Kommissie beslis oor Tumi se downsindroom-uitlatings

Tumi Morake. Foto: Facebook

Die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) het uitspraak gelewer oor klagtes rakende die komediant Tumi Morake se uitlatings oor downsindroom.

Morake het tydens ʼn episode van Comedy Central se Roast Battle-reeks op DStv-kanaal 122 vir medekomediant Schalk Bezuidenhout gesê, “Want jy is twee p**sklappe weg van downsindroom b***h”.

UKKSA het soos volg bevind: Hoewel Morake se uitlatings as eties en moreel onaanvaarbaar beskou kan word, is dit nie die toets wat deur die tribunaal toegepas word nie. Die tribunaal het bevind dat die beskerming van waardigheid in klousule 28.4 van UKKSA se gedragskode beperk is tot nuusuitsendings en kommentaar en dat hierdie beperking geldig is ingevolge artikel 36 van die Grondwet. Die tribunaal het dus bevind die aanstootlike uitsending was nie strydig met die kode nie en het die klagte van die hand gewys.

Die KwaZulu-Natalse Downsindroom-vereniging het ʼn klag by die kommissie ingedien. “Hoe kan ʼn ‘bekende’, soos sy haarself moontlik beskou, dink dit is toelaatbaar om sulke ondenkbare, diskriminerende en vulgêre woorde te uiter sonder behoorlike oorweging vir die welsyn van sulke mense, hul families en vriende en die pure vermetelheid om die Grondwet te skend,” het die vereniging aangevoer.

Die vereniging het aangevoer Morake se uitlatings is strydig met klousule 28.4 van UKKSA se gedragskode wat lui: “Uitsaailisensiehouers moet sover dit nuus en kommentaar betref uitsonderlike sorg en oorweging uitoefen in aangeleenthede wat die privaat lewens, privaat besorgdheid en waardigheid van individue betref, behalwe in gevalle waar wettige openbare belang voorkeur kan geniet bo die reg op privaatheid en waardigheid.”

MultiChoice, namens die respondent, het toegegee dat Morake se uitlatings aanstootlik was vir spesifiek mense met downsindroom. Volgens die maatskappy het hulle die klaer onmiddellik om verskoning gevra nadat hulle die klag ontvang het en is die DStv-kanaal opdrag gegee om onmiddellik verdere uitsending van die program te staak indien die aanstootlike uitlatings nie verwyder word nie.

Morake het ná die uitsending van die program op Facebook om verskoning gevra vir die uitlating nadat talle mense, onder wie ouers met kinders wat downsindroom het, daaroor gekla het.

“Ek vra onvoorwaardelik om verskoning vir my uitlatings. Ek keur op geen manier diskriminasie teen of onkunde rakende mense met downsindroom goed nie. Ek hoop dat die ouers van kinders met downsindroom en mense wat met downsindroom leef dit in hul harte sal kan vind om my te vergewe.”

Morake het gesê sy sal enigiets doen om dit reg te stel. “Ek het nie bedoel om skade aan te rig nie, en ek besef hoe seer, ondenkbaar, skadelik en onkundig dit was.”

Dit is nie die eerste keer dat Morake in die sop is oor uitlatings wat sy maak nie. Die kommissie het 55 klagtes ontvang in verband met uitlatings wat Morake op 12 September gemaak het as mede-aanbieder van die ontbytprogram op JacarandaFM.

Morake het in die ontbytprogram op 12 September wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk. Morake het in reaksie op die kritiek teen haar uitlatings gesê sy staan daarby en vra nie daarvoor om verskoning nie.

