ʼn Kennisgewing moes nog aan Gavin Watson, grootbaas van die Bosasa-groep, bestel word vir hom om sy weergawe rakende beweerde korrupsie by dié maatskappy voor die Zondo-kommissie te gee.
Watson is Maandag in ʼn motorongeluk op die R21 naby die Internasionale Lughawe OR Tambo dood. Die voertuig het teen ʼn betonpilaar van ʼn brug oor die snelweg gebots en Watson is op slag dood.
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie wat staatskaping ondersoek, het Woensdag gesê hy het ʼn kennisgewing, soos deur die kommissie se reëls bepaal, uitgereik om aan Watson te bestel, maar dit is ten tyde van sy dood nog nie gedoen nie.
Volgens Zondo het die kennisgewing Watson nie verplig om dadelik voor die kommissie te verskyn nie, maar eerder vereis dat hy ʼn beëdigde verklaring indien rakende Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, se verklaring.
Agrizzi het in dié verklaring beweer dat Watson die meesterbrein agter die maatskappy se verdagte kontrakte van miljarde met die regering was.
Pogings is wel aangewend om die kennisgewing aan Watson te bestel, maar dit is egter nie voor sy dood uitgevoer nie, het Zondo verduidelik.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Dis nou gerieflik hy is mos nou dood!! nou kan al die vingers na hom wys en die skelms is weereens skotvry!!! Korrupsie en geweld raak net by die dag erger en niemand word tot verantwoording geroep nie. Dis om van SIEK te word. Waar gaan alles eindig?? Swael en Vuur gaan ten minste regverdigheid laat geskied. Hoe lank nog?????
Hy was eintlik bo die wet verhewe. Jammer maar wat sal ‘n mens sê.
Nou wonder ek…HOEKOM NIE???
Die persoon word verdink as meesterbrein agter alles!! Geld praat het my oupa altyd gesê!!
Mmmmm..hierdie saak moet maar mooi ondersoek word..Mr Watson sit dalk iewers op n eiland….dinge is nie pluis hier nie…
Hier gaan seker weer baie comments gemaak word. Wil net se… soos almal altyd se.. Niemand het die reg om ver oordeel nie. Raak rustig en klim van die blad af as julle wil vieslik raak. RIV Gavin