Kommissaris maak voorbeeld van ‘ongedissiplineerde’ beamptes  

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiebeamptes is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn gevangene by die Pienaar-polisiestasie in Mpumalanga help ontsnap het.

Brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê inwoners van Pienaar naby Nelspruit, het omstreeks 10:25 ʼn verdagte aan die polisie oorhandig.

“Die verdagte was betrokke by ʼn reeks voorvalle waarin hy mense se selfone geroof het,” het Mohlala gesê. “Ná sy inhegtenisneming het twee klaers hul selfone uitgewys en hy is in die polisiestasie se selle aangehou.”

Die bevelvoerder het omstreeks 14:00 ontdek dat die man uit wettige aanhouding ontsnap het.

Lt.genl. Mark Dumisa Magadlela, provinsiale polisiekommissaris, het van die ontsnapping te hore gekom en dadelik gaan ondersoek ingestel.

“Pienaar is een van die beste polisiestasies, met die beste geriewe in Mpumalanga. Lt.genl. Magadlela wou dus self sien hoe die man dit reggekry het om te ontsnap. Hy het kort ná sy aankoms die twee beamptes, ʼn sersant en ʼn adjudant-offisier, in hegtenis geneem,” het Mohlala gesê.

Die beamptes gaan na verwagting Donderdag in die Kanyamazane-landdroshof verskyn. ʼn Interne tugproses sal ook volg.

Magadlela het beloof om ʼn voorbeeld van “ongedissiplineerde” polisiebeamptes te maak en om te bewys dat skandelike gedrag nie in die polisie welkom is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

anet ·

Dankie Lt. genl. Magadlela. Ek is bly om te hoor dat jy ‘n trotse man op jou werk is, en nie omgekoop kan word om ander pad te kyk nie. Jy verdien beslis ‘n beloning van die polisie. Baie dankie.

jakes ·

Anet, hoekom moet hy ‘n beloning kry? Hy het NET sy WERK gedoen.

Joe64 ·

Net sy werk gedoen, niks snaaks nie, behalwe hier is polisieman wat werk. Goeie teken van wat mense vandag gewoond is.

eppie ·

“Ongedissiplineerde Beamptes?” Miskien moet die LtGnl eers vasstel wat die verkil is tussen ongedissplineerde beamptes en KRIMINELE beamptes!

Dave ·

Waarvoor skreeu jy op eppie wanneer die vakleerling bloot eenvoudig sin praat? Die eerste paragraaf in die berig dui op kriminaliteit. Ek dink jy behoort eppie genoem te word.

At ·

Lt.genl. Magadlela se verwysing na “ongedisiplineerde” lede verwys na alle lede wat onder sy gesag val, dit was sy belofte toe hy in daardie pos aangestel was. Waarvoor is julle so gretig en vining met julle negatiewe reakssies, ondersteun eerder sy optrede en prys hom daarvoor. ‘n Beloning soos hierbo genoem kan bloot ‘n aanprysings brief wees wat in sy guns gaan tel op sy pad vorentoe. Ek staan een honderd present agter hierdie offisier.

Dave ·

Jou rekenaar het ‘n ‘calculator’ At, as jy nie daarsonder tot twee kan tel. Wiè is ‘júlle’ waarvan jy praat? Soos Marten sê, ‘Kom by’!

anet ·

Jakes, Ja die Ltgnl. het net sy werk gedoen, maar ons weet dat dit maar ‘n rare verskynsel is in die polisiemag van Suid-Afrika. ‘n Beloning is nie altyd geld nie hoor. ‘n Mens kan jou personeel vele belonings gee as hulle eerbaar is en harde werk lewer soos bv ‘n middag af, ‘n lekker ete, ‘n kursus ens

Pietie ·

‘n Hoenderhaan behoort nie geprys te word omdat hy kraai nie………

nico ·

Maak die ltgen n minister en sien of hy dit met die pres zuma en sy trawante sal doen ek glo nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.