Die kommissie het die klagtes teen Morake van die hand gewys. Die klaers het onder meer aangevoer dat Morake se uitlatings rassisties was en neergekom het op haatspraak en aanhitsing om leed te veroorsaak. Daar is aangevoer Morake het wit Afrikaners diewe en boelies genoem en dat sy vir vergelding gevra het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Ella ·

Feitlik alles waarby betrokke is vuilbekkig, aanstootlik en vulger. Voorbeeld “Red Cake – not the cooking show”‘wat tans op SABC 2 is. As dit die SABC TV se standaarde is, is dit gn wonder dat hulle kykers verloor. Hierdie soort programme weerspieel nie alle Suid-Afrikaaners se humorsin. So duur dubbele standaarde voort en kom mense weg met skryende uitlatings en segoed.

Willem ·

Ek is eerder rassisties, voor ek so vieslik en vuilbek soos sy is.

Leon ·

En as dit nou ‘n witvrou was wat so ‘n opmerking gemaak het, dan was dit WEERENS hoofberigte en opskuddings. Hierdie hele regstelsel is sieklik, en daarmee saam al die uitsaai huise!

Cherokee ·

…as dit… as dit… as dit…
Hierdie vergelykende opmerkings dra beslis gewig want ons weet dat die wet nie eenders en regverdig toegepas word teenoor verskillende rasse nie, maar dit dien geen doel om dit aanhoudend te herhaal in kommentare nie.

Blatant skokken ·

Konsekwentheid? Lyk my dis ook iets, soos takt, wat aan ‘n boom hang. Ek wil my kop op ‘n blok sit as dit ‘n wit dame was wat dit geuiter het, was sy in die tronk gegooi so vinnig soos ‘n Monopolie-speletjie. Skandelik! Ek werk met die populasie wat lewe met Downsindroom; hulle verdien meer regverdigheid as hierdie uitspraak.

Lana ·

Die meeste komediante weet nie meer wat om te probeer om snaaks te wees nie. Elke mens het sy eie opinie. Volgens my is Tuli se sêgoed walglik. Ek kyk lankal nie meer daarna.

Al ·

Haar kommentaar op TV en radio vind ek uiters aanstootlik en diskriminerend.
Sy het geen maar geen reg om ons wit mense gronddiewe te noem en boelies nie.
Sy het my waardigheid aangetas.

Anoniem ·

Alhoewel ek saamstem dat haar kommentaar aanstoot gee aan die Downsindrrom gemeenskap en hule familie en vriende, gee haar PLATVLOERSE manier om ‘n klap te beskryf my ook aanstoot.

Soveel voorheen benadeeldes wat uiters negatief is teenoor Afrikaans, maar bereid is om in Afrikaans te vloek.

So sy mag maar sê wat sy wil, solank dit nie tydens die nuusvoorlesing of kommentaar is nie?

Theresa B ·

Ja hulle sê wat hulle wil. As mense daaroor kla – vra (sommmiges) hulle dadelik omverskoning en geen haan kraai weer daarna nie. Daar word nie teen hulle opgetree nie. Amazing is dit nie??!!

jaco ·

As jy wit is, wees bly jy is net die slagoffer van verbale diskriminasie. Wit boere wat vermoor is NET omdat hulle wit is, het veel meer gely as net onder ‘n paar lelike woorde.

Rupert Ashford ·

Dit is die nuwe generasie “komediante” se styl. Vuilbekkig , aanstootlik en beledigend maar geen talent. Kyk maar die lot in Amerika ook.

Sê maar net ·

Dit blyk dat sy net verskonings kan maak en die saak is dan reg. Miskien moet sy uit haar pos verwyder word dan het sy nie meer ‘n platform waarop sy kan maak en sê soos sy wil nie.

Monica ·

So, wat MOET sy dan sê wat as aanstootlik beskou sal word want sy kom met alles weg.

Afrikaanse Knaap ·

Jy kan in hierdie land enige groep verneder en mee spot behalwe die meerderheid.

Anne ·

Sies man, sulke afskuwelike vuil taal.
Sy behoort permanent van die lug afgehaal te word.

Marinda ·

Net ñ boelie sal daai uitlatings maak om ñ ander seer te maak. So boelie vir jou.
In elk geval geen respek vir die vrou nie.

