Kommissie hoop op nog miljoen kiesers

Geregistreerde kiesers sal in Mei volgende jaar hul kruisies in die nasionale en provinsiale verkiesing kan trek. Argieffoto: Morné van Rooyen

Suid-Afrikaners wat nog nie weet vir wie hulle volgende jaar wil stem nie, het nog ses maande om te besluit.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) het Woensdag bekendgemaak die nasionale en provinsiale verkiesings sal in Mei 2019 gehou word.

Pres. Cyril Ramaphosa moet nog die presiese datum van volgende jaar se verkiesing aankondig.

Die kommissie het tydens ʼn voorlegging oor sy gereedheid vir die kiesstryd gesê daar is nou 26,1 miljoen geregistreerde kiesers op die nasionale kieserslys, berig African News Agency.

Glen Mashinini, OVK-voorsitter, het gesê hy hoop minstens nog een miljoen kiesers sal op die kieserslys bygevoeg word voor registrasie in Januarie volgende jaar sluit.

Vir die vorige nasionale en provinsiale verkiesings, dié van 2014, het altesaam 25,3 miljoen kiesers geregistreer, sowat 80% van die 31,4 miljoen stemgeregtigde Suid-Afrikaners van destyds.

Eindelik het 11,4 miljoen kiesers vir die ANC gestem, 4 miljoen vir die DA en 1,2 miljoen vir die EFF. Die kleiner partye het minder as 10% van die stemme op hulle verenig en 37 van die 400 setels in die nasionale vergadering gekry.

Die meningspeilingsfirma Ipsos het in Junie vanjaar bekendgemaak die ANC kan 60% van die stemme in volgende jaar se verkiesing verwag, vergeleke met 62% verlede keer. Ipsos het gemeen die DA sal dié keer net 13% van die stemme kry en die EFF 7%, vergeleke met onderskeidelik 22,2% en 6,4% in 2014.

Die DA het die syfers verwerp en gesê die party sien geen bewyse van so ʼn daling in sy steun nie, het Mail&Guardian destyds berig. Maar volgens Ipsos “het die interne verskille in die party in die Wes-Kaap baie vrae oor die party se toekoms laat ontstaan”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Moedeloos ·

Vir wie stem ons volgende jaar…beslis nie my kruisie by DA sit nie

DA ·

Dit is n beter kans as om jou kruisie by ANC of een van die ander partye te sit.

WatWou ·

Nou hoekom sal jy so iets wil doen? Volgens my kan hulle almal in hul maai in vlieg…

Andrea ·

Hoop op nog n miljoen kiesers… Wat van Zim, Mosambiek en Nigerië ingevoer word seker.

Alida ·

Presies! Gaan hulle met busse aanry vanaf Zim ens en raai wie gaan sorg vir Id dokumente en werkspermitte? Nienand anders as daai pronkende pou nie.

Neels ·

Nog n miljoen bo en behalwe die dooies, onbekendes en adres lose stemme, plus nog die wat by gevoeg word tydens die stem tellery. Daai miljoen plus gaan definetief per bus rond gery word en van die buitelanders kom

Landi ·

VF plus natuurlik! Die enigste en ek hoop hulle verras die land met hul nuwe nommers.

Spikkels ·

Ag nee julle, moenie jul tyd mors nie, ons almal weet wie gaan wen, die stemme word beheer deur die meerderheid bevolking, nie ons paar stemmetjies nie, hou liewer n lekker familie dag of pak jou garage reg, baie meer bevredigend..

Heather ·

Mense, dis belangrik dat elkeen moet gaan stem, sodat ons meer stemme kan kry teen ANC! Ons gaan vir VF stem, en ja, lyk my die DA gaan maar swak doen met die stemmery! Hul eie skuld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.