Komplikasies ná Maharaj geopereer word

Mac Maharaj. Foto: Flickr/GovernmentZA

Mac Maharaj. Foto: Flickr/GovernmentZA

President Jacob Zuma het Woensdag beterskapwense aan sy voormalige adviseur en woordvoerder, Mac Maharaj, gestuur nadat komplikasies ontstaan het ná Maharaj ʼn operasie vir longkanker ondergaan het.

Maharaj is Donderdag in ʼn Durbanse hospitaal opgeneem. Die presidensie het gesê die operasie was suksesvol, maar komplikasies het ontstaan in die “omstandighede na die operasie”. ʼn Span dokters en personeel het ingespring om Maharaj te stabiliseer.

“Ons wens hierdie veteraan van die struggle beterskap toe terwyl hy hierdie nuwe stryd in sy lewe moet stry,” het Zuma in ʼn verklaring gesê. “Ons wens hom sterkte en ʼn spoedige herstel toe. Ons gedagtes en gebede is by hom en sy familie.”

Die presidensie het gesê nuwe inligting oor Maharaj se toestand sal slegs gedeel word wanneer daar beduidende verandering is.

ʼn Paar dae voor sy operasie het Maharaj by die publiek gepleit om hom tyd te gee om te herstel voor hy verdere antwoorde oor sy gesondheid sal beantwoord. ʼn Bron naby aan die Maharaj-familie het vroeër gesê hy is in ʼn vroeë stadium van longkanker en sal ʼn operasie en behandeling ondergaan.

Die presidensie het Woensdag namens die Maharaj-familie aan die publiek en media bedank vir hul ondersteuning en gevra vir “maksimum privaatheid”.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ras gebaseerde diskriminasie ·

Hy het amper in sy eie leuns verstik toe ‘n Auatraliese verslaggewer hom uitgevra het oor die rassistiese basis van regstellende aksie. Dit was toe die verkeerde vrae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.