Pappa ·

Ek is ‘n trotse pa van ‘n 18 maande oue baba-dogtertjie met DS. Niks wat enigiemand se sal my onvoorwaardelike liefde vir haar kan beinvloed. Ek het nie nodig om haar (Tumi) te vergewe as daar nie iets is om te vergewe. Kom ons raak meer verdraagsaaam en Tumi mag jy ook die voorreg he om te voel hoe lekker dit is as so kwesbare lyfie te “cuddle”. :)

Nee pappa ·

Nee dit is omdat julle dit toelaat dat dit net toeneem en daar later geen einde daaraan is nie, mense spot van verhoe af met die kindertjies en jy se mens moet VERDRAAGSAAM wees? Kom verdraagsaamheid nie van beide kante af nie??? Dit is nie vir JOU om te vergewe nie meneer, het jy jou klein dogtertjie gevra??? Nee want sy is nog te klein .. dink jy dit is REG dat sy ‘n bespotting van hulle maak? Dink jy as jou dogtertjie eendag groot genoeg is sal sy daarvan hou ??? DIT IS NIE VIR JOU OM VIR TUMI TE VERGEWE NIE, maar jou DOGTERTJIE . ..en jy kan nie namens haar besluit Tumi het niks verkeerds gedoen nie. JY het nie DS nie.

Au Pair ·

“Nee papa” het jy al ooit met ‘n DS kind in aanraking gekom? Ek kan nie so dink nie want as jy het sou jy geweet het dat hulle die liefdevolste, vrede liewende mense op aarde is. Enige persoon met DS sal heel moontlik vir Tumi sonder ‘n tweede gedagte vergewe want dit is maar net hoe hulle is. Ek dink wat hierdie Pappa probeer sê, is dat dit nie die moeite werd is nie, Tumi sal wel haar dag kry en as sy ooit die vooreg het om ‘n stywe drukkie van ‘n DS kind te kry, hulle liefde te ervaar, sal sy besef hoe verkeerd sy was.

Dalk moet ons eers na ons self kyk voor ons ander uit skel. Dit is nie ons plek om haar of mekaar te oordeel nie.

anton ·

Die gevolgtrekking is dus………..
Moenie julle tyd en asem verder mors om klagtes te le oor enige vorm van haatspraak of rassisme wat deur die meerderheid van die lands bevolking gepleeg word nie want hulle sal nooit skuldig bevind word nie al se en doen hulle wat!!!
Belaglike regstelsel op sy beste!!!

Estelle Opperman ·

Hoeveel keer wil die vrou iets se en dan onverskoning vra. Dan verwag sy dit was sommer net niks.

Tanzie ·

Sy kom net eenvoudig weg met alles. Sy is arrogant en so selfvoldaan dat mens kan verstik die oomblik as haar gesig te voorskyn kom. Wens sy wil van die aardbol af verdwyn!

Andries ·

Ons liewe Vader het self gesê bring die kindertjies vir my. Maar o wee Tumi en die sulkels het hy n gesonde verstand gegee…. Sy geregtigheid sal met hulle deel. ” Vader vergewe hulle wat hulle weet nie wat hulle praat nie”

Roastings is aaklig ·

Almal op hierdie Roasting programme is vuilbek en beledigend teenoor alle soorte mense en rasse….
Vieslike grappe wat ek gladnie snaaks vind nie.

Adam ·

Ek dink dis tyd dat die UKKSA ondersoek word want hulle lewer eensydige rasistiese uitsprake Die vrou is n verleentheid vir die samelewing en moet verban word van tv en radio en sommer sosiale media ook

Petro ·

Eintlik sien ons nou presies wie en wat Tumi is. Wens sy wil haar groot mond eerder net toe hou. Sy maak my NAAR.

bgj van der westhuizen ·

weer eens kom sy niks oor nie was dit in wit vrou sal daar n groot ding van gemaak geword het mense oral war julle haar sien se in haar gesig en almal wat kan hoor sy is laag en gemeen persoon draai rug op haar

Annoniem ·

G’n wonder Jakaranda het van haar ontslae geraak nie! Maar die skade is reeds gedoen.

Harry ·

Indien die KZN se Down Sindroom Vereniging enigsins kon, moet hulle hul na aanleiding van die uispraak, wend tot ‘n kriminele aanklag van Crimen Injura. En indien enige regsgeleerde dit lees, behoort hy hulle by te staan om so ‘n klag suksesvol te loods. Die probleem tans in die land is totale anargie. Meeste maak soos hulle wil en het ontsag vir niks en niemand nie.

Martin ·

Goeie idee, Harry!
Dit is straks die enigste manier om haar in die bek te ruk.

Annatjie Kruger ·

Die UKKSA is ‘n grap. Ek twyfel of hulle al ooit in hul bestaan ten gunste van enige klaer beslis het, of miskien net as die klaer swart is en veral as die ‘oortreder” wit is. Hulle behoort ontbind te word, want ek is seker dat hulle net mense se tyd en geld mors.

Anoniem ·

So die trubinaal het bevind die klagte is nie strydig nie en van die hand gewys……en dan vra sy kamtig omverskoning en dis alles reg. Waarom word of kan sy nie in haar persoonlike hoedanigheid aangekla word vir Crimen Injura nie? As hulle van Vicky Momberg ‘n voorbeeld kon maak, wat maak haar so spesiaal om soortgelyke straf vry te spring?

Elize ·

Wat die hart van vol is loop die mond van oor.
Dis walglik.

CC ·

Comedy is n plek waar jy kan sê wat jy wil, dit gaan nie oor fisiese DS nie. Leer standup beter, dan sal julle dit besef. Kyk na Jimmy Carr, vrek snaaks, maar sê lelike goed lol. Die enigste verskil is, is dat SA komediante dink hoe meer hulle vloek hoe snaakser gaan hul wees. Dié is comedy.

rollie ·

Dit wat sy gese het was onvanpas en onsensitief maar mens moet in gedagte hou die spesifieke program is veronderstel om ‘n komedie te wees met die hoofdoel dat deelnemers mekaar sleg se. Sy het dit ook gebesig teenoor ‘n mede-komediant.

Komediant ·

Julle ruk die nou helemal uit verband uit, dis n COMEDY SHOW, dis die doel van hierdie spesifieke reeks. Hou tog net op met teem.

Buffel ·

Comedy show is veronderstel om snaaks of lagwekkend vir meeste mense te wees.

Tweede Lizl op die blad ·

Van die hand gewys… ek verstaan nie. Daar word `n klagte gelè en dit kan van die hand gewys word? Goed, Vicky Momberg, jy moes net gesè het… Nee dankie, ek stel nie belang in julle vervolging sake teen my nie. My magtig ! laat dit nou so maklik kan wees

Mads ·

Komediant – dis nie regtig ‘n verskoning nie? Dis soos die jong dame wat ek nou die dag gevra het, hoekom ry jy oor die stopstraat – haar antwoord – want daar was mos niemand nie? Van wanneer af het dit aanvaarbaar geword om te sê net wat jy wil? Wie het in elk geval dit uitgedink om ‘n TV program te maak van mense wat mekaar slegsê en beledig?

Joe ·

Dis net omdat almal probeer PC wees. Dis comedy, dis glad GLAD nie naastenby die ergste ding wat n komediant al gesê het nie. Get over it. Die regte besluit is geneem hier.

Waarheid ·

Ek sooo dankbaar lankal GENEES van die begeerte of lus om gemors wat op daai vierkantige ding voorgesit word te oog, of in belang te stel, lewe is ‘n aangenamewónder agv daardie verlossing en nog steeds is gevoel SOET en rustig.

Buffel ·

Tumi is tuni so grappig as wat sy dink nie eerder bietjie platvloers en vuibekkig. Daar is ander werk waarvoor Tumi meer aangele is as grapjas speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.