Kongres teen rassisme kom

Minister Nathi Mthethwa. Foto: GCIS/Flickr/GovernmentZA

Minister Nathi Mthethwa. Foto: GCIS/Flickr/GovernmentZA

ʼn Breë nasionale nasiebou-, maatskaplike samehorigheid- en teenrassismekongres word vir 1 Februarie in Johannesburg beplan.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het die week met “voorstanders van maatskaplike samehorigheid” vergader oor maniere waarop die land nasiebou en maatskaplike samehorigheid kan versterk en rassisme kan uitroei.

“Die voorstanders van maatskaplike samehorigheid is ʼn groep vooraanstaande Suid-Afrikaners wat ʼn prominente rol in nasiebou en maatskaplike samehorigheid speel. Die gesprek het ten doel gehad om op ʼn pad vorentoe te besluit vir die ontwikkeling van sektorale en nasionale planne om maatskaplike samehorigheid te verbeter, rassisme teen te staan en diskriminasie in Suid-Afrika uit te wis,” het Mthethwa gesê.

Volgens Mthethwa moet Suid-Afrikaners stelling inneem teen rassisme deur ʼn nasionale diskoers teen rassisme te bevorder.

Regter Yvonne Mokgoro, een van die voorstanders van maatskaplike samehorigheid, het gesê ten einde ʼn suksesvolle nasionale plan rakende maatskaplike samehorigheid en nasiebou te bewerkstellig, moet die program spesifiek daarop fokus om die samelewing in sy geheel te mobiliseer.

Die slagoffers van uitsluiting sowel as die slagoffers van hul eie voorregte moet nie agterweë gelaat word nie, het Mokgoro gesê. “Suid-Afrika is ʼn multikulturele samelewing wat ʼn rassenalatenskap het, so daar is ʼn behoefte om ʼn multikulturele en multirassige program te hê regoor die samelewing in skole, kerke, werkplekke en sosiale byeenkomste om rassisme te onderdruk. Die idee van ʼn land wat verenig is in sy diversiteit moet duidelik wees deur die bevordering en bewaring van alle inheemse kulture en kennis om verdraagsaamheid aan te moedig en dus die ideaal van eenheid in diversiteit te bevorder,” het Mokgoro gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Cheryl ·

Genade, hulle kan darem op een snaar tokkel en tokkel en tokkel!

Relatief ·

Boeremoord belemmer nasiebou.
Moord is n maatskaplike probleem so ook voedseltekorte.
Samehorigheid word belemmer deur een nasie se vrees om deur n ander vermoor te word.
Wanneer een nasie n ander uitmoor is dit rassisme.

Wonderlik…. ek glo plaasmoorde gaan dan sommer hoog bo aan die agenda wees…. dit spreek mos al die probleme aan.

Otter ·

Ek stem saam. Probleem met ‘n politieke party is dat sy hoofdoel is om verkies te word. So die ANC skik hom na die meerderheid we opinie. Maar vir lank al (en steeds) is die ANC besig om die menings van die meerderheid te vorm na hulle wil. Dus is die stelsel nie optimaal vir minderhede nie.

Jan ·

Die persoon/groep wat die relevante agenda saam stel sal die sukses uitkoms bepaal

johan ·

‘N kongres wat weer die belastingbetaler miljoene gaan kos. Ek hoop dit werp vrugte af en dat dit uitgeoefen sal word, nie net vir een ras nie maar vir almal in suid afrika asook vir die regerende party wat haatspraak aanwakker. Spreek ook moorde, verkragtings, aanvalle, korupsie en taalbeleid aan, want dit alles bevorder rassisme.

Dirk T ·

Net ‘n poging om vrydenkende mense te te muilband. Uit hierdie kongres gaan nuwe wetgewing ter tafel gelê word in ‘n poging om jou in ‘n slaafse nie denkende volgeling te verander.

