Kommissaris versoek om Lesufi-uitlatings te ondersoek

lesufi-deur-ana-2019-03-11

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

In die eerste van ʼn reeks stappe teen Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het die VF Plus Dinsdag ʼn amptelike versoek aan die Gautengse wetgewer se integriteitskommissaris gerig om sy onlangse uitlatings teen wit leerlinge te ondersoek.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê die party grond sy klagte op die minagting van die Suid-Afrikaanse Grondwet wat enige vorm van rassisme verbied, en twee klousules van die Gautengse wetgewer se gedragskode wat bepaal wetgewerlede moet die amp wat hul beklee waardig wees en dat hulle altyd eerbaar en met integriteit moet optree.

“Lesufi se kwetsende verwysing verlede week na wit skoolkinders as ‘klein basies’ voor ʼn gehoor waar hy sy departement se operasionele planne vir die jaar rakende moedertaalonderrig uiteengesit het, is onaanvaarbaar. Die term ‘klein basies’ is duidelik ʼn verwysing na die apartheidsera. Nie alle Afrikaners het die gebruik van sulke terme goedgekeur nie en dit kan beskou word as ʼn rassistiese praktyk waarmee weggedoen is in die nuwe demokratiese bedeling,” het Alberts verduidelik.

“Alle Suid-Afrikaners het 25 jaar gelede ʼn nuwe era van samewerking en gelykheid omarm. Om daarom na ‘n wit persoon of ʼn Afrikaner as ‘baas’ of ‘kleinbaas’ te verwys, is ‘n etikettering van hulle as rassisties, wat ‘n baie ernstige aanklag is. Lesufi het deur sy uitlatings alle wit kinders en in die besonder Afrikaners – in die konteks van sy eie verwysings na Afrikaanse skole – as rassiste gebrandmerk.”

Alberts sê die waarheid is dat Lesufi wil aanhou om apartheid te gebruik as meganisme om wittes te straf deur Afrikaans te vernietig. “Dit terwyl daar meer bruin en swart sprekers van Afrikaans is as wittes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Andreas ·

Dis reg so, gee die man gas met als wat dit verg, ALS, hou nie ‘n duim terug nie:

Hier is wat hy gesê het, so berig Beeld op 15 Junie.

“As iemand sê: ‘Ek wil net in Afrikaans onderrig word’, sal ek dit toelaat. Ek sal jou ’n onderwyser gee om jou te onderrig, maar dit beteken nie die hele skool moet Afrikaans wees nie,” het hy gisteroggend op ’n inligtingsessie by Nasrec in Johannesburg gesê.

“Jy kan na Blok A gaan vir Afrikaans en ons sal na Blok B gaan vir Engels of Pedi in dieselfde skool sodat die kinders pouse met mekaar kan speel.

“As jy my gaan teenstaan daaroor, is ek gereed vir die geveg.”

Lesufi sê wel hy gaan nie dáár ophou nie en daar sal “geen skole vir KLEINBASIES wees onder my beheer nie”.

Asjas ·

En watter een van die twee Blokke A of B dink julle gaan beter vorder op skool, altyd skoon wees en aan die einde van die skool kwartaal nog staan?? (Sonder enige mes insidente) …
Dus stuur (verban) ons na Blok A – GROOT ASSEBLIEF!!

Erwee ·

Mnr Lesufi is ‘n man wat nie weet wat hy nie weet nie. Hy sal dit die dag uitvind as hy geweeg word en te lig bevind word. Hy is besig om die Afrikaans-sprekendes van alle rasse saam te snoer wat tot goeie gevolge sal lei. Tegnologie is aan ons kant en daar is genoeg entrepeneurs wat Afrikaanse moedertaal onderrig na hoer hoogtes gaan neem. Afriforum is besig met ‘n R4,5miljard plan en so sal die een na die ander begin deurkom. In die land van die blindes is die een-oog-koning-Lesufi

Manie ·

Hierdie is n gevaarlike rassis wat Afrikaans sal aanval om sy swak prestasie van nie skole bou weg te steek

