Kommissie hoor oor Eskom se ‘twyfelagtige R25 miljard-lening’

Andre Frank Pillay, Eskom se groeptesourier, voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Andre Frank Pillay, Eskom se groeptesourier, het Vrydag aan die Zondo-kommissie van ondersoek vertel hoe Eskom sy eie prosedures oortree het toe die kragvoorsiener ʼn ongevraagde kapitaalfinansieringsvoorstel van R25 miljard met ʼn Chinese konsortium onderteken het.

Eskom het in 2015 ʼn twyfelagtige ooreenkoms met die Chinese Huarong Asset Management aangegaan. Die maatskappy het die sukkelende kragvoorsiener genader met ʼn voorstel om $1,5 miljard (ongeveer R25 miljard) aan Eskom te voorsien sodat hy nuwe kragstasies kan bou of oues kan opknap.

Pillay het gesê dat Eskom ingestem het tot die ongevraagde voorstel om kapitaalprojekte te finansier, hoewel die bepalings daarvan verkeerd was. Hy het aan die kommissie gesê Eskom het sy eie reëls en prosedures geïgnoreer en die ooreenkoms deurgedruk, selfs nadat die kragvoorsiener besef het Huarong sou nie aan sy beloftes kon voldoen nie.

Huarong het ʼn vennootskap aangegaan met Tribus Energy, ʼn Suid-Afrikaanse elektriese ingenieurskontrakteur, om ʼn konsortium op die been te bring wat aan SEB-vereistes voldoen: Huarong Energy Africa. Dié konsortium het die voorstel aan Eskom voorgelê.

Destyds was Eskom op soek na ʼn befondsingsaanbod wat nie net op regeringsreddingsboeie staatmaak om finansiële uitdagings te oorkom nie.

Pillay het getuig die bestuur van Eskom, gelei deur voormalige finansiële hoof Anoj Singh, het na China gereis om met Huarong te vergader. Pillay sê by hierdie vergadering het ʼn man genaamd Rex Madida homself voorgestel as ʼn politieke afgevaardigde van die ANC en hy was deel van die Tribus-groep.

Pillay sê hy was bekommerd oor die manier waarop Eskom die Huarong-ooreenkoms hanteer het, selfs al het die kragvoorsiener dit voorgehou as innoverende befondsing wat sal lei tot ʼn kontantinspuiting sonder dat hulle beheer van die maatskappy hoef oor te gee of daar skade aan die balansstaat aangerig word.

Pillay sê Eskom het toe besluit om ʼn “Versoek vir Inligting”-kennisgewing uit reik wat “’n nuwe proses” was, aangesien die kragvoorsiener gewoonlik ʼn “Versoek vir Voorstelle”-kennisgewing sou uitreik om seker te maak daar was nie enige ander soortgelyke voorstelle daar buite nie.

Andre Frank Pillay, Eskom se groeptesourier, by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Hy het gesê Huarong is toe aangestel as die voorkeurbieër uit die 12 wat gereageer het, insluitend JP Morgan, Absa en Rand Aksepbank. “Ons wou befondsing gehad het wat meer was as R15 miljard, maar nie sou lei tot agterstallige skuldbetalings nie. Die befondsing moes strook met Eskom se kapitaalprojekte en moes binne ʼn redelike kort tydperk geïmplementeer kon word,” het Pillay gesê.

Pillay sê toe die “nie-bindende” voorwaardestaat aan Eskom voorgelê is, het hy besef daar is ʼn verbintenisfooi van 0,8% wat gelykstaande was aan $24 miljoen en ʼn kansellasiefooi van $30 miljoen sou Eskom kop uittrek.

Pillay sê die ooreenkoms is nooit aan Eskom se interne regsafdeling voorgelê nie aangesien daar op ʼn eksterne regsfirma staatgemaak is, White and Case.

Hy beweer Singh het hom gedruk om die nie-bindende voorwaardestaat te onderteken omdat die Huarong-vennote verseker wou wees van ʼn goeie sakeverhouding. “Dit is aan my gestuur en ek was ongemaklik om die voorwaardestaat te teken, want ons was nie gewoond daaraan om voorwaardestate soos dié te teken nie. Maar Singh het gesê ek moet nie bekommer nie, want dit was nie-bindend. Dit was ongekend om voorwaardestate te teken,” het hy gesê.

“Toe het hulle die nie-bindende klousule uit die kontrak gehaal en ons het volgehou dat die proses wat ek gevolg het, was volgens die raad onderhandel, maar nie gefinaliseer nie. Ons het nie op ons interne regsdepartement staatgemaak nie, maar ʼn eksterne [firma] om ons hieroor die adviseer.”