Otter ·

Regering se woorde en dade wys hulle is openlik vyandig teen Afrikaners. Ek dink nie die ANC viktimiseer ons uit onkunde nie, maar dat dit deel is van ‘n opsetlike politieke spel.

Marous ·

Wat beteken Legoa end Magoa wat deel is van spreektaal elke
dag MNR ???? Wat weet jy van my kultuur???

Kobus ·

Dit lyk my die hele wêreld is nou op horings oor rasisme. Snaaks dat die wat die harste skree daaroor , juis hulle is wat die grootste rasiste is. Nou word selfs Christenskap as muishond uitgewys.
(Ek wou iets verder sê maar het daarteen besluit want dit sal weereens as rasisme uitgekryt word)
Die waarheid is mos ook rasisme.

Otter ·

Dis reg, maar ons moet volhard in die geloof en Gid bly dien soos wat Daniël gedoen het.

Berhalet Beukes ·

Ag alweer ‘n belaglike gebabbel. As julle multirassige programme orals wil implementeer, kry end met onder andere julle pleinweg rassistiese georiënteerde BEE program! As julle “nasiebou” wil bevorder, hou op afbreek. As julle maatskaplike samehorigheid wil hê, hou op onmin saai en soosop soos “brats” tekere gaan en toi toi oor alles. As julle agting wil hê, hou op snert praat, lieg, bedrieg,steel en julle landsburgers se integriteit onderskat. Julle is ‘n kolossale mislukking weens julle eie blinde drang na vergelding, nie omdat ek of die volgende persoon WIT is nie.

chrisp ·

Berhalet.
Net soos jy se.Hulle is “teen” rassisme maar hulle beleid is rassisties nes die DA en EFF?
Bewaring van inheemse kultuure maar geen Afrikaanse universiteit nie(nes die DA en EFF)?

Hierdie mense se gesplete tonge is ongelooflik om te aanskou.Of hulle is so dwaas om nie hulle eie dubbelspraak te sien nie of die kiesers is.Hierdie land loop oor van dwase.

Henri ·

Imo is die ANC deeglik bewus is dat hulle getalle drasties aan die krimp is, besig met ‘n tipies dekmantel politieke foefie met hierdie skielike “rasis” onderwerp. Eers Kohler Barnard, juis omdat sy DA is, dan Sparrow, wie se uitlating wel as rassisties gesien kan word, ens. Dan, nadat DA reeds die KB opgelos het en sy weer terug is in haar pos, word DA beskuldig dat hulle Rassiste kweek, wetend dat DA die grootste party teen hulle is met die meerderheid wittes onder hulle. Hul doel is “Divide and Concour” , maak die wittes paniekerig sodat hulle of wegbly van die stembus of na ander, klein partye oorloop, solank hulle nie bly DA stem nie, en begin die “Kongres” om van hulle afgewaalde Donkies agter hierdie wortel aan te lok.

Bruno Stef ·

Ek het my vriendekring en familiekring waarin ek sosialiseer en dit geld daarom vir alle kleure wat ek my nie self wil assosieer nie.Hoe gaan die minister my denke verander of gaan ek in my gesinsverband gedwing word om my kommunikasie taal na Engels te verander en om sosialisties denke aan te leer. Ek maak spesiaal van geleenthede gebruik hetsy winkels/restaurante/strande om verdringing te voorkom en leef in vrede met my eie mense saam.

Kobus ·

Miskien sal dit goed wees as hulle net eers die regte definisie van rassisime gaan opsoek en bestudeer. Daar ‘n ‘n onkundigheid by die huidige regering wat rassisme is

Leon ·

Geen nasie bou kan plaasvind alvorens die wette wat diskrimineer teen blankes nie totaal verwyder word nie. Want dit is rassistiese wette wat deur die regering ingestel is om blankes uit die werk plek te hou. Stel die aan wat die werk kan doen.

