Kondome op verkragtingstoneel gevind

Argieffoto

Argieffoto

Twee gebruikte kondome is op die toneel waar ‘n 18-jarige man glo ‘n 14-jarige meisie verkrag het gevind, het die Nelspruit-streekshof in Mpumalanga Vrydag gehoor.

“Nadat ek op 13 April verlede jaar deur die slagoffer na die misdaadtoneel gelei is, het ons rooi onderklere gevind en soos ons verder geloop het, het ons twee gebruikte kondome en skoene gevind,” het konst. Thuli Zitha, ‘n beampte van die Barberton-polisiestasie, getuig.

Johnson Hlabathi Mkhonto, die beskuldigde, is in April verlede jaar in hegtenis geneem nadat die meisie die beweerde verkragting aangemeld het. Mkhonto het onskuldig gepleit op die aanklagte.

“Die slagoffer sê die beskuldigde het ‘n kondoom gebruik toe hy haar verkrag het. Sy het gesê die onderklere en skoene behoort aan haar,” het Zitha getuig.

“Ek het die items as bewysstukke versamel en dit in ‘n kluis by die polisiestasie gebêre. Ek het dit later in ‘n forensiese sak gesit en dit aan sers. Nkentshane gegee om na die laboratorium te neem vir toetse.”

‘n Ander getuie, wat se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm, het getuig dat die slagoffer se klere vuil was toe sy by haar huis opgedaag het. “Toe ek haar gevra het wat is fout het sy begin huil. Sy het gesê haar vriendin se kêrel het haar verkrag nadat hy deur sy meisie aangemoedig is.”

Henry Mabaso, Mkhonto se regsverteenwoordiger, het gesê hulle betwis nie die uitslag van die DNS-toetse nie. “Ons betwis nie die DNS nie en is van plan om enige getuies van die forensiese laboratorium te roep om te getuig. My instruksie is dat my kliënt van plan is om vyf getuies in sy verdediging te roep.”

Landdros Willie Wilkins het die saak tot 24 Junie uitgestel. Mkhonto is vroeër in die sorg van sy ouers vrygelaat. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

n Mens word mislik as jy deesdae die nuus lees. Daagliks is dit moord, korupsie, kapings,n heen en weer skietery, onwettige wapenbesit, seksiele wanpraktyke en dwelmhandel en nog meer waarby staatsamptenare dikwels betrokke is. Die reen-boognasie waarvoor goedgelowige blindes gestem het,
en wat met n tong in die kies besing word, lyk al meer na n smerige varkhok. Jy kan jou goed indink wat die internasionle beeld van ons is. Ons is in verleendheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.