Pillay se getuienis duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

humor ·

En nou verwag die president dat die getroue kragbetalers wat self noustrop trek die gelag moet betaal.

Tanya ·

Nou waar is daai geld nou bank is leeg en ons moet oppok vir jou slim plan sorry ek sit my huis op sonkrag. Dan sit daai baie sonder werk dit is wat julle wil he

Zax ·

Business is like chess. Alway a better player. You been had…. Big time. But , whats the word….anacity errr agricanac.
Lo big L

John ·

Hierdie outjie probeer nou die hulpelose bystander speel… nou dat die sop oorkook…. byna soos ‘n sekere mr Cohen wat net toevallig dinge moes doen en moes teken.

Zorro ·

Darem snaaks hoe niemand iets verkeerd gedoen het nie. Of hoe het Confucius gesê: ” Even the most cowardly will fight when in a corner “

John ·

Hierdie outjie probeer nou die hulpelose ‘bystander’ speel… nou dat die sop oorkook…. byna soos ‘n sekere mr Cohen wat net toevallig dinge moes doen en moes teken.

Alie ·

Wonder wat die uiteinde gaan wees van al hierdie onthullings voor Zondo.

Zorro ·

Daar sal n kommisie van ondersoek vir elke item aangestel word wat 5 of 6 jaar sal neem terwyl die lede elke dag lekker lunch.

Elizabeth 111 ·

Dis soos die Sjinese maak, leen enorme bedrae geld wat hulle weet nie sommer gou terugbetaal kan word nie. Zambia het in dieslfde slaggat getrap en sit nou met die spul Sjinese wat die land se kragvoorsieningssisteem vir agterstallige skuld oorgeneem het en glo maak en breek soos dit hulle pas. Suid Afrika se voorland.

Vonk ·

Kan ons nie ASSEBLIEF kort bondige artikels kry nie? Ek is al so moeg om deur ‘n see van statistiek te lees en steeds nie die by die kern uit te kom nie.

Gert van Wierdapark ·

Ek is ook “ongemaklik” dat mnr Pillay dit wel geteken het. Hy Singh nou ‘n ander storie my China.! Al die aardskuddende besluite van Eskom-en-Gaan die afgelope dekade of wat, maak dit vir die SA belastingbetalers, ander inwoners en (Dalk) vir die Pappegaai politici onmoontlik om agter die Kap van die Byl van die Kragdwergie se duisterte verlede en toekoms, te kom..!

Afrikaner ·

Al weer die Chinese wat gebruik word. Waar is hulle nie?

Cherokee ·

Ek vergelyk kommentare en is seker daarvan ‘John’ en ‘John’ is een en dieselfde persoon!

Al weer ek ·

Ek het ondervinding van jou vermoë en sal jou nie aanvat nie. (Afrikaner, ens.)

Cherokee ·

Die kompliment is wederkerig!
Komplimente aan jòu ook:-))) (en geniet die naweek)

Vic ·

En nou sing almal wat betrokke was soos kanaries. Waarom het hulle nie die verkeerde gedrag en of besluite by byvoorbeeld Tesourie aangemeld nie ???

Al weer ek ·

Ek het nou die dag ‘Op Vlerke’ verby jou geflits met ‘n kommentaar en lyk my jy het dit gemis.

Cherokee ·

Moet nie so wees nie! Moenie net verby flits nie. Praat met my. Seblief!

Cherokee ·

Pragtig! Jy sal nie weer ongesiens verby gaan nie! Waarom het julle nie die vegtende seekoeie uitmekaar gemaak nie? Hulle kon seer gekry het! Ek sal jou webblad weer en weer besoek.

P G Slabbert ·

Het almal wat lees en kommentaar lewer al so klein bietjie gereken ; is die nie , die volgende waarheid en versoening kommisie ? Tot die volgende ene kommisie wat gaan volg ! !

Renier ·

Ek was onder die indruk die land is lank terug uitverkoop. Kan beswaarlik glo daar’s iets oor vir die Sjinese om te koop.

Sê net ·

Presies Renier.

O wee. Het almal wat hierby en al die ander bedrog wat nog nie op die lappe gekom nie, regtig gedink dat niemand iets sal uitvind nie?

Hoeveel onskuldige mense se lewens is nie verwoes oor hierdie geldgierigheid agv “schemes” soos die?

Eugene ·

En waar is X pres Zuma en kie in die bedrogspul ? Nie ‘n woord uit die regering nie ? Seker weer Jan van Riebeeck se skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.