Henri ·

Leon, Ek stem saam, en nadat ek na Herman Mashaba (die man wat DA vir JHB aangewys het) se mening op News 24 gekyk het, lyk dit vir my dis presies wat hy in gedagte het. Moet se, hy is duidelik ‘n besigheidsman en praat reguit, anders as poltici wat heeldag praat en aan die einde nog boggerol gese het.

chrisp ·

Henri.
Jou opmerking hierbo van kleiner partye is waar.Die FV gaan verseker beter vaar want mense begin sien dat die ANC en DA maar dieselfde perde is met net ander joggies.Om tussen die ANC ,DA,EFF te stem is blood net vir ander joggies dws ‘n beter joggie kan dalk net die drie se beleid beter toepas.Hulle (DA)is vir grondhervorming,bee,seb,onderskraag die vryheidsmanifes van die ANC sommer ook, ag man die beleide is dieselfde.

Dat die ANC stemme verloor is ook waar.Jy moet egter besef dit gaan na die EFF en nie na die DA soos mense hoop nie.Gaan kyk gerus na die % wat die ANC verloor het,wat die DA bygekry het en die EFF het hul stemme van waar gekry?Dit is tog duidelik vir enige mens wat basiese wiskunde kan doen wat hier gebeur.Die ANC verloor grootliks stemme na die EFF en nie na die DA nie.Die kleiner partye waarvan jy praat het meer vir die Afrikaner gedoen as die DA.Ek weet van geen geval waar die DA hom laat geld het vir my(Afrikaner) mense nie(help my reg met voorbeelde asb). Terwyl daar hewig teen ons gediskremeneer word, Afrikaanse instellings(universiteite,skole,plekname ens).Die geleenthede vir hulle is legio,inteendeel is hulle deel van die koor om dit te vernietig.So gepraat van die spreekwoordelike wortel,die DA gebruik hom reeds vanaf 1994 met groot sukses.

Wat Herman Mashaba aanbetref is dit net politieke speletjies(hoop nie jy val daarvoor nie).Jy sal sien BEE en al sy boeties is maar DA beleid en dit sal nie verander nie.Hulle wet baie goed waar die massa stemme le(daaroor hulle histeriese geteem oor rassisme van sommer gewone witmense).Hierdie Mashaba woorde is nou ‘n mooi voorbeeld van daai wortel wat jy verder boontoe so mooi raakvat.Moenie agter hom aandraf nie.

Ouman ·

Mors nog belastinggeld op foefies. Tyd vir weerstand van die wat wel belasting betaal. Hou eerder konferensie oor hoe om met geld te werk. Zuma en sy bende insluitend die agbare minister dink die staatskas is uitsluitlik vir hulle misbruik. Hoort agter tralies waar diewe behoort te wees.

Riaan ·

As ek by n verkeerslig stop en swart man gooi sy Mcdonalds sak by die venster uit en ek vra hom om dit nie te doen nie,se hy vir my ek is n rasis, die verkeerslig is buite werking n swart vrou stop nie,ek vra vir haar by die volgende lig hoekom sy nie stop nie,raai wat sy se vir my ek is n rasis, een by die werk doen sy werk nie reg nie, toe ek vir hom se om dit reg te doen hardloop hy na die baas toe en se vir hom ek is n rasis ,so mense ek sal vir die res van my lewe n rasis bly.

daan ·

ons gaan gewoonweg voort met ons alledaagse dinge.as ons dinge reël binne ons kultuur dan voel sommiges hul word uitgesluit en is ons rassisties.hul reël hul eie dinge soos dit hul reg is.as ons nie gaan is dit mos n keuse net soos hy n keuse het.ons moet als vir hulle doen wat doen hul vir ons.hoekom is daar nie ook verteenwoordiging van alle rasse in ons nasionale sokkerspan maar die rugby en krieket en al die ander sporte word volgens kwotas gedruk