Nelia van Zyl ·

Viva Anton Alberts! Dit is lankal tyd dat hierdie man , sg. LUR Onderwys, in die bek geruk en verantwoordelik gehou word vir sy kwetsende en beledigende op- en aanmerkings. Dit drup van rassisme.
Hy is in die eerste plek nie ‘n onderwysmens nie. Hy weet van onderwys net mooi niks en hou hom doenig, as rassis, met opstokery en politiekery. Hy dra geensins die belange van alle kinders en onderwysers op die hart nie, versaak die onderwys in die oortreffende trap en is ‘n klaaglike mislukking. Vir die onderwys is hy ‘n totale verleentheid.
Dit het lankal tyd geword dat diegene wat sy salaris betaal , ons – die publiek , hom voor stok kry.

Christo du Plessis ·

Sy onderrok hang elke keer ver uit. Dit gaan hom duur te staan kom.

Andreas ·

hehehe … en die Afrikaners wat DA gestem het, rol rond.

Hans Richardt ·

Het ANC PTSS oor apartheid? Baie wie konstant na apartheid verwys, was voor 1984 nog te jonk om daardeur geraak te word.
Tewens, ek was nog 23 jaar oud toe PW Botha apartheid wette geskrap het, soos paswet, Art 49 van Ontugwet, aparte woingebiede en vele swart seuns en dogters was in duur privaat skole geplaas.
Ek dink Lesufi klou aan die Bell-Pottinger agenda vas, wat swart vs wit opgestel om Ghuptas te bevoordeel.
Meeste van wit ouers en hul kinders was al na 1984 gebore en dis blatante diskriminasie. Hy vergeet ons het geskiedenis geleef en al wil ANC nou die geskiedenis gerskryf volgens hul agenda, weet ons wat hier gebeur het.

Ray ·

Meneer Lesufi. Ek dink jy moet jouself uit die jare 70 en 80 kry en begin kyk na die land se toekoms. Hier is bouwerk nie afbreek werk nie. Die bosoorlog is verby en net jy leef nog daarin. O skuus en blykbaar mnr. Mandela se dogter ook. Wat so lekker sit en wine en dine op die belastinggeld wat betaal word deur die mense wat sy so sleg se daar in die verte. As ek ñ swart persoon was sou ek net so verontreg wees oor haar uitlatings. In ag geneem sy praat toe nou sommer vir almal terwyl sy almal se belasting geld uit wine en dine. Instede van om iets konstruktiefs te doen en te se. Bou ñ skool of se iets wat sin maak. Die Afrikaanse mense is so aanpasbaar, ek wonder of jy Engels uit die skole gaan haal as hulle in elke geval goed daarin presteer. Onthou net dat dit baie makliker is om af te breek as om op te bou. Maar nou ja dit maak seker nie sin wat ek se nie. Ek praat dan Afrikaans.

Kallimaari ·

Hahahahajajaja….hoe lekker lag ek nou.

Skerp.

Vlymskerp.

Dereck Le Roux ·

Lesufi het in die verlede al talle kere die “klein basies” teoeie gebruik ter aanhitsing van sy eie beleid van wraak en populisme en geen politieke party het hulle verwerdig om hom aan te vat nie dit is die rede hoekom hy met elke media konferensie meer en meer gewaagd raak rakende sy anti wit Afrikaanse uitsprake, hy moes al lankal vasgevat gewees het en tweedens, het Lesufi die wit Afrikaner hater al ooit in sy lewe voor ‘n klas gestaan en skoolgehou en wat is sy hoogste akademiese prestasies, ek het die vraag op sy facebook profiel aan hom gevra en hy het nou nog nie homself verwerdig om te antwoord nie maar kom ek doen dit namens hom, hy het waarskynlik nie veel meer gellerdheid as sy vorige president Jacob Zuma nie en ‘n mens hoef nie ‘n profeet of ‘n sielkundige te wees nie om te sien hy is ‘n rassis presies in dieselfde klas as Julius Malema en ek sal my ook nie verbaas soos talle ANC lede dubbele lidmaatskap het tussen die ANC en die SAKP het hy ook dubbele lidmaatskap tussen die ANC en die EFF.

