Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag met die tragiese gebeure wat besig is om in die Midde-Ooste af te speel die dringende behoefte aan solidariteit, verdraagsaamheid en gesprek beklemtoon.
Hy sê dit is nou al meer as ʼn maand sedert die Hamas-aanval op Israel – wat ʼn verskriklike spiraal van geweld ontketen het – en dat burgerlikes die ergste hierdeur geraak word.
“Volgens owerhede is meer as 1 200 mense dood toe Hamas Israel op 7 Oktober aangeval het. Meer as 11 000 Palestyne is intussen in Gaza dood in Israeliese bomaanvalle, en meer as 60% van die oorledenes is glo vroue en kinders.
“Terwyl die oorlog in Gaza voortduur is daar pro-Palestynse betogings regoor die wêreld, sowel as diegene wat solidariteit met Israel uitgespreek het. Daar was ʼn aantal soortgelyke geleenthede in ons eie land gereël deur burgerlike organisasies, politieke partye en godsdienstige groeperings,” sê Ramaphosa.
Hy meen wat in Israel, Gaza en die Wesoewer gebeur, maak sterk emosies wakker en dat Suid-Afrikaners hulle daarvan moet weerhou dat dit konflik in hul eie land veroorsaak.
“Vir sommige het die moord op Israeli’s en die ontvoering van gyselaars op 7 Oktober die sentiment beklemtoon dat Israel die reg het om enige middel tot sy beskikking te gebruik om homself te verdedig. Terselfdertyd is daar ander wat die kollektiewe straf van die mense van Gaza deur die Israeliese regering as ʼn oorlogsmisdaad beskou.”
Hy sê die konflik tussen Israel en die Palestyne was lank reeds “ʼn polariserende konflik wat verdeeldheid in samelewings en gemeenskappe – veel verder as die Midde-Ooste – verdiep het”.
“Hoe sterk ons sienings ook al oor hierdie saak is, moet ons nie toelaat dat hierdie konflik verdeeldheid in Suid-Afrika bring nie.”
Ramaphosa sê die polisie moes verlede week in ʼn konfrontasie tussen pro-Israel en pro-Palestynse ondersteuners tydens ʼn betoging in Kaapstad ingryp.
“Ons Grondwet beskerm elkeen se reg op vryheid van mening en uitdrukking, op vryheid van assosiasie en op vryheid om te demonstreer. Dit vereis ook dat alle betogings vreedsaam moet wees en dat vryheid van uitdrukking nie uitsprake insluit wat gebaseer is op haat ten opsigte van ras, etnisiteit, geslag of godsdiens of lei tot aanhitsing tot geweld of om skade te berokken nie.”
Die president sê daar is geen plek in Suid-Afrika vir geweld of dreigemente van geweld teen diegene wat teenstrydige standpunte huldig nie.
“Daar is ook geen plek vir enige vorm van vooroordeel, rassisme of chauvinisme nie.
“So tragies soos die Israel-Palestina-kwessie vir baie van ons burgers mag wees, veral gegewe ons eie geskiedenis van diskriminasie en onderdrukking, moet ons nie toelaat dat dit verdeeldheid tussen ons bring nie.
“Ons is ʼn land wat trots is op sy verdraagsaamheid en respek,” sê Ramaphosa.
Hy meen opeenvolgende demokratiese administrasies het die grondwetlike regte van alle individue en groepe in hierdie land gehandhaaf.
“Ons het hierdie regte afgedwing deur ons howe, insluitend die gelykheidshof, en deur instellings soos die Menseregtekommissie (MRK), die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kulturele, godsdiens- en taalgemeenskappe, en nog ander.
“Dit was dus teleurstellend om ʼn artikel in ʼn vooraanstaande Israeliese koerant te lees deur ʼn verteenwoordiger van ʼn plaaslike Joodse organisasie wat daarop dui dat ons regering ‘pogroms’ teen die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap aanmoedig.
“Dit het nog nooit in die geskiedenis van demokratiese Suid-Afrika gebeur nie, en dit sal ook nooit toegelaat word om te gebeur nie,” sê Ramaphosa.
“As ʼn regering en as ʼn volk staan ons vas in ons oproep vir geregtigheid vir die onderdrukte Palestynse volk, dat hul regte en aspirasies aandag sal geniet, vir die onmiddellike staking van vyandelikhede, en dat daar aanspreeklikheid moet wees vir die betreurenswaardige moorde op burgerlikes. Ons hou vol dat vrede nie moontlik sal wees totdat die Palestyne vry is nie.”
Ramaphosa meen steun vir die Palestynse stryd kan nie gelykgestel word aan anti-Semitisme nie.
“Daar is geen plek in ons samelewing vir anti-Semitisme nie, net soos daar in ons land geen plek is vir vooroordeel wat teen enige individu of gemeenskap gerig is op grond van ras, godsdiens, geloof, politieke siening of seksuele oriëntasie nie.
“In ʼn vrye en demokratiese samelewing soos ons s’n, waar uiteenlopende sienings deur die wet gerespekteer en beskerm word, sal ons voortgaan om almal se reg te handhaaf om vreedsaam te bepleit en te demonstreer, of dit nou pro-Israel of pro-Palestyn is,” sê Ramaphosa.
Hy sê as ʼn volk met sy eie pynlike geskiedenis van diskriminasie, rassisme en vooroordeel, moet die land sy persoonlike plig onthou om verdraagsaam en respekvol teenoor ander te wees.
