Kommissie beslis oor Tumi se uitlatings

Martin Bester en Tumi Morake is die aanbieders van Jacaranda FM se ontbytprogram. Foto: Facebook

Die Uitsaaiklagtekommissie het uitspraak gelewer oor die talle klagtes wat hy ontvang het rakende omstrede uitsprake oor apartheid wat Tumi Morake, mede-aanbieder van die ontbytprogram op JacarandaFM, in September gemaak het.

Die uitspraak kom nadat ʼn verhoor op 18 Oktober gehou is waartydens die klaers en JacarandaFM die geleentheid gekry het om hul saak te stel. Die kommissie het 55 klagtes ontvang in verband met die uitlatings wat op 12 September gemaak is.

Sunette Lötter, ondervoorsitter van die kommissie, het die klagtes van die hand gewys. Die klaers het onder meer aangevoer dat Morake se uitlatings rassisties was en op haatspraak en aanhitsing om leed te veroorsaak neergekom het. Daar is aangevoer Morake het wit Afrikaners diewe en boelies genoem en dat sy vir vergelding gevra het.

“Hoewel dit duidelik is dat sy [Morake] dink die afwesigheid van vergelding is onregverdig, regverdig dit nie ʼn afleiding dat geweld gemagtig of bevorder word nie. Geen aksie word genoem nie en niemand word aangemoedig om aksie te neem of met vergelding te begin nie.” Lötter het gevolglik bevind Morake se uitlatings het nie die klousules van die uitsaaikode wat haatspraak en die aanhitsing om leed te veroorsaak verbied, oortree nie.

Volgens Lötter het die klaers net uitgevaar teen Morake se uitlatings, maar is die gesprek tot ʼn sekere mate deur Martin Bester, haar mede-aanbieder, gevorm. “Albei aanbieders het op dun ys geloop. Ontbytprogramme moet rekening hou met die moontlike gevolge wanneer sensitiewe sake geopper word.”

ʼn Storm het om Morake en Bester se koppe losgebars nadat Morake tydens ʼn ontbytprogram wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk het. Morake het in reaksie op die kritiek teen haar uitsprake gesê sy staan by haar uitsprake en vra nie daarvoor om verskoning nie.

JacarandaFM het ook later in ʼn verklaring op sy webwerf gesê hy het Morake se uitlatings in die lig van sy “redaksionele riglyne, die riglyne van die Uitsaaiklagtekommissie en sy maatskappywaardes” beskou en bevind dat die uitlatings geen beleidstellings oortree het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Marie ·

Het dit verwag. Dit maak in elk geval nie saak nie, ek luister NIE MEER Jacarandafm NIE!!

Wickus de Bruin ·

Luister nie na n rassistiese stasie nie. Wat gesê is, is gesê. Niks kan dit anders laat klink nie.

Karen ·

Verwag dat dit so sal wees. Dis net mense van ligte gelaat wat mos rasisties is? Ek luister van daardie dag af nie meer na hulle stasie nie.

Kannaland ·

Ons het die mag om die klagtes te laat geld…luister eenvoudig na ander stasies en hou op om by hul adverteerders te koop.

Deon ·

Luister van dag een in elk geval nie meer na die stasie nie….Gelukkig het ons keueses en mis die spullietjie nie eers, nou dat ek daataan dink nie!

Estie ·

Geen probleem, Tumi, jy is dalk “onskuldig” bevind deur die Uitsaaiklagtekommissie, maar jy het veroorsaak dat JacarandaFM ‘n hele klomp luisteraars verloor het, my ingesluit.

CAV ·

Ek luister al lank nie meer Jakaranda nie ( nog voor die voorval ), maar sal graag wou weet hoeveel luisteraars hulle nou eintlik verloor het as gevolg hiervan
Soos dit nou maar is met ons volk het baie gesê hulle gaan nie meer na Jakaranda luister nie, maar ek dink dit sal dit nie lank wees nie, dan luister die meerderheid wat so gesê het, in elk geval weer Jakaranda

MvA ·

Jammer Jacaranda, na baie jare het julle my ook nou as luisteraar verloor!

Ellisras ·

Jakaranda? Jakaranda? Dit klink nie vir my bekend nie. Na wat sy gesê het klink dit nie of ek na hulle wil luister nie.

