‘Kommissie soek langtermyn oplossing vir #FeesMustFall’

Regter Jonathan Arthur Heher, voorsitter van die kommissie van ondersoek na universiteitsfooie. Foto: ANA

Regter Jonathan Arthur Heher, voorsitter van die kommissie van ondersoek na universiteitsfooie. Foto: ANA

Die kommissie van ondersoek na universiteitsfooie is op die been gebring om ʼn langtermyn oplossing te vind, nie om die huidige onluste op universiteitskampusse te hanteer nie, het regter Jonathan Arthur Heher Woensdag gesê.

“Dr. Blade Nzimande [die minister van hoër onderwys] het dit duidelik gemaak dat die kommissie op die been gebring is om ʼn langtermyndoelwit te bereik. Dit is nie by magte of versoek om kwessies van onmiddellike belang te ondersoek nie,” het Heher, die voorsitter van die kommissie, aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Heher het gesê slegs die regering is by magte om die huidige uitdagings in die tersiêre onderwyssektor aan te spreek. Hy het gesê die kommissie se ondersoek is in ʼn vroeë stadium.

“Aangesien die kommissie ʼn langtermyndoelwit het, is die voorwaardes van ons kommissie so gestruktureer dat die werklike vraag eers teen die laaste stadiums van die ondersoek beantwoord kan word. Die vraag is, is gratis onderrig uitvoerbaar? Die eerste deel van ons ondersoek was inleidend en ontwerp om ideologiese en beginselkwessies te ondersoek en ʼn begrip te kry van die werklike probleme,” het Heher gesê.

“Ons het baie belanggestel om deelnemers se menings oor gratis onderrig te hoor en indien gratis onderrig ingestel word, hoe ver dit sal strek. Ek moet sê die instellings het graag deelgeneem, maar die studente was minder geneë.”

Heher het gesê hoewel die kommissie nie by magte is om te besluit oor die struktuur van onderwys in Suid-Afrika nie, het deelnemers tot dusver die kommissie aangepor om binne ʼn finansiële konteks te kyk na die herstrukturering van die kollege- en universiteitstelsel.

“Deelnemers meen ons het tans ʼn piramiede-struktuur, waar universiteite op die onderste vlak is, met ʼn baie breër basis van studente en die TVET kolleges bo, met ʼn beperkte studentebasis. Byna almal wat enigiets van onderwys af weet, het aan ons gesê hierdie struktuur sal nie werk nie en is nie in die beste belang van die land nie,” het Heher gesê.

Hy het gesê voorlopige aanduidings is dat die kollege-stelsel vergroot moet word om die fundamentele praktiese vaardighede te bied wat die Suid-Afrikaanse ekonomie so dringend nodig het. Dit sal nie beteken dat universiteite uitgeskuif word nie, maar eerder dat die universiteite na die bokant van die piramide geskuif word sodat daar minder, maar hoogsgekwalifiseerde individue is.

Betogings in protes teen studiegeldverhogings het vandeesweek op kampusse regoor die land vlamgevat, waar talle universiteite se lesings ontwrig is en geweld op die kampusse uitgebreek het. Nzimande het Maandag aangekondig universiteite kan self besluit oor die verhoging van hul klasgeld vir 2017 tot ʼn maksimum van 8%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
popeye

O julle is snaakse narre, rerig….ek lag my gat af….langtermyn, het julle 22 jare gehad. Medium termyn het julle, ummm ook gehad. Korttermyn sien julle, julle gat!

Johann Marx

Dis eenvoudig. Slaag matriek, skryf in by ‘n Universiteit, doen jou plig……en slaag jou kursus. As jy die dag jou graad kry, en al jou eksamens met 75% geslaag het….kan jy al jou geld terug kry…Dit beteken die Universiteit het jou fooie wat hulle kan belê vir 4 of 5 jaar, en dit beteken jy sal op jou boude sit met jou neus in die boeke….en slaag, as jy jou fooie wil terug hê. AL die student wat nou so skree en afbreek oor “No fee education” is ook ALMAL studente wat NIKS deurkom nie!! As alles vir “gratis” is… Lees meer »

Lance

Johann dit is n wonderlike plan wens iemand lees dit en stel dit voor….wow !

Johan Fourie

Johann jy slaan die spyker op die kop,dit is werklik die oplossing.

WitBlits

Gee hulle gratis universiteitsonderrig en die volgende is gratis GRADE omdat hulle op universiteit is!