Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het sy twee adjunkkommissarisse aangestel.
Lt.genl. Lebeoana Jacob Tsumane is as adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing en genl.maj. Francinah Ntombenhle Vuma is as adjunk- nasionale kommissaris van bestuursadviseringsdienste aangestel.
Albei is met onmiddellike inwerkingtreding in hul nuwe poste aangestel.
Tsumane was vroeër die Vrystaatse provinsiale kommissaris. Hy het in 1981 by die polisie aangesluit.
Tsumane sal direk aan Sitole verslag lewer en verantwoordelik wees vir speurdienste, forensiese dienste en misdaadintelligensie.
Vuma word nou bevorder tot die rang van lt.genl. Sy was voor dié pos werksaam as hoof van operasionele ondersteuning vir die afdeling beskermings- en veiligheidsdienste van die polisie.
Sy sal verantwoordelik wees vir organisatoriese ontwikkeling, strategiese bestuur, program- en projekbestuur sowel as korporatiewe skakelwerk.
Sitole het gesê hy is vol vertroue dat dié aanstellings stabiliteit en leierskap in die geveg teen misdaad en in die polisiegeledere self sal bring.
Nie n enkele Khoisan, Griekwa, kleurling, Chinees, Indiër of blanke nie.
Wat gaan in die mense se koppe aan? Bestaan die ander groepe nie?
Nou ga julle pushups doen
Sy ANC Comrades
Wat se geraamtes het die twee comrades in hulle kaste??. Het zuptas hulle aanbeveel saamet onseim van sapd.
Wat n joke?????????
Hoop hulle kry die klomp polisiemanne om ‘n slag te werk vir hulle geld en nie deel te wees van korrupsie nie. Verder hoop ek fluit klasse gaan met onmiddelik effek gestaak word in di SAPD.
Kom ons sien hoe vorder intelligensie by misdaad NOU!
Daar gaan niks verander nie, net nuwe gesigte.
Andre
Ek sou nie so trots gelyk het as my polisie mag so korrup is en die land soveel geweld en moord het nie. Ek sou my kop in n blik gedruk het en liewers n verfwer wou word.
Hoop hulle begin nou sorg dat SAPS nou behoorlike infrastruktuur kry, veral in die “rural” areas. Gee die manne voertuie, behoorlike getal lede, radio infrastruktuur dat hulle hulle werk kan doen. Weet van ‘n paar stasies waar lede nie behoorlike voertuie vir die paaie het nie want die regte voertuie word in die dorpe gebruik deur hoë offisiere, geen of baie swak radiostelsel want die lede het mos selfone, probleem is selseine net so swak. Kry die logistiek en moraal van die lede reg, raak ontslae van die kriminele binne die mag dan kan ons weer ons SAPS vertrou.
Wanneer het sy by die Mad aangesluit en wat se ander ondervindein het sy???