Kommissie gaan ‘rasregter’ ondersoek

Mabel Jansen. Skermskoot: eNuus

Mabel Jansen. Skermskoot: eNuus

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het Dinsdag gesê ʼn amptelike klag is by die kommissie ingedien teen ʼn Pretoriase regter in die hooggeregshof, Mabel Jansen, nadat haar opmerking op sosiale media oor swart mans se “kultuur” van verkragting aan die lig gekom het.

“Die RDK neem met kommer kennis van die openbare verontwaardiging oor regter Jansen se uitlatings,” het die sekretariaat in ʼn verklaring gesê. “Alle regters is onderworpe aan die regterlike gedragskode wat dien as die heersende standaard vir geregtelike optrede waaraan regters moet voldoen.”

Gillian Schutte. Foto: Facebook

Gillian Schutte. Foto: Facebook

Die sekretariaat het bevestig dat adv. Vuyani Ngalwana SC ʼn amptelike klag in sy hoedanigheid as voorsitter van die Advokate vir Transformasie asook in sy persoonlike hoedanigheid ingedien het.

“Die RDK versoek die publiek om toe te laat die nodige prosesse hul gang gaan en vertrou dat die kommissie se gedragskomitee die kwessie op ʼn regverdige en behoorlike manier sal hanteer.”

Die RDK het gesê ná ʼn vergadering met Jansen is ʼn voorstel dat sy op spesiale verlof gaan aan die minister van justisie en korrektiewe dienste gestuur vir oorweging.

Maroela Media het vroeër berig ʼn herrie het op 7 Mei op sosiale media losgebars nadat ʼn private gesprek in 2015 tussen Jansen en Gillian Schutte, ʼn joernalis en aktivis, aan die lig gekom het. Schutte het die gesprek, waarin Jansen haar mening verduidelik oor swart Suid-Afrikaanse mans se beweerde kultuur van verkragting, openbaar gemaak.

Die gesprek wat Gillian Schutte gedeel het.

Die gesprek wat Gillian Schutte gedeel het.

Schutte het skermskote geplaas waarin Jansen glo skryf: “In hul kultuur is ʼn vrou daar om aan hulle genot te verskaf. Punt. Dit [seks] word beskou as ʼn absolute reg en ʼn vrou se toestemming is nie nodig nie.” Sy het ook geskryf: “Ek moet nog ʼn swart meisie ontmoet wat nog nie teen 12-jarige ouderdom verkrag is nie. Ek is doodernstig.” Schutte het ook ʼn skakel gedeel waarin Jansen glo soortgelyke uitlatings op ʼn openbare forum gemaak het.

Volgens Schutte is dit nie die eerste keer wat sy probeer het om dié uitlatings openbaar te maak nie. Sy het dit reeds in Junie 2015 by die RDK aangemeld, maar daar het klaarblyklik niks daarvan gekom nie.

Jansen het op 8 Mei op haar Twitter-rekening gereageer deur te twiet: “Wat ek vertroulik aan iemand gesê het, is heeltemal buite konteks geneem en verwys spesifiek na hofsake.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

m ·

Wel sy sal seker beter weet, hulle moet elke dag die dade aanhoor van die kriminele in die hof…………………

Lance ·

Wat wil hulle nou ondersoek …wat sy se word gestaaf en beaam deur die statistiek ….of is die statistiek verkeerd …die punt is net sy weet waarvan sy praat …

E ·

Net nog ń slagoffer van die “currently disadvantage” onderdruktes.
Net nog ń hoë boom wat die wind van voor vang.
Apparteid omgekeer.

Liewe heksie ·

En as ek reg hier is is dit een van haar eie (wit)mense wat haar allie gebrand het weer net n bewys ons kan nou maar net nie saamstaan nie ander witte seker agter die dame se pos aan

christine ·

Jong nog n Dabra Pattas hierdie Schutte sal ook soos Debra nou maak of ons Afrikaners AWBs is maak my siek

Loeis ·

Sy moet nou nie soos ‘n klomp mense gedoen het, om verskoning vra nie, want dit sal as ‘n skulderkenning gesien word waarvoor sy gelooi sal word. Maar ek dink die dame is slimmer as dit. En na die DA se reaksie gaan hullle nog so paar blanke stemme verloor :)

Rynhardt ·

Vandag was Jansen op E-Tv beskuldig van Nazisme, terwyl sommiges nie eens weet wat Nazisne is nie.Rassisme gaan al hoe meer verskerp teen blankes!Jy sal moet saamstaan, want jy gaan geen keuse he nie!!

