Konferensie oor oorsaak van Lily-mynramp afgestel

OPVOLG: Solidariteit het Donderdag met die departement van minerale hulpbronne en die bestuur van die Lily-myn vergader. Lees gerus die opvolgberig.

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

ʼn Mediakonferensie waartydens die vakbond Solidariteit Donderdag na verwagting hoogs vertroulike inligting oor die oorsaak van die ineenstorting by die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, in Februarie sou onthul, is laat Woensdagaand afgestel.

Die vakbond het onverwags ʼn verklaring uitgereik om die media in te lig dat die konferensie nie meer sal voortgaan nie, aangesien die mynbestuur en departement van minerale hulpbronne Solidariteit glo versoek het om ʼn privaat gesprek rakende die inligting waaroor Solidariteit beskik, te voer. Solidariteit het gesê hy sal Donderdag ʼn mediaverklaring uitreik met meer besonderhede oor die gesprek met die mynbestuur en departement van minerale hulpbronne.

Maroela Media het vroeër berig Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het Woensdag gesê die vakbond het die inligting, wat glo bestaan uit verklarings van mynwerkers en ander sleutelrolspelers, op ʼn betroubare wyse bekom en het besluit om dit openbaar te maak. Du Plessis het aanvanklik Woensdag gesê die vakbond sal hom nie steur aan die myn se dreigemente van regstappe nie, aangesien die waarheid soos dit tot die vakbond se beskikking is, ontbloot moet word.

Drie mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda, is in ʼn skeepshouer onder die grond vasgekeer toe ʼn gedeelte van die Lily-myn op 5 Februarie ineengestort het. Nog twee ineenstortings by ander dele van die myn het kort daarna gevolg. Reddingspanne het sedertdien probeer om by die skeepshouer uit te kom, maar was tot dusver onsuksesvol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Spioen ·

Maar nou hoekom dit dan nie blootstel nie, as dit dan die waarheid is? Ek het geweet dit sal gekanseleer word.

Juran ·

Beste Spioen. Baie dankie vir jou boodskap. Solidariteit was sedert gister in gesprekke met die topbestuur van die myn en ook met die departement minerale hulpbronne. Solidariteit sal vanoggend nog ‘n verklaring rakende die gesprekke uitreik. Twee dinge is nou van kardinale belang: 1. Die menslike belang is belangrik om die vasgekeerde mynwerkers uit die myn te kry en die 2. werknemers en hulle gesinne se werk op die oomblik te beskerm. Dit terwyl die geregtelike ondersoek sal plaasvind.

Juran van den Heever
(nms. Solidariteit)

vierkleur ·

Sal daar dalk nou omkoop geld betrokke raak om stil te bly oor die hele vinding?

Juran ·

Beste vierkleur. Baie dankie vir jou boodskap. Solidariteit was sedert gister in gesprekke met die topbestuur van die myn en ook met die departement minerale hulpbronne. Ons kan jou verseker dat daar geen omkoopgeld betrokke is nie. Solidariteit sal vanoggend nog ‘n verklaring rakende die gesprekke uitreik. Twee dinge is nou van kardinale belang: 1. Die menslike belang is belangrik om die vasgekeerde mynwerkers uit die myn te kry en die 2. werknemers en hulle gesinne se werk op die oomblik te beskerm. Dit terwyl die geregtelike ondersoek sal plaasvind.

