enkele boekjaar.
“Sedertdien het die getal reserviste aanhoudend afgeneem tot nog ʼn skerp afname die mag getref het toe Cele in die 2018-’19-boekjaar as minister van polisie aangestel is,” sê Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie.
Tot en met die 2021-’22-boekjaar het die getal reserviste met meer as 4 000 na 4 393 gedaal; dit verteenwoordig ʼn verdere afname van 50%. Nog ʼn boekjaar later is daar byna 1 000 reserviste minder.
Whitfield sê terwyl hierdie getalle jaar na jaar daal en gemeenskappe gebuk gaan onder misdaad, word daar geen poging deur Cele aangewend om nog stewels op die grond te kry deur “die proaktiewe werwing en ontplooiing van reserviste” nie.
“Die ineenstorting van die reservisteprogram is ʼn verwoestende slag vir die bekamping van misdaad, aangesien reserviste ʼn kritieke rol speel om die polisie te ondersteun.”
Dít is hoekom reserviste waai
Cele het in antwoord op parlementêre vrae oor die polisiereserviste verduidelik waarom soveel van die vrywilligers oor die afgelope paar jaar hulle aan die program onttrek het.
“Reserviste is vrywilligers en kan enige tyd besluit om hul dienste te beëindig,” het Cele gesê.
Hy voer aan dat talle reserviste destyds by die program aangesluit het omdat hulle werkloos was, maar bedank het toe hulle permanente werk gekry het.
“Sekere kategorieë van indiensneming, byvoorbeeld in die veiligheid- of taxibedryf, word uitgesluit van die reservisteprogram, wat baie reserviste genoodsaak het om te bedank toe hulle in hierdie bedrywe aangestel is,” sê hy.
“Die wysiging van nasionale instruksie, spesifiek veranderinge aan kategorieë vir reserviste en die verbeterde kriteria vir werwing, het gelei tot ʼn vermindering in die aantal reserviste.”
Volgens Cele was daar ook tydens die oorgangstydperk in 2014 baie reserviste wat nie eens aktief as reserviste opgetree het nie, maar nogtans op die stelsel aangeteken was as aktiewe polisiereserviste.
“Provinsies is toe versoek om ʼn deeglike verifikasieproses te doen ten einde die stelsel op te dateer vir akkurate en geverifieerde inligting.”
Whitfield sê dit is onaanvaarbaar dat daar so min reserviste in die land oor is, veral omdat misdaadvlakke die hoogte inskiet.
“Ons het alle beskikbare hande nodig in die stryd teen misdaad en die polisie behoort ʼn doelbewuste en dringende werwingsveldtog te volg om hul geledere te versterk met hardwerkende reserviste wat daartoe verbind is om die polisie te ondersteun,” sê Whitfield.
“Die DA sal deur die parlement werk om te verseker dat die polisie die reservisteprogram laat herleef met ʼn doelbewuste fokus op die werwing van afgetrede polisielede en ander voormalige veiligheidspersoneel om te help in die bekamping van misdaad.”
Daar is 10 000 redes met een gemeenskaplike naam naamlik ANC
Korrek !!
Sy benadering is dat “is mos GPFs in die woonbuurte”. Hy hoef nie te sorg nie, want daar is reeds iemand wat sy vuilwerk vir hom doen.
Cele se: “Sekere kategorieë van indiensneming, byvoorbeeld in die veiligheid- of taxibedryf, word uitgesluit van die reservisteprogram, wat baie reserviste genoodsaak het om te bedank toe hulle in hierdie bedrywe aangestel is,” sê hy.
Dit mag so wees. Maar dit is nie ‘n nuwwe vereiste nie. Toe ek in 2006 die SAPD verlaat het, was ek Reserviste koordineerder. Die vereiste was toe al lankal daar en niemand in die bedrywe is aangestel nie. Dit is dus ‘n leun dat daar die afgelope 10 jaar reserviste moes bedank omdaat hulle in die bedrywe aangestel is.Hierdie is net een van die goedkoop verskonings van Cele.
Maar al wat die ANC goed kan doen is verskonings en ontkenning.
Die ANC wil dit so hê, want hulle wil ons hulpeloos laat en afhanklik van die ANC maak. Hierdie is alles langtermyn planne van die ANC. Die ANC wil hê ons moet in hulle oë kyk vir hulp en dan kom dit met groot terme en kondisies.
Vonkprop jy oorskat hulle, ek dink nie werklik daar is planne nie net absolute onbevoegdheid.
Reserviste kan nie onder die huidige omstandighede VERNIET werk en polisie beamptes sit in hul kantore nie, en ontvang ‘n salaris. As ek hier in die polisie kantore in stap sit daar 5 – 6 beamptes en gesels.
Ek was een vir 10jr 1993 tot 2003 en jy is 100% Reg!!!
Baie reserviste het gedink dat hulle so permanente poste kon kry. Baie voldoen ook nie aan die vereistes nie. Baie het ook net asngesluit om by die maatjies te spog met die uniform en dit wat hulle gedoen het. Daar is seker goeies maar my ondervinding dedtyds was toe ek nog gewerk het, om hulle soos die pes te vermy. Moes meeste van die tyd al die werk oordoen wat hulle gedoen het. So, ja….
Reserviste het n groot rol gespeel destyds vandag n ander storie politiek verwoes alles wat goed is.
Stel nie meer belang om vir n hanswors te werk nie, het die sirkus gelos.