‘Kommunisteliga moet EFF keer om universiteite te verwoes’

Blade Nzimande, minister van vervoer en algemene sekretaris van die SAKP (Foto: ANA/Jacques Naude)

Blade Nzimande, minister van vervoer en algemene sekretaris van die SAKP, het Sondag die Jong Kommunisteliga (YCL) versoek om te help keer dat eiendom by tersiêre instansies verwoes word, waarvoor EFF-ondersteuners verantwoordelik is, volgens hom.

Hy het tydens die Moses Mabhida-gedenklesing in Imbali, Pietermaritzburg gesê dis vir hom erg om te sien hoe universiteite afgebrand word, aangesien hy vroeër die minister van hoër opvoeding en opleiding was.

Tydens die 2015/16 #FeesMustFall-veldtog is skade by universiteite bereken op R800 miljoen. Alhoewel die oorspronklike rede vir die betogings eg was, is dit nou oorgeneem deur organisasies met ander agendas, insluitend die EFF.

“Ons weet die EFF doen dit, want hulle weet hulle sal nooit aan bewind wees nie. Progressiewe jong organisasies moet opvoedingsinstansies beskerm en nie saam met ander deelneem om eiendom te verwoes nie. Ek daag die YCL uit om dit te hanteer,” het Nzimande gesê.

Betogings is ʼn grondwetlike reg, maar dissipline is belangrik, aangesien dit ʼn leidende beginsel is in die stryd om vryheid. “Selfs tydens die moeilikste tye onder apartheid was daar nooit soveel verwoesting soos wat ons vandag sien nie, want [voormalige ANC-leier] Oliver Tambo het ons daaraan herinner dat ons een dag aan bewind sal wees en daar is ʼn behoefte daaraan om instansies te bewaar wanneer daar betoog word. Die EFF weet hulle sal nooit aan bewind wees nie.”

Hy het gewaarsku dat faksies daartoe sal lei dat die alliansie tussen die ANC, SAKP, Cosatu en die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco verbreek sal word. “Ideologiese verskille is een ding, maar dit is iets anders wanneer daar gesê word ʼn comrade behoort aan ʼn sekere ander comrade. Hierdie ding begin in die SAKP kop uitsteek, en ons moet dit hanteer.”

Hy versoek dat getroue kiesers die ANC sal bevorder vir die algemene verkiesing op 8 Mei. “Deur die ANC te bevorder gee ons nie aan die party ʼn blanko tjek nie, maar ons dring daarop aan dat die alliansie hervorm moet word,” het Nzimande bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

IK ·

‘Wat jy saai sal jy maai’. Waar is die sg. weermag en polisie??

Speedguard ·

Presies waar hul is………..nerens , hul hande is buitendien afgekap en die oomblik waneer hul optree kerm almal weer oor dit !!!

Edd ·

As die universiteite regtig hul eiendom en studente wou beskerm sou hulle gekeer het dat daar eers proteste op kampus gereel kon word soos die pukke tydens die feesmustfall gemors. Daar is onder die bestuur van universiteite saboteers wat verseker dat hierdie gedrag kan voort gan. Dink net hoekom daar altyd vir ‘n week voor ‘n staking nooit vullis verwydering is nie.

Realis ·

Al hierdie aksies is deel van ‘n fyn uitgerkte plan. Die plan is regdeur Afrika tot die letter gevolg van die vyftiger jare af. Sal ook hier gevolg word. Lees boeke oor hoe die kommuniste oorneem en jy sal sien die spelreëls het nie verander nie, slegs die spelers en die speelveld.

Charlie ·

Can you believe it
SA is the only vountry in the world where the UNEDUCATEDS burn down UNIVERSITIES to get free education

Ai ja jai ·

Die arme ou Blade, hy erken ruiterlik dat sy party en regering magteloos teen die EFF is. Ha ha ha, julle het die hondjie groot gemaak; as hy nou sy eie baas byt moet julle maar plan maak

John ·

Die ANC wil net in mooi klere met hul Porsches en Mercs by partytjies, vergaderings en begrafnisse opdaag… en nou hoop hulle die kommuniste gaan bloot net hul vuilwerk kom doen, maar nie die regering wil oorneem nie. Is dit wat die minister eintlik vra-sè. Dalk ook Eskom kom regruk en Prasa en en en…

Skroef ·

Pas die wet toe soos in die hof beslis n paar jaar gelede. Die organisasie wat die araking geroep het, is verantwoordelik vir die skade wat hulle aanrig. Roep die “EFF” tot verantwoording. Maar julle kan nie, want dit is nie net die Eff nie. Universiteitstudie is n luukse, jynkan dit kry net as jy dit kan bekostig. Waar oo aarde het jy al gesien elke jan rap en sy maat kan aandring op n universiteits graad?