Juran van den Heever
(nms. Solidariteit)

Gesiggie ·

Hoekom die waarheid wegsteek? maybe te bang nog meer geld word van Familie gevra? agv die oorsaak dat die 3 mense vasgekeer is.. dit is vir my so wreed om te dink, dat daai 3 mense ondergrond begrawe moet bly? todat iemand n plan kan uitdink, hoe en wat die beste is.. om by hul uit te kom… daai gedeelte het mons nou klaar ingeval? ek is nie n beter wetende mens” maar is daar geen manier? nou nog wag tot Augustus? sjoe wil nie eers daaraan dink” hoop die waarheid kom uit”’

Juran ·

Beste Gesiggie. Baie dankie vir jou boodskap. Solidariteit was sedert gister in gesprekke met die topbestuur van die myn en ook met die departement minerale hulpbronne. Solidariteit sal vanoggend nog ‘n verklaring rakende die gesprekke uitreik. Twee dinge is nou van kardinale belang: 1. Die menslike belang is belangrik om die vasgekeerde mynwerkers uit die myn te kry en die 2. werknemers en hulle gesinne se werk op die oomblik te beskerm. Dit terwyl die geregtelike ondersoek sal plaasvind.

Juran van den Heever
(nms. Solidariteit)

Conrad ·

..sien maar my kommentaar op gister se artikel…..dis nie dat daar nie streng wetgewing is oor myn veiligheid nie…maar waar is die werklike aanspreeklikheid wanneer daar lewensverlies is…waar is julle strewe om die waarheid te laat uitkom nou….solidariteit?..

Juran ·

Beste Conrad. Baie dankie vir jou boodskap. Solidariteit was sedert gister in gesprekke met die topbestuur van die myn en ook met die departement minerale hulpbronne. Dit is belangrik dat die waarheid moet uitkom, maar nie ten koste van werknemers en hulle gesinne nie. Solidariteit sal vanoggend nog ‘n verklaring rakende die gesprekke uitreik. Twee dinge is nou van kardinale belang: 1. Die menslike belang is belangrik om die vasgekeerde mynwerkers uit die myn te kry en die 2. werknemers en hulle gesinne se werk op die oomblik te beskerm. Dit terwyl die geregtelike ondersoek sal plaasvind. Hierdie ondersoek , waar die waarheid sal uitkom, sal die myn kans gee om aandag aan die bogenoemde kwessies te gee. Lekker dag verder.

Juran van den Heever
(nms. Solidariteit)

Andrè Du Plessis ·

Jip, money talks, en dit is so tipies van ons unies, as daar geld praat luister hulle

Juran ·

Beste André. Dankie vir jou boodskap. Solidariteit kan jou verseker dat hier nie geld betrokke is nie, maar dat die menslike belang wel hoog geag word. Solidariteit was sedert gister in gesprekke met die topbestuur van die myn en ook met die departement minerale hulpbronne. Solidariteit sal vanoggend nog ‘n verklaring rakende die gesprekke uitreik. Twee dinge is nou van kardinale belang: 1. Die menslike belang is belangrik om die vasgekeerde mynwerkers uit die myn te kry en die 2. werknemers en hulle gesinne se werk op die oomblik te beskerm. Dit terwyl die geregtelike ondersoek sal plaasvind. Lekker dag verder

Juran van den Heever
(nms. Solidariteit)

Faan ·

Weereens; Benoude katte maak benoude spronge. Solidariteit waar staan julle werklik?
Ek stem met baie van gister se komentaar saam dat Myn Bestuur hewige druk het mbt myn veiligheid en die verantwoordelikhede wat daarmee saam gaan. Wat egter ook waar is en wat “soms” meer krag dra is die druk van die eienaars / aandeelhouers om dividend op die insette te lewer. “Jy / julle moet volgens die wet werk maar maak n plan ons het die produksie nodig”
Ons het dit ook in die “Bosoorlog” gesien waar Ministers en Generaals na die tyd apaties gestaan het in koverte operasies
Daar is n slang in die gras…..soek hom

Juran ·

Beste Faan. Baie dankie vir jou boodskap. Solidariteit was sedert gister in gesprekke met die topbestuur van die myn en ook met die departement minerale hulpbronne. Solidariteit sal vanoggend nog ‘n verklaring rakende die gesprekke uitreik. Twee dinge is nou van kardinale belang: 1. Die menslike belang is belangrik om die vasgekeerde mynwerkers uit die myn te kry en die 2. werknemers en hulle gesinne se werk op die oomblik te beskerm. Dit terwyl die geregtelike ondersoek sal plaasvind.

