Kommissaris ontken beweerde uitlatings oor plaasaanvalle

Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris (Foto: ANA)

Genl. Khehla Sitole, die nasionale polisiekommissaris, het met “absolute ontsteltenis” kennis geneem van ʼn fopnuusberig waarin beweer word hy het gesê “hy glo nie plaasaanvalle bestaan regtig nie”.

Genl.maj. Sally de Beer, nasionale woordvoerder van die polisie, het gesê die storie het op die ooglopende fopnuus-webtuiste News@Last verskyn en is glo deur ʼn ene Samantha van Zyl geskryf.

“Die storie beweer verkeerdelik en kwaadwillig dat die kommissaris gesê het hy glo nie plaasaanvalle bestaan regtig nie en boere hou net van die aandag,” het De Beer gesê.

Die berig lui onder meer dat Sitole gesê het die media oordryf net die kwessie van plaasmoorde. “Wit mense probeer net om die polisie te laat sleg lyk. Ek glo nie plaasaanvalle bestaan regtig nie. Ek is eintlik meer bekommerd oor mense wat deur wit boere vermoor word,” word Sitole in die berig aangehaal.

Die berig beweer verder dat Sitole gesê het boere is ryk en kan privaatsekuriteit aanstel as hulle oor hul veiligheid bekommerd is.

“Die kommissaris weerlê hierdie bewerings in die fopnuusartikel, want dit is vals en misleidend. Dit is duidelik met kwaadwillige bedoelings gepubliseer om paniek te saai en ontevredenheid onder gemeenskappe te veroorsaak,” het De Beer gesê.

De Beer het bygevoeg die kommissaris is toegewyd daaraan om ʼn veiliger omgewing vir alle inwoners te verseker, insluitend landelike gemeenskappe wat ʼn belangrike rol speel om voedselsekuriteit na Suid-Afrika te bring.

De Beer het verder gewaarsku dat mense wat vals inligting deur sosiale media versprei wat daartoe lei dat misdade gepleeg word en staatshulpbronne vermors word, ondersoek en siviel vervolg sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Daan ·

Ek glo die Kommissaris. Maar hy het al die hulpbronne. Soek en rook die skuldiges uit.

PJC ·

Ek hoop van harte hierdie is net fopnuus anders wag daar ń moeilike toekoms op ons boere.

Johann ·

So Kommissaris. As jy SO vinnig en passievol kan reageer oor wat jy NIE sê en dink nie…wat van jy SÊ en WYS wat jy rerig dink oor ons land se mense wat uitgemoor word op plase?

Eish ·

Die ding het soos n veldbrand deur die sosiale platforms beweeg. Iemand sal die dame moet aantree. Die goed doen ongelooflik skade aan die reeds plofbare helhool atmosfeer.

Jakoba ·

Wie sê dat dit n dame is, en is dit ooit die persoon se regte naam. Dit kan iemand wees wat die naam gebruik om agter te skuil.

Fiela ·

Toe ek dit per W/App ontvang, het ek dadelik besef dis fopnuus. Hierdie man is nie so dom om sulke uitlatings te maak nie.

vanderplaats ·

Tydens n “SONA” het Z n “Goeie Storie” vertel wat verre van die waarheid was.

Hierdie is ook n “goeie storie” om te vertel en is.net so ook verwyderd van die waarheid

Lientjie ·

Did et fopnuus ek hoop hulle maak die lewe vir die persoon en almal op FB wat dit so share ook moeilik!

Carel ·

Dit is swak smaak
Soek haar en sluit haar toe
Gee die man n regverdige kans

Leahim ·

Ek maak nie n geheim daarvan oor my opinie van die sa polisie nie maar ek stem saam gee hom n kans dalk is hy die de la Rey vir wie on hoop.

Apie ·

Dink nie ons moet meer van hom verwag as wat ons van sy voorgangers gekry het nie. Hy is n zumpie lakei.

Houtoog ·

Ek dink hy is ‘Sithole’ soos in die foto se onderskrif en nie ‘Sitole’ soos in die berig.

Akademi Buktu ·

Gaan google gerus. Die betrokke “nuusdiens” waar dié berig vandaan gekom het is ‘n vals/fopnuuswebwerf wat uit die VSA bedryf word.

Potlood ·

Dade praat harder as woorde Mnr. Sithole. As jy so gekok is, bewys dit dan verkeerd en hou op om net heeldag te praat en te cover.

Denise ·

Ek stem potlood dit is net dooie woorde bewys jouself en hou op wha wha!!! Steek daar dalk tog so bietjie waarheid in wat gese is?????

Vermeende ·

Hel, maar kan julle dames hom nie sommer nomineer vir president nie en as hy aanjaag dan is daar nog 50 000 000 ander wat ook n regverdige kans soek!

bgj van der westhuizen ·

so kom hulle en praat en so gaan hulle en daar het van die praat niks gekom nie hy sal maar sy agter end moet lig uit die stoel en begin om eits te doen dat ons kan sien of sy praat by doen gaan kom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.