Konfrontasie het “geen invloed” op Oscar se saak

Oscar Pistorius op die vyfde dag van sy moordverhoor, 7 Maart 2014 Foto: Theana Breugem/Media24/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op die vyfde dag van sy moordverhoor, 7 Maart 2014 Foto: Theana Breugem/Media24/Pool (SAPA)

Die hoofspeurder in die Oscar Pistorius-moordverhoor het Dinsdag gesê ʼn beweerde konfrontasie by ʼn nagklub in Johannesburg het geen invloed op die saak nie.

“Daar is geen klag gelê nie, so ons ondersoek nie tans enige saak nie,” het Vineshkumar Moonoo gesê. “Dit het geen invloed op sy hofsaak nie.”

Volgens Anneliese Burgess, woordvoerder vir die Pistorius-familie, was die atleet by die BBP-afdeling van ʼn nagklub in Sandton toe ʼn man hom genader het en glo op ʼn aggressiewe wyse oor die verhoor uitgevra het. Klik hier om meer te lees.

Pistorius word van moord beskuldig nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos deur ʼn geslote toiletdeur doodgeskiet het. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Die slotbetoë word in Augustus aangehoor.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Ja sien (daardie) vark genaamd Jared dink hy kan ‘n 2 beenlose man aanval hy moet na my toe kom wat 60 jaar oud is dan sal ek hom wys wat ‘n 60 jarige man kan want hy kruip agter Zuma en sy korupte trawante die BLOODY aap

Anoniem ·

The rope is out. Hang him high. Kom ons hoop en glo die waarheid sal seevier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.