Malmokkie ·

As daar nie daadwerklik teen die stakers opgetree gaan word vir vandalisme en saakbeskadiging nie, gaan dit net erger word. Hulle wil nie/kan nie betaal nie en daarom moet die wat kan en reeds betaal het daar onder ly. Dis bog. Vervolg hulle. Maak dit al duidelik by aansoek dat universiteite nie gratis is nie. Dis of betaal, of gaan daarsonder. Nes enige blanke.

Hansie Slim ·

Niks te sê oor korrupsie. Is dit ok met die sakp?
Interresante alliansie

HPV ·

Nou keer hulle mekaar, dit het 25 jaar geneem om deur te dring dat daar niks meer gaan oorbly om te plunder nie.

BlinkStephaans ·

Ai sterkte met daai een uncle blade… jou jeug en die eff se jeug is beste maatjies op die kampus… en waar sal n eff maatjie nou dat enige ander maatjie hom sê. Julle het elkgeval al die maatjies onder jul dak groot gemaak… so as die ouer nou nie happy is met die kind se gedrag is dit maar net n bewys van sy eie grootmaak metodes wat hom nou in die gat byt.

Andrew ·

Hulle het dit mos “ge-liberate”, nou kan hulle daarmee doen soos hulle geleer is.

Malmokkie ·

As daar nie daadwerklik teen die stakers opgetree gaan word vir vandalisme en saakbeskadiging nie, gaan dit net erger word. Hulle wil nie/kan nie betaal nie en daarom moet die wat kan en reeds betaal het daar onder ly. Dis bog. Vervolg hulle. Maak dit al duidelik by aansoek dat universiteite nie gratis is nie. Dis of betaal, of gaan daarsonder. Nes enige blanke.

HPV ·

Wat mens egter verbaas is dat dekonstruktiewe afbrekers aan die sogenaamde “demokratiese” verkiesing mag deelneem, terwyl ander mense se demokratiese regte daagliks vertrap word tydens hul betogings wat in ‘n geplunder ontaard. Paaie word toegemaak, eiendom beskadig en landburgers word hul regte ontneem. Dit is selfs komies hoe derde wêrelde gereeld moet herhinder dat hulle demokrasië is want dit word is op geen manier geleef of beleef nie.

zeno ·

Die “regering” moes nooit betogings gewettig het nie. Nou saai hulle wat hulle gemaai het.

gatiep ·

Ek het meer respek vir die EFF as die DA.
Ons weet waar ons staan met hulle.Pasop vir die vyand wat jy dink is n vriend en hy draai teen jou Jy gaan nie voorberei wees vir dit nie.

HPV ·

Gatiep, gevaarlike stelling, die DA het nog nooit aangehits afgebreek, geplunder of mense hul demokratiese regte ontsê nie. Die DA is opbouers en die eff is dekonstruktiewe afbrekers.

Dries du Toit ·

Jaaa Blade julle het die leeu uit die hok laat kom omdat julle gedink het hy is mak. Nou wil julle hom terug hê in die hok. Nou wil die ding julle byt

PieterJohannes ·

Hallo Blade! Tydens Apartheid was julle nie toegelaat om te vernietig nie. Daar was ‘n goeie Weermag en Polisie mag wat julle in toom gehou het. Nou wil julle stemme werf ten koste van! Julle dink dit sal vanself weggaan. Sorry it aint gonna happen.

Sinies ·

HETN het dit reeds verwoes en hulle betaling by Liberale Amerikaanse universiteite gekry
.
Let maar op, telkens net voor of net na vernietigende aksies op universiteite word van die akademiese belhamels vir n kort betaling sessie genooi na Brits/Amerikaanse universiteite toe.
.
Hul dien hul eie sakke, niks meer nie, niks minder nie.

Alida ·

Julle bly dan hand om die blaas met die EFF. Moenie kla nie.

Hanna Hoekom ·

En nou moet die kommuniste die situasie red? Liewe hemel, is dit nou nie n bleddie grap nie? Die kriminele WIL nie swot nie. Hulle wil maar net op die staat se onkoste n paar jaar leegle… Hoop die Universiteit van Limpopo het darem nou sy kroeg gekry!

Gert van Wierdapark ·

Skerp boodskap oom Blade! Vat die Belhamels vas en maak hul deel van die Alliansie se kou-kus = soen van die begin van die einde! He-he-he!!!

Schalk ·

Asseblief dis julle ondersteuners wat dit doen.Pasop as die gematigdes begin hier sal niks oorbly nie.Julle saam met Cosatu en ANC het die kultuur gevestig betoog toi toi afbrand moenie nou huil nie wie van julle as leiers het nie nog erger dinge aangevang en doen nog steeds mee nie..Nee Blade eet jul gemors julle het dit begin jammee dat onskuldige mense moet lei.Asseblief moenie so skynheilig wees nie.

Schalk ·

Kan iemand help wie het die kultuur begin van afbreek betoog en wanorde ?Dink amper dis juis die huidige regeerdes en hul voorsate.Die kultuur is gevestig.PUNT.Julle het jul uitstekend van jul taak gekwyt veels geluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.