John ·

Indien die regter se bewerings water hou en swart vroue stem met haar saam dat hul regte wel op die’ wyse aangetas word, is dit nou die geleentheid om die saak in die ope te bring; dit sou ‘n goue geleentheid wees. Die probleem is al vantevore ten opsigte van ander rasse ook beweer, soos onlangs in Europa tydens die invloei van immigrante waartydens ouer mans met baie jong meisies as metgeselle in die kampeerterreine waargeneem is.

Koos ·

SA is bekend vir verkragtings. Waarom die bohaai? Seker omdat die skoen pas. Sterkte Regter Jansen, jy het niks verkeerd gedoen nie, net ‘n slagoffer van die “demokratiese” nuwe SA waar selektiewe toepassings hoogty vier

Izzy ·

Schutte soek net publisiteit!!!! Stekte aan die regter wat nou aan die hele land moet bewys dat sy NIE rasisties is nie.

Marie van der Merwe ·

Die regter word uit konteks aangehaal en aangeval. Statistiek en media berigte bewys die stellings. Sy is 100% korrek in haar waarneming, en waarskynlik getraumatiseer deur haar noue kontak met slagoffers, en die detail van hulle getuienis. Hierdie is geensins n rassevoorval nie! Zuma gee die pas aan met goedkeuring van verkragting! ! !

christine ·

Ai maak soos hulle se, jys verkeerd aangehaal. Schutte as jy met modder speel word jy ook vuil. Jy kan die vrou nou uit haar pos haal more is dit jy glo my grawe n gat vir ander en jy sal verseker self daarin val

Yvonne ·

Hierdie schutte het Regter Jansen privaat gekontak vir haar opinie oor al die verkragtings in SA. Hierdie regter het gereageer vanuit haar baie donker beleweniswêreld van talle sake wat onderskryf wat sy beweer het! schutte het haar vererg vir die regter se menings en haar reaksie was só negatief dat die regter haar toe moes blok. Kan die vrou dan nie verwerping hanteer nie? Waarom anders sal sy só lank sukkel om ‘n priváte gesprek aan die groot klok te hang!

Oupa Hen ·

Is daar statistiek wat vergelyking tref tussen swart op wit verkragting en wit op swart verkragting. En dan wit op wit en swart op swart?

humor ·

Om iemand in die rug te steek is sekerlik die laakbaarste daad wat die mens kan verrig. Die een wat die daad verrig moet psigies versteurd wees en die gewete van n krokedil he.

Jeanette ·

Ons moet onthou dat die DA nie net ‘n prominente rol gespeel het om Schutte se storie in die kollig te plaas nie, maar ook sterk optrede teen Jansen ge-eis het.

Die vraag is of ons die DA met hierdie opportunistiese poging om stemme te trek gaan laat wegkom.

Waar gaan u u kruisie in Augustus trek. Kom ons stem vir ‘n party wat ons waardes verteenwoordig.

Hendrik ·

Die DA gooi al hoe meer lensie in hul lensiesop wat hulle gaan veruil vir die Afrikaner se stemme. Wat is die bekende se-ding. “Ons moet saamstaan en die ANC uitstem by die stembus. Elke stem tel”. Die mense besef nie dat daar ander partye is nie en dat die land het ‘n proposionele kiesstelsel. Die ANC en EFF vat die meeste sitplekke want hulle wen al die wyke en die res van die opposisie sit in die proposionele sitplekke. Hoekom sal jy nou vir iemand stem wat wette ondersteun wat teen jou diskrimineer? Wette soos BEE, raskwotas ens. Dit is soos om vir ‘n boelie ‘n lat te gee om jou te slaan.

lynette ·

Ek het n artikel gelees wat schutte geskryf het en daarin se sy dat haar man jare op Robineiland was. Sy het hom ook ontmoet toe hulle saam joernalistiek geswot het. Maak glad nie sin. Wanneer was hy op eiland? Hy is te jonk daarvoor. Sy is baie bitter teenoor wittes. Wonder of haar familie haar straks onteien het.

Henk Brand ·

Ek het self ook gewonder oor die Robbeneiland-storie, want sy het dieselfde bewering in ‘n voorlegging gemaak en haar gehoor het seker nie van beter geweet nie.