Juran van den Heever
(nms. Solidariteit)

Gesiggie ·

Beste Juran, baie dankie vir jou terug voering, nie net aan my maar aan almal wat vrae stel.. ek stem saam dit is in die meslikke belang is belangrik om hierdie mense so gou moontlik uit te kry? en ja verstaan dit ook ten spyte van die Mynwerkers.. Glo dat Solidariteit die beste sal doen. Ons hoop vir goeie nuus, ek dink almal raak nou al moeg vir die berig?? Kry die mense net daar uit”’

Tazz ·

Hulle (Solidariteit) het dan gister middag voor 5 op Radio Pretoria ‘n Gesprek gehad oor dit en sekere dinge is reeds gese op die radio van die voorval.

Juran ·

Beste Tazz. Dankie vir jou boodskap. PretoriaFM het met die woordvoerder gesels en berig alvorens die besluit geneem is om die inligting as vertroulik te hanteer aangesien dit noodsaaklik is ten opsigte van die ondersoek. Ons sal die vertroulike inligting rakende die oorsaak van die ramp wat tans in ons besit is tydens die ondersoek bekendmaak. Lekker dag verder. Juran (nms Solidariteit)

Safety ·

Juran
Ek is ook op n Myn gelee en verstaan dis beter om die selfde boodskap te tik. Wonder net is die werkers nog lewendig. (Twyfel) waneer laas was daar kontak gemaak met die werkers? Die DMR is betrokke hkm het hul nog nie n oplossing gevind om die mense te recover saam myn bestuur nie. Is dit n koste kwessie want daar is reddings produkte in die wereld om sulke mense te red of het die myn weer n koste probleem gehad om die werkers te red dan my vraag: kan n persoon geld koppel aan n lewe. Hkm het die rock engineers nie die krake opgetel en die ground movement nie.

vollie ·

Werkers kan meer gered word nie. Te lank sonder water en kos en suurstof.

Spioen ·

Beste Juran,
Jou boodskap beteken absoluut niks. Jy copy en paste seker elke woord behalwe die naam. Die mynwerkers is al teen die tyd al oorlede. Maar julle het gebrul soos ‘n leeu en nou is dit net stil. Ja ek dink daar is ‘n slang in die gras. Julle sal NIE se wat werklik daar gebeur het nie. Want die vertroubare bronne was dalk nie so vertroubaar nie….hmmmm

Juran ·

Beste Spioen. http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/lily-myn-solidariteit-vergader-met-mynbestuur/ Lees gerus die nuutste berig geplaas op Maroela Media. dit verduidelik die omvang. Ons het besluit om die inligting eers as vertroulik te hanteer aangesien dit noodsaaklik is ten opsigte van die ondersoek. Op die oomblik is die veiligheid van ons lede en die werknemers eerste prioriteit. Ons besit nogsteeds die vertroulike inligting, en SAL dit alles tydens die ondersoek bekendmaak en beskikbaar stel. Lekker dag verder.

Spioen ·

Beste Juran,
Jou boodskap beteken absoluut niks. Jy copy en paste seker elke woord behalwe die naam. Die mynwerkers is al teen die tyd al oorlede. Maar julle het gebrul soos ‘n leeu en nou is dit net stil. Ja ek dink daar is ‘n slang in die gras. Julle sal NIE se wat werklik daar gebeur het nie. Want die bertroubare bronne was dalk nie so bertroubaar nie….hmmmm

Tiger ·

Gesiggie weet duidelik NIE wat ‘n myn is nie.Sy sal beter verstaan as sy eenmaal ondergrond geneem is .Die Eerste en enigste maal wat ek saam met ‘n groep dames en my man en ander myn amptenare ondergrond was was ek amper dood!Nooit weer nie dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.