Pieter ·

Een van die kern oorsake van rassisme is ‘n misverstaan van mekaar se geskiedenis. Ongelooflik genoeg laat ons (die publiek en die media (wat mens sou hoop van beter sou weet)) toe dat politici ons voorsê oor wat die feite van die geskiedenis is. Ons laat toe dat politici die geskiedenis interpreteer. Dis ons eie skuld. Die debat oor rassisme kan nice aangepak word sonder die betrokkenheid van ‘n groep historici wat eerstens die basis behoort te lê vir enige gesprek. Daarsonder sal die nonsens dat wit boere grond sou gesteel het, dat Paul Kruger ‘n aardsrassis was, dat swart mense nooit regtig swaar gekry het nie, dat Shaka en Dingaan nie growwe menseregteskendings en oorlogsmisdade gepleeg het nie, dat alle wit mense apartheid wil terughê en dat alle swart mense wittes haat, nooit blootgelê word nie. Ons as burgery en die media moet wakker skrik en nie net soos skape aan die lippe van politici hang nie. Vra meer goeie vra en dring meer aan op goeie antwoorde.

christine ·

Langenhoven dink ek het gevra waarom is jou rasisme my politiek en my politiek jou rasisme. Of was dit anders om?

Riaan ·

Daar is net een rede hoekom hulle so haastig is met die kongres. Dit is ‘n geleentheid om wittes aan te val voor die verkiesing.

Pieter ·

Yvonne

Om te beweer dat “innovasie” ‘n wit genetiese eienskap is is eenvoudig regtig simpel. Om te beweer dat dit die gevolg is van ‘n sekere groep mense se unieke geskiedenis en die produk is van ‘n spesifieke kultuur van doen en benader, is waarskynlik méér korrek.

Argumente soos die van ig en jousélf benadruk maar net weer dat julle dieselfde fout maak as diegene wat julle van rassisme aankla: om te dink dat jy sodanig beter/meer gevorderd/belangriker is nét omdat jy ‘n “spesiale” groep gene gekry het.

Julle is deel van dieselfde probleem wat julle só graag voor ander se deur laat.

Rassisme se oorsaak lê daarin dat:
1. Nie-erkenning dat daar altyd ‘n normale mate van groepsidentifisering sal wees. Dis normaal selfs in Swede, Switzerland en die Vatikaan. Moenie ‘n té groot issue daarvan maak nie.
2. Die misverstaan van die geskiedenis en die wanvoorstelling daarvan gewoonlik deur politici, maak dat groepe mekaar wantrou op grond van dinge wat nooit regtig wás nie. Die oplossings daarvoor is ‘n onafhanklike nie-politieke bepaling van die geskiedenis (soos of witmense wél swart mense se grond gesteel het) en om die “ware” geskiedenis dan vir die publiek te leer (skole en media).
3. Wanneer ons mekaar se geskiedenis beter verstaan sal rassisme verminder. Daar bestaan groot haat teenoor witmense waarvan sommige geregverdig en ander nie geregverdig is nie. Ons moet meer van mekaar leer. Na beide kante toe.
4. Die ware definisie van rassisme moet aan mense geleer word. Dis hoekom daar om elke draai “rassisme” is omdat mense nie weet wat die verskil tussen rassisme en billike kommentaar is nie.
5. Haat wat gefundeer is op die geloofwaardige geskiedenis (dit wat regtig gebeur het vóór 1994) is die haat wat swart en wit, op grond van die pakt/ooreenkoms van die nuwe SA, eenkant moet sit terwille van BEIDE se oorlewing.

Dis dus duidelik dat die oplossing vir ons almal baie dieper lê as om weer laer te trek of om te kom en beweer dat wit mense gene gekry het om sodanig beter te wees as ander.

Ek weet nie wat julle agtergrond is nie maar dis verseker nie in die biologiese wetenskap nie.

Sterkte daar.

Flippie ·

Verwyder eers die swