Kommissie gaan US-taalbeleid ondersoek

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die Universiteit Stellenbosch (US) het ʼn kommissie van ondersoek aangestel om die instansie se onlangse toepassing van die taalbeleid te ondersoek.

Susan van der Merwe, woordvoerder van die universiteit, het gesê dit sal slegs ʼn eenmankommissie wees en afgetrede appèlregter Craig Howie is as kommissaris aangestel. Die kommissie sal op Dinsdag 29 Maart met sy ondersoek begin en sal sy bevindings en aanbevelings aan die universiteit se raad maak.

Dit volg nadat die universiteit vanjaar reeds twee keer hof toe gesleep is oor sy “buigsame” toepassing van die taalbeleid. Die mees onlangse aansoek wat deur AfriForum Jeug, die Adam Tas Studentevereniging en ander mense voor die hof ingedien is, beweer dat die universiteit op ʼn onwettige wyse probeer om Engels as die enigste voertaal by die universiteit toe te pas.

Dit is na aanleiding van ʼn spesiale raadsvergadering in Februarie waar daar besluit is dat die taalspesifikasies op ʼn “buigsame wyse” toegepas sal word.

Die US het Donderdag in ʼn verklaring gesê George Steyn, voorsitter van die universiteitsraad, het ʼn beroep op die media en publiek gedoen om Howie die geleentheid te bied om sy ondersoek af te handel en sodoende sy verslag op 8 April te kan lewer. Howie sal dus glad nie vir vrae of media-onderhoude beskikbaar wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

petra ·

Gaan hulle nou weer agterkom dat die meeste studente Afrikaans is en datEngels ook aangebied word.Help ons tog met die idiote.Net omdat die regering gister daar was stel hulle dit toe voor.Weereens kon patetiese wim dit nie se wat ek bo meld nie.Ook nie sy patetiese trawante nie.Hulle is hopeloos.

jaco ·

daar was baie klagtes oor gebrek aan transformasie toe wim sy huidige pos gekry het. hy sal die regering van die dag te alle tye napraat, want hy weet sy velkleur is verkeerd vir die pos wat hy nou het.

petra ·

Hy is Vir Engels deur en deur en teen wit kinders ook – kyk maar na die persgesiggies. Dan het jy jou antwoord. hulle was dadelik geskors sonder dat die man eers probeer het om te keer. Niks gedoen nie – nier eers die ouers dadelik gebel nie. Nee, daar is niks rugraat daar nie. Net ‘n pateet en so ‘n mens moet nou die universiteit lei? Behoed ons.

Cilliers ·

SlimWim mag ‘n rug soos ‘n wilgerlat hê en effe minder as volkome betroubaar wees, maar ‘n goeie strateeg is hy wel. Want enigiets wat hieruit voortspruit is nie sy verantwoordelikheid nie, maar die edelagbare regter s’n, behalwe natuurlik as dit sou slaag. En sover ek kan vasstel is dié regter bekwaam en beginselvas, met ‘n regverdigheidsin soos min. So daar’s darem hoop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.