JOHNIE ·

As die skepsel een van die “klein basies ” (sy bewoording) iets laat oorkom moet hy ‘n eenrigting vliegkaartjie baie gou koop.

JOHNIE ·

As die skepsel een van die “klein basies ” (sy bewoording) iets laat oorkom moet hy ‘n eenrigting vliegkaartjie baie gou koop.

Gert van Wierdapark ·

Mini-ster Lesufi maak met sy klein-basies gebrabbel natuurlik nou sterk aanspraak op ‘n Amba(a)s-sadeurspos, miskien langs Dene-make!?

Andreas ·

Ek wed julle die bevinding gaan wees dat die klaers kon nie die berg uitwys waarop Lesufi sy gewraakte woorde ge-uiter het nie.

Landvaneensydigheid ·

Nog rasisme uit die swart kringe. Hulle is die rasistiese opstokers.

Boet Fasie ·

Ek maak ten sterkste beswaar teen Lesufi se neerhalende uitlating teenoor blankes en ons blanke kinders. Lesufi is besig om blankes te verkleineer en ander rasse teen blankes op te sweep. Lesufi en ander hou aan met die taktiek om een nasie af te kraak en verantwoordelik te hou vir alles wat verkeerd gaan, maar julle sal die gevolge moet dra of betaal vir jou woorde en haatspraak.

Ray ·

Dis baie interessant hoe die regering begin neig daagloks in die rigting van “Blacks Only” bordjies by skole en badkamers. Wonder hoe dit die geskiedenis herskryf? Vra maar net.

ANC ·

Jammer maar Cyril is nie so onmenslik soos die wat in die verlede borde gehang het nie. Hy is hopeloos te veel van n mens…

Petrus ·

Gee mekaar maar digitale high fives. Julle mag miskien beter voel. Feit is, wittes is nie meer welkom nie.

Anel ·

En so wakker Lepufi haat aan by al die jongmense/jeug wat net soos ons NIKS met apartheid te doen gehad het nie. Ons het ons kinders van kleins af geleer om alle rasse te respekteer, maar noudat hul in die skool is sê hul vir ons wat daar aangaan en hoe sekere ander rasse optree. Geen dissipline en geen respek vir ander se lewens nie. In plaas van leer steek hul mekaar dood met messe. Nou wil Lesufi hê dit moet so in alle skole gaan?

hendrik ·

Sy alewige sarkasme getuig van sy ewe swak karaktereienskappe.

fred ·

nog één met n groot “chip” op sy skouers……voel minderwaardig en soek aandag by sy rasgenote….hy moenie vergeet nie dat die ouers van hierdie “baasies” sy groot salaris betaal

Gemaskerde Sopbeen ·

Daar is net een euwel erger as apartheid…..en dis geforseerde integrasie!!!

George in Bloem ·

Kommissaris ondersoek = Vee onder die mat = Mors van tyd teen absurde hoe betaling.

GM ·

Gemaskerde Sopbeen – ek wens daar was ‘n ‘like’-knoppie. Jy het die vermoë om als altyd so raak te sê, in min woorde.

D B ·

Wel, dan moet ons seker maar na “sy” kinders verwys as “klein werkerkies”.

John ·

Hierdie common sepie wat ons SA noem… gaan nie eers die prys vir ‘n swak drama wen nie… dit is morsig verby. Slegsè en verduidelik maak nie ‘n duikie na binne of buite nie en dominee vee Sondae met sy brillappie die sweet van sy moderne pienk brilglase af en sluk kort-kort ‘n bietjie Red Bull uit sy waterglas. Ons beproef die geduld van die Vader tot op die uiterste. Ek is bang vir wat kan volg.

marous ·

Die britte het ook neerhalend van ons jong mannetjies gepraat , tot hulle in die visier gekom het .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.