Lance ·

Ek wil net weet hoekom het sy n jaar met dit gesit voor sy pubiek gegaan het ….as sy dan kastig so ”besorgd ” is oor of die regter bevoeg is ….maak nie sin nie ….dink hier is n verskuilde agenda wat sy seker nooit sal erken nie

Joss ·

Wat n jammerte. Ons blankes kan mast net nie saam staan nie. Hòop schutte voel gelukkig as jansen hasr werk verloor. Haar beurt kom ook. Waar is die DA om vir ons blankes op te kom. Nee hulle gaan regter jansen ook aangee. Seker nie ons stemne nodig nie

Alan ·

Al wat moet gedoen word is vir iemand om n Facebook of webblad oop te maak waar vroue kan rapporteer as hulle al aangerand is en deur wie – die regter/en/of schutte kan dan haar bewerings staaf.

Karma ·

Fantastiese idee, Alan! Is daar iemand daar buite wat nie so tegnologies-gestremd is soos ek nie wat dit kan doen? Vroue moet egter anoniem kan aanmeld (dikwels is slagoffers bang vir ‘retribution’ en sake wat sub judice is kan benadeel word).

cr ·

Sy is reg en nou kan hulle dit nie vat nie want die waarheid maak seer.

Armando ·

Wat is die eerste wat ‘n inbreker doen nadat hy ingebreek het by ‘n plek waar daar vroue is? Selfs vroue van in die tagtigs?

Flintstone ·

Lag lekker om te sien hoe die waarheid seermaak.Bring asb.die statistieke om haar verkeerd te bewys.Sover my afleidings uit mediaberigte strek vind verkragtings o.a plaas om oortreders van vigs te reinig.Spreek eerder die primitiewe sienswyses aan in stede daarvan om weg te skram van die ontbloting van die waarheid.Opvoeding begin by implementering van norme en standaarde in die huis,nie by graad R in die skool nie.

Ben Smit ·

Besonder jammer oor die DA se optrede. Oorweeg dit om nie weer vir hulle te stem nie. Oom Ben

Theuns ·

In sekere gevalle is dit baie gevaarlik om jou opinie (Die Waarheid) te lug, maar as jy nie die waarheid praat nie en nie bereid is om ‘n gesprek te begin nie sal jy ook nooit weet wat die oorsaak van die probleem is nie. Vir seker kan jy weet dat Regter Mabel Jansen, haar waarneming ivm verkragting, nie uit haar duim gesuig het nie! Ek het n soortgelyke waarneming gemaak wat geweld aanbetref. Dink aan plaas moorde. Dit is of daar ‘n totale afwesigheid van simpatie en deurnis vir die slagoffer is. Suid Afrika se samelewing is verlore as jy nie kan se wat jy waarneem verkeerd is nie!
.

anoniem ·

Hoekom wil die DA so graag hul stem dik maak vir enige uitlating? Is dit nie net om aandag op hulle self te plaas nie. Hoekom spreek die DA nie die plaas moorde aan nie? Is dit nie belangrik genoeg nie? Is dit nie ook ras sensitief genoeg nie? En laaste vraag sal wees. Van wanneer af is bevestigde statistieke rassisties? Dit wil voorkom dat die DA enge iets onder “RAS” gaan aanval en mens kan net wonder wat hul werklike agenda is.

Armando ·

Anoniem, jou vrae oor die DA beantwoord eintlik hulself! Die DA is polities gedrewe, en al wat vir hulle saakmaak is om stemme te werf. Jou stem, al is jy ‘n dr of myne as ‘n ingenieur is netsoveel, of so min, werd as die een wat hier in my asblikke kom grou. Die DA sal NOOIT ‘n geluid maak wat hom stemme sal kos nie. Wit stemme en swart stemme is ewe veel werd, hulle is net soveel meer.

Pierre ·

Ek sien in vanoggend se Engelse Media in ‘n hofsaak in die Kaap oor verkragting het betogers (anders kleurige vroue) buite die hof feitelik dieselfde opmerkings/komentaar gelewer. Dit is reg en word geen issues daaraan gekopppel nie. Die feit dat die Regter blank is brandmerk haar egter as ‘n rassis.

marianne ·

Verkragting is in sommige kulture ‘n man se manier om wraak te neem teen ‘n ander man wat hom vir watter rede ookal te Na gekom het!!! Indier vroue veral Moslem vroue mag deur hul eie familie vermoor word as dit uitkom dat hulle verkrag is!!!
Dus was U Edelagbare heeltemaal korrek met U stelling… Ek neem aan die fyn gevattes het geen benul wat in ander kulture aan gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.