Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KGG) ondersoek ʼn formele klag teen dr. Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se nasionale woordvoerder, nadat hy na bewering die teistering van ʼn vrouejoernalis verlede week buite ʼn Clicks-winkel verdedig het.
Ndlozi is gekap ná hy in ʼn inskrywing op sy Twitter-rekening geskryf het “om bloot aan haar te raak, is nie teistering nie”.
Dié opmerking is gemaak in die lig van ʼn video op sosiale media waarin ʼn mens kan sien hoe Nobesuthu Hejana, ʼn joernalis by eNCA, verlede Dinsdag deur ʼn groep mans, vermoedelik betogers van die EFF, gestamp word.
Hejana het die betrokke dag verslag gelewer oor een van die betogings buite ʼn Clicks-winkel in Kaapstad ná ʼn omstrede advertensie vir haarprodukte op Clicks se webwerf wat as rassisties teenoor swart mense bestempel is.
Ndlozi het intussen om verskoning gevra vir die omstrede twiet, asook erken dat dit onverantwoordelik was en die indruk wek dat gewelddadige optrede teen vroue aanvaarbaar is.
“Dit was ook kwetsend en het baie mense wat reeds weens geweld gely het, daardie pyn laat herleef,” het Ndlozi in nog ʼn inskrywing geskryf.
Die KGG sê hy neem kennis van Ndlozi se verskoning.
When I wrote: “Merely touching her is not Harassment”
It was an irresponsible tweet, giving license to the violent treatment of women. It was also hurtful & made many who‘v suffered violence relive this pain
I apologize & receive all the robust rebuke you all gave me with love!
— Mbuyiseni Ndlozi (@MbuyiseniNdlozi) September 16, 2020
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Was daar al ooit iets wat die EFF kwytgeraak het wat opbouend en sinvol was….kort-kort kom die werklike sienings van EFF lede na vore en dan moet daar vinnig wal gegooi word. Hou liewer op huigel, die hele land weet hoe verrot julle is.
Wel ek glo nie die knaap ken eers die verskil tussen arrogansie en onnosel nie.
Die rooi petjies toon geen respek vir enige iemand nie, vir wat sal dié een respek hê vir vrouens?
Die ware karakter is glashelder vir almal om te aanskou.
So asof sy verskoning nou sy aanvanklike uitlating kan regstel! Jy kan nie die hoender se vere terugsit nadat jy dit gepluk het nie! Dis hoog tyd dat daar in elk geval konsekwensies is na sulke uitlatings. Klomp mense dink nou geweld teen vrouens is geregverdig deur EFF leierskap. Verskonings kan dit nie verander nie.
Hoekom mors julle julle tyd om daaroor te berig ons weet mos hy gaan niks oorkom nie