Komplot om boer te vermoor: ‘Middelman’ vasgetrek

plaas-noordwes

Argieffoto: Johni Edwards

ʼn 35-jarige man is in hegtenis geneem weens sy rol in ʼn beweerde beplande moord op ʼn boer van Mpumalanga.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die man, Sunboy Sibande, is Donderdag in hegtenis geneem en was glo die middelman in die beweerde komplot.

“Die verdagte het Vrydag in die Bethal-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering tot moord. Hy is op waarskuwing vrygelaat op voorwaarde dat hy weer op 27 Februarie in die hof verskyn, hangende nadere ondersoek in die saak,” het Sekgotodi gesê.

Volgens Sekgotodi was Sibande glo die bemiddelaar tussen drie verdagtes wat reeds in aanhouding is. Hy is glo deur die hoofverdagte gehuur om ʼn huurmoordenaar te vind en is verder R60 000 gegee om die huurmoordenaar te betaal. Dit is nog nie duidelik watter rolle die onderskeie verdagtes in die beweerde komplot gespeel het nie. Die boer se identiteit word beskerm.

Intussen het die drie verdagtes, Bonginkosi Excellent Mnisi (33), Dumisani Sambo (46) en Nomalanga Khumalo (49), Donderdag in die Bethal-landdroshof verskyn. Die saak is tot 27 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek en gaan dan saam met Sibande in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig vyf verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem. Hulle het op die boer se plaas in die Bethal-omgewing gewoon. Die boer het hulle later versoek om die plaas te verlaat, maar die verdagtes het geweier. ʼn Hofbevel is later teen hulle uitgereik om hulle te verwyder.

Sekgotodi het vroeër gesê die verdagtes het glo in 2016 beplan om die boer te vermoor. Die boer het hiervan te hore gekom en ʼn klag by die polisie ingedien, waarna hulle in hegtenis geneem is.

Die vyf, vier mans en ʼn vrou, het in Januarie vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklag van sameswering tot moord. Die aanklagte is teen twee van die mans teruggetrek en hulle is vrygelaat.

Mnisi, Sambo en Khumalo het almal om borgtog aansoek gedoen. Mnisi is borgtog geweier. Sambo en Khumalo is borgtog van onderskeidelik R10 000 en R30 000 toegestaan, maar kon sedertdien nie die bedrae betaal nie en bly dus steeds in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Wil ook weet ·

Ek is seker dis nie hulle geld nie. Verseker n groep wat dit borg

AL ·

Baie goeie vraag. Die aanvalle loop dieper as wat die blote oog kan sien.

ertjie ·

Dit was my eerste gedagte ook! Wie is die hoofverdagte? Ek vermoed al vir baie lank dat daar staatsbetrokkenheid by baie plaasmoorde is via intelligensie agentskape. Dis net n kwessie van tyd voor hierdie koverte aksies onthul word.

LMF ·

Nou ja wie sit hier agter eff of anc iemand moes hul bevonds en sekerlik n opvolg van plaas vat en walla geen oes meer verder

AL ·

Baie goeie werk van die Valke. Dis goed dat reg en geregtigheid geskied.

Willem ·

Kyk die laaste foto die een smile ………. eish im famous now
Heel moontlik eff wat die vond dishoekom daar so aangegaan word oor zuma se geld sake sodat die lyg nie op hulle val ni

AL ·

Ja hy lyk soos iemand wat n goeie lewe lei, definitief politieke verbintenis!

AL ·

Wat van n sg ‘rogue unit’ binne die ANC wat afgedelegeer word? Ons weet dat plaasmoorde in die vroee 90’s begin het. Daar is immers al gesing “Kill the boer, kill the farmer” van vroee tyd af.

Annie ·

Hoekom word borg toegestaan .. laat hulle sit en ook die name gee wie agter alles sit

Landi Maree ·

As hy dan gevang is as middelman is hy mos aandadig aan moord n beplanning kan hierdie korrupte regering gladni verstaan

Waarheid ·

Eerste belangrike ondersoek wat GN kan vasbyt soos bulhond en NIÉ LOS voor alles oop gevlek en uitgewis is …. Skepper van alle lewende wesens beskerm asb. U kinders. Dankie

gatiep ·

Ek het heeltyd tyd gedink daar is n orgenisasie wat mense betaal om die plaasmoorde te doen.
Baie snaaks daai man is weer laat gaan en net waarskuwing gegee?Die hele storie gaan seker net weer verdwyn want ek kan sien dis magtige mense wat agter hom sit.
Dis hoekom hulle hom nie in tronk kon sit nie.

Justice ·

Met die meeste van die moordkomplot bende wat nou borgtog toegestaan is – het die agbare hof enigsins die betrokke plaas boer se reg op menseregte en veiligheid ook in ag geneem deur vir hom 24 uur per dag polisie beskerming op sy plaas te voorsien ?

Barend ·

Daar is al ‘n ruk lank ‘n vermoede dat “Dept of land reform and distribution” agter plaasaanvalle lê. Hoekom dink jy sê Zuma willing buyer, willing seller se model werk nie. Ons moet onthou Zuma was intelegensie gewees, sekere sleutel woorde of sinne word gebruik om opdragte te gee. Dis soos die woord ” “Racist” hulle sê nie blankes nie hulle sê the racists.

vermeende ·

Alle moorde in die land word beplan ander was dit manslag, dis net die media wat glo n moord gebeur perongeluk.

Pop ·

Natuurlik word daar befonds. Maar een van die dae gaan hulle net n bord kos kry. Want dis iets wat baie skaars raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.