“Kom ons bevorder gesprek en betekenisvolle betrokkenheid sodat ons, as Suid-Afrikaners, kan saamwerk om die verwesenliking van regverdige, vreedsame en veilige toekoms vir die mense van Palestina én Israel te steun.”
Hoekom dink jy sal dit nie verdeeldheid bring nie? Die cANCer bring verdeeldheid en hulle ondersteun Palestina. Maak maar net die somme.
Gesplete tong…..
Mnr. Ramaphosa voetwerk is goed maar ek dink nie hy bluf enige iemand nie.
Hulle vergeet dat hulle klaar kant gekies het. Dat Gasa Israel se grond is en dat die Palesteine nog steeds vuurpyle op Israel afvuur.
Waarheid praat is vir hom totaal onmoontlik
Sê die een wat Israel van oorlogsmisdade aankla? En jou mede kamerade HAMAS? Of is wat hulle dien dieswldde as wat jy en jou ANC gesoen het wn steeds doen? SAis ‘n hel hool van geweld en jy spreek wêreld vrede?
Dan moet jy nie jou neus oral indruk waar dit nie hoort nie en ook nie namens almal praat nie! Hou net n slag op om so baie twak kwyt te raak!
Indien hy sy werk deeglik doen, sal hy dalk, soos ouder-gewoonte, moontlik en miskien , kan konseptualiseer dat SA tans baie naby aan totale
ineenstorting , chaos en totale inploffing is. Hierdie land is, in geheel, nou onderwerp aan totale ondergang.
Hartseer-verskeurend … !!!!
Vanoggend na n onderhoud geluister waar die onderhoudvoerder vir die persoon vra hoeveel van die 11000 vrouens, kinders (kind is volgens hulle statistieke onder 18 jaar) en bejaardes wat die Palestyne beweer deur die Israeliese magte vermoor is, is deel van die Hamas soldate want daar is bewys dat vrouens, kinders onder 18 en bejaardes wel as soldate aangewend word. Hulle moet daardie getal aftrek van die sogenaamde “gewone burgers” wat volgens hulle dood is, want dan lyk die getal heeltemal anders.
Dalk moet die ANC se president eers sy balk uit sy oog haal. Daagliks word wit mense in Suid Afrika vermoor deur sy ANC mense. Dis ook net so erg as wat in Israel gebeur
Mr Cyril. Daar is n oorlog in jou agtererf hier in SA wat die plaas mense insluit. Hou op rond rits en ander lande te hulpe snel aangaande hulle oorloe wanneer jou eie huis verdeeld is.
Wat van plaasmoorde Mnr die president? Dalk is jy stiksiende of blind, maar daar heers ñ lae intensiteit oorlog in SA. Die crooks is besig om die goeie ouens te wen Mnr die president en jy bly volhard met ñ onbevoegde en onbekwame Minister? Tyd om te ontwaak uit jou diepe slaap!
n Goeie toespraak, wat ek ondersteun. Net een ding: daar was ook nie pogroms voor “demokratiese SA” nie; wel ongelukkigheid in die 1930’s, maar dit was ook oor grond: boere het hul grond verloor nadat Joodse handelaars roekeloos krediet toegestaan het. Jan Smuts het toe immigrasie tydelik gestaak.
Jy sit die pot mis as jy dink dis die rede vir verdeeldheid.
Die agbare president moet liewer stilbly en sy beeste gaan tel want hy praat snert.
Die ANC veroorsaak die konflik. Met sy groot neus wat hy heeltyd in ander lande se besigheid druk.
Suid-Afrika het ‘n demokratiese Grondwet wat deur verskeie westese lande as van die beste beskou. Die uitdaging is die toepassing daarvan. Ons weet hoe daar teen blankes gediskremineer word. Is dit nie rassisties nie? Hoe word Afrikaans gediskrediteer? Is dit grondwetlik? Hoeveel jeugdiges sit sonder sonder werk terwyl honderde in die soustrein ry?
Nee “President ” Cyril , blaam vir alles is mos “apartheid ” se skuld. Infrastrukture wat ineen stort. Inflasie wat veral die armer en gemiddelde inkomste groepe, die meeste raak.
Meneer die president blaas nou vure dood omdat hy seker agtergekom het dat die regering se eensydige ondersteuning ekonomiese gevolge het. Te laat ou knaap. Ons het nie jou prekies nodig nie.
N Vriend van Hamas is my vyand. Ek gee nie om wat jy se nie jy praat nie namens my nie!
“ONS” hoeveel onse is in jou pond cr? Jy praat namens cANCer nie namens my nie! Hamas moet blameer word, hulle het eerste aangeval!
En hier praat ou Cyril alweer. Is nie midde-Ooste wat verdeelheid bring, maar die ANC!
President jy praat met 2 harte. Daar is reeds verdeeldheid. Daar is ook niemend wat so blind en doof is soos die ANC. Moenie internasionaal namens my praat nie want ek stem nie saam met jou nie. Tyd gelede wou julle die IS verlaat, nou is julle pellie pellie met hulle. Nee man, kom reg en bestuur die land in plaas van om politiek te bedryf wat siek is.
.Ramaphosa jy en jou kaders leef, woon, eet en ry in weelde terwyl jou mense steeds in armoede krepeer. Mens noem dit die Afrika despoot manier van leef en regeer! Driekwart van internasionale beleggings en skenkings en plaaslik betaalde belasting word wanaangewend of beland in diepsakke. Dit verdeel ‘n land se bevolking. Feit!