Eish ·

Teleurstellend om die minste te sê.
Maroela Media se rubriekskrywers moet maar aan ons gewone sterflinge verduidelik presies wat die wet sê en ook hoe naby wittes aan die grens kan beweeg want nou is daar by my in totaliteit net verwarring. Veral ook dat die beampte wat die saak aangehoor het, n blanke blyk te wees.
Dis nou waaragtig soos om Putin verantwoordelik te hou vir Stalin se vergrype as dit oor blankes gaan.
My houding teenoor Morake en Bester is onveranderd en ek sal hul boikot waar ek kan. Net die cheeck om die roof aanmekaar af te krap is onverskoonbaar vir mense in hul beroep wat die nodige takt aan die dag moet lê.

Ansie v Lente ·

Ai ai! Moes dit geweet het. Jacaranda bestaan lank terug nie meer in talle huise, motors en kantore nie.

Phillip ·

As sy wit was het sy die trek pas daadelik gehaad en ook regstappe gehaad . Dubbel standaadre die land van ons

Deon ·

Luister van dag een in elk geval nie meer na die stasie nie….Gelukkig het ons keueses en mis die spullietjie nie eers, nou dat ek daataan dink nie! Was sy nou wit, was sy geskiedenis by nou.
Wittes is keelvol vir die dubbele standaarde in die land. Jacaranda het n besluit gemaak en moet maar met die gevolge leef!

tokkie ·

Luister van dag 1 af toe sy op die lug kom. Sy was eens te veel. Luidrugtig

nene ·

Het toe hul al geadverteer het sy gaan uitsaai besluit om nie verder te luister nie. Sy irriteer die wit waks uit my met daardie luidrugtige lag.

saartjie ·

ek en my man luister ook nie meer na daai eenvoudige stasie. radio bosveld is ons keuse nie. speel beter musiek ook. afrikaanse stasie met waardes. kan in elk geval nie haar stem handteer nie en so ook haar mede kollega sin ook nie.skynheilige mense

chantelle ·

Het dit verwag luister in elkgeval nie meer Jacaranda nie.

Johnnie ·

Luister in elk geval nie na daai stasie nie want dit het n swart stasie geword.

Bridget ·

Gaan nie eers oor net hul uitlatings nie Jacaranda Fm al lankal nie meer dieselfde nie lankal oor geskakel na beter radio stasies toe van die aanbieders is net te arogant

louisa ·

Nee dankie ek sal nooit weer Jakaranda luister nie, ek luister dit in elke geval vanaf die insident nie meer nie, want omdat sy swart is
mag sy se wat sy dink en hoe sy voel, maar omdat ons wit is, is sy reg,
so opper jou opinie en kry n jaquar omdat jy die waagmoed gehad het om jou
uitsprake te kan maak teenoor wit en Jakaranda die vloer skep om dit voortaan te kan
doen> hoekom het jul Scott gefire – dit wat nie openbaar nie? Hy is baie beter af waar hy tans uitsaai. Het eindlik die uitslag verwag>

Stephanus ·

Nee wat, luister nou net Groot FM of Pretoria FM. BAIE beter!!!

Shasha ·

Gelukkig is daar baie ander radio stasies
Bosveld stereo (107.5) maak die lekkerste musiek en is meerderheid in Afrikaans… wat ‘n plus punt is.

Willie ·

Bosveld die beste 107,5… my taal, en geen luidrigtigheid!

johan ·

Bosveld 107.5 is die beste stasie geen politiek net die beste musiek veral as jy musiek iut jou jonger dae wil hoor. Fantasties!!!!!

M ·

Wie van julle het daardie oggend Jakaranda geluister. Wel, ek het. En volgens my het nie een van hulle iets verkeerd gesê nie.

@ M ·

Janee M, as jy as wit persoon ‘n DIEF genoem wil word en dit is vir jou reg, dan verstaan ek 100% hoekom jy nog na hulle luister en jy reken hulle het niks verkeerd gese nie. As ek jou ‘n dief hier op die kommentaarkolom noem, sal jy my onmiddellik aanvat, maar omdat TUMI jou ‘n dief genoem het is daar NIKS daarmee verkeerd nie. Daar moet sulke mense ook wees !

Eish ·

Ek het n paar ekstra gehoorstelle indien jy belangstel. Daar is wyd berig in die media oor presies wat gesê is.

Anton ·

Ek het daardie oggend geluister omrede ek in ‘n kantoor was waar Jacaranda gespeel het. Die uitlatings was totaal onvanpas en die beslissings is beslis nie konsekwent nie.

Annette Sartori ·

Ek het ook opgehou luister. Ek luister nie meer in die oggende nie en die vroegaand program is afskuwelik met al hulle gevloek.

Lucas ·

Jakaranda is jare lank nie meer gepla oor wit luisteraars nie want hulle teikengehoor is nou die massas!! Ek luister Pretoria FM , Groot FM en LM Radio op DSTV

Boertjie ·

Hi Lucas, jy weet dat jy LM Radio in jou kar ook kan luister, op AM 702? (Die ou 702 sender). Goeie musiek, my radio is permanent daarop.

toppie ·

Ek luister nie jacaranda nie, almal daar irriteer die wit waks uit my uit!!!!!!

bj smit ·

luister glad nie meer jakkaranda nie eerder radio pretoria

Carli ·

Pateties!
Jakaranda, 94.7, almal dieselfde.
Het ‘n klag gele by die BCCSA oor 94.7 se ontbytprogram MY Christenskap bespot – niks het daarvan gekom nie.
Gelukkig weet ek dat hulle eendag sal rekenskap gee – voor die WARE Regter.

Nefie ·

So Steve het het ook ‘n opinie gehad soos tumi, en hy word deur die stasie geboikot al vir jare al is sy album amper oral nommer 1. Ek troos my daaraan dat al diskrimineer hulle teen ons, maak dit ons nog steeds nie dommer nie. Luister maar eerder LekkerFM, GrootFM, PretoriaFM, selfs RSG .

Johan ·

Meer adverteerders moet hulle advertensies na ander stasies oorplaas!!

Burger ·

Vreemd hoe dieselfde goed anders lyk as die tye verander …

Landie ·

Luister ook nie meer Jacaranda nie. Bosveld-stereo en LM radio is nou die inding in ons huis.

Michelle leR ·

Die insident sowel as die algemene waardes wat oorgedra/ondersteun (?) word deur die radiostasie staan my ook lankal nie meer aan nie en hulle is dus nog ‘n luisteraar kwyt.

Gabriel ·

Die probleem met die omroepers van die vroegoggend program kon van lankal af. Van die tyd toe Riaan die radiostasie gekaap het om sy suster se kraam uit te saai. Lyk of hulle redeneer dat Jakaranda FM aan hulle behoort. Ek het op gehou om na Jak te luister paar jaar gelede al

Rene Walters ·

Ons het almal die uitspraak verwag. Ek luister lankal nie meer na die stasie nie.

Fanie ·

Ek het net altyd die oggende geluister, maar luister nie meer na Riaan weg is. Die huidige twee (Tumi en Martin) is onuithoubaar “boring” in elk geval

REGVERDIG ·

Het jaaare terug al ophou luister na hulle geklets en gegiggel soos voorskoolse paddavissies. My verskriklik ge-irriteer, en ek is ook nie van plan om OOIT weer na daardie stasie te luister nie. Wil dit nie eers noem nie……….

REGVERDIG ·

Nee wat, my ma het my altyd geleer: as jy niks goed van iets of iemand kan sê nie dan hou jy jou mond en stap doodeenvoudig weg……. en dit is presies wat ek gedoen het

Susara ·

Ek luister ook al vir ‘n paar jaar nie meer na JacarandaFM nie, Bosveld Radio speel musiek waarna ek graag luister, goeie opvangs in Pretoria.

Martiens Strydom ·

Eks ook gelukkig gerspeen van daai stasie luister ook pta fm my taal my mense

JohanL ·

Wel wel wel was dit te verwagte. Laat ek dan nou maar gorrel wat my pla. Van 1994 loop ek baie baie versigtig rond in die strate. Daar is baie meer skelms op strate – meeste van hulle is nie blankes nie. Sodra ek klomp swart mense sien, raak ek bekommerd en angstig. Hulle laat my voel of ek enige oomblik aangerand gaan word. Maar ek hou dit nie teen hulle nie. Ek verstaan dit. Ek verstaan hulle geweldadige houding en dat hulle my altyd net leed wil aandoen. Dit is hierdie geweldadige mense wat versoening in ons land bemoeilik. As hulle nie so geweldadig is nie, kan ons land vorentoe beweeg.

Elize ·

Julle kan gerus LM radiol uister AM702
Beste musiek ooit. Geen onnodige praatjies nie.

Anoniem ·

Ja stem saam luister eerder na n ander stasie. Jy kan wel sien aan watter kant van die draad sit Lotter

Andre ·

Danien, ja Lotter het sommer tegelykertyd haar lekker pos met die vet salaris beskerm. Dubbele standaarde!

GertST ·

Ek luister ook nie meer na hulle nie. Die musiek is nou raserig en irreterend. Val nie meer in my smaak nie

Reinhardt ·

Ek dink nie wat sy gesê het enigsins onvanpas was nie en vir seker nie haatspraak was nie. Dit is hoe sy voel en dit is haar opinie, en baie swart mense voel so, dit help nie ons stem nie saam nie, dit gaan niks verander nie.

Dit gesê, ek stem wel saam met die kommentare wat die dubbele standaarde uitwys. Dus, ekt nie n probleem met wat sy sê nie, maar ekt wel n probleem dat ek nie dieselfde mag kwytraak sonder om my werk te verloor nie.

What a joke! ·

So jy se sy mag jou op grond van jou ras beledig en jy is OK daarmee.So alle blankes is diewe en boelies en sy is geregtig om die media platvorm radio Jakaranda oorspronklik n blanke stasie om blankes soos jouself en alle ander te beledig deur haar ongevraagte geniepsigge anti blank opinie oor die radio te lig???…Jy se verder dat sy nie verkeerd doen nie maar daar dubbel reels is?? Hoe kan daar dubbel reels wees as sy dan niks verkeerd in jou OE gedoen het nie??? Jy maak min sin!Geniet maar jou ou rassistiese radio Jakaranda met jou oogklappe aan ou Reinhardt…

Hanna ·

En arme Darren Scott? Daardie man se lewe was in skerwe… Ongelukkig vir hom was hy blank. Dubbele standaarde!!! Koebaai Jacaranda FM.

Bets ·

Ja arme Darren, wat hy gese het was nie naastenby so erg nie maar hy moes maar stap, SKANDE…….

Hans ·

Bestaan daar nie n appelraad waarheen die besluit geneem kan word nie?

Jacques ·

Dieslfde as die Spur se reaksie destyds . More of oormore vra hulle eweskielik verskoning en se dan jammer as hulle agter kom duisende mense in GP luister nie meer na hulle nie .
Nee wat julle moet vir julle kry .

Dawie ·

Ons as enkel mens sal niks regkry nie, maar as die adverteerders ontrek, dan voel hulle dit!

Griet ·

Wie is Jakaranda se adverteerders? Kan iemand ‘n paar noem?

Hester ·

Die 2 laat my dink aan n kleuterskool waar daar omtrent 100kinders in een klas ne wat liuster groot fm 90.5

Johan ·

Van daardie dag bestaan Jakaranda nie meer vir my nie, Afrikaans word afgeskeep en hul musiek keuses is power. Martin was Vrydag aanbieder by Harties Mall saam Elvis Blue, ons en vriende het weg gebly. Niks teen Elvis, koop steeds sy CD!s Ons luister nou Radio Bosveld en ander Afrikaanse stasies

Charlene ·

Jacaranda ht nou die oulikste luisteraars, hul bevind die son is silver nie geel, lmga regte mentaliteit is nou op die lug ..

Bets ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die Afrikaanse owerhede niks fout kan sien wat gese is nie, maar ja, hulle het al so gewoond geraak om hul eie mense af te kraak dat dit ook geen verrasing meer vir ons mense is nie. Koebaai jacaranda, was eens op n tyd goed om julle te geken het

Jaco ·

Kyk, ons almal behoort teen die tyd te weet die reels geld net vir sekere ” groepe”

Tersia ·

Het ook lankal ander stasie gekies. Sies Jakaranda. Hoop jul stasie se luisteraars verminder met duisende. Tumi jys nie geskik vir die pos nie.

Bets ·

Ja arme Darren, wat hy gese het was nie naastenby so erg nie maar hy moes maar stap, SKANDE…….

Herman ·

Ja, dis presies die uitslag wat ons verwag het. Tragies dat dit juis van ‘n blanke beampte moes kom. Is Sunette voorgesê of is sy ook maar net bloot ‘n verraaier van haar eie volk en gewete. Toe Jakaranda “Jacaranda” geword het, het dit my al dwars in die krop begin steek. Hierdie was die finale strooi. “Jacaranda” speel nooit weer oor my radio nie!

Alwyna Holtzhausen ·

Ek ook!!! Het al vergeet daar is so n radiostasie.

Maria ·

Vandag se tyd is dit net veilig om stil te bly want ons word nie gehoor nie…. ons is n nul op n kontrak en ek voel jammer vir so baie mense wat geraak is deur haar uitlatings. Jakaranda jy was gewees.

Mickey ·

Nee wat Jacaranda is glad nie meer wat dit was of wat dit veronderstel is om te wees nie…

Adele ·

Luister glad nie meer Jakaranda nie. Luister ook nie meer Highveld Stereo nie. Wat sou die 2 ontbytprogramme in gemeen hê? Dankie tog vir ander radio stasies en MP3’s.

Johan ·

Ja so Boelie die Anc en EFF ook hulle mense om vergelding tekry om boer vir boer naweek na naweek dood te maak .

Ivan ·

Since we stopped listening to Jacaranda we havent missed them for one second –
good riddance. Now we do not have to listen to quasi political pearls of wisdom from presenters.

Alta ·

Ek het jare jacaranda geluister.
Het dit verwag dat die vroumens skotvry gaan kom.
Ag ou martintjie vat haar vir jou jul pas nogal bymekaar.
Gelukkig is daar keuses, ek luister ook nie meer na die sogenaamde jacaranda stasie nie

Julle het baie, baie luisteraars verloor………foeitog!!!!!!!!

Alta Sonnekus ·

Het dit verwag dat die vroumens skotvry gaan kom.
martintjie vat haar vir jou, julle pas nogal bymekaar.

Ek luister nie meer die stasie nie
Gelukkig het ons keuses en ek het myne gemaak….. jacaranda? Aaaarghhh nee dankie.

Hein ·

Genugtig – ek het nie geweet dat Jacaranda FM nog bestaan nie!

Andre ·

As daar n obsessie is om politiek korrek te wees boet vermaak ongelukkig in . Nou luister ek Groot FM . 90.5 .

thea ·

luister lankal nie meer na jacaranda nie, swakste swakste stasie
luister na Radio Pretoria en Bosveld stereo, briljante stasie, goed opgevoede omroepers, goeie musiek. Jacaranda en RSG kan gaan leer

gerda ·

Ja toe Daren iets gese het wat hulle nie aanstaan nie, en nie eers oor die radio nie, is hy gevra om te loop. Di madam het gese wat sy wou en bly steeds by haar standpunt en daar word niks aan gedoen nie. Volgens Jacaranda is sy reg. Dankie maar ek sal noooooooit weer Jacaranda luister nie, net soos ek nie weer Spur toe sal gaan nie.

William ·

Gelukkig is daar baie beter stassies op radio…….net n handtjie mense luister nog daai jacaranda stasie……HOOP NIE HULLE HOU WEER JACARANDA FEES BY MONUMENT NIE EN DAT DAAR BLANKES IS WAT DIT GAAN ONDERSTEUN NIE……WONDER WIE WAS HIERDIE JAAR HULLE ONDERSTEUNS…….MAAR NOU JA WORD ALTYD IN DIE RUG GEBYT

Helena ·

Elvis Blue is awesome, maar hy moet hom maar eerder distansieer van Martin Bester. Hy gaan daar onder ly. soos vorige komentaar gese het, hulle het nie na hom gaan luister nie, oor Mister Bester.

Nee wat Elvis, doen maar liewer jou eie dinge. Jy is geliefd by ons Afrikaanse mene.

wilma ·

Maak ook nie saak wat die uitslag is nie, Jacaranda het ‘n ‘n paar in ons huisgesin verloor!

Claudine ·

luister al lankal nie meer Jacaranda nie! Nou nog net meer oortuig om dit nooit weer te luister nie.

FJD ·

Mens kan net wonder hoe dun die ys mag wees waarop sy nou gaan beweeg!

Thys ·

Stem saam met die kommentare en soos almal meld is Jacaranda nog meer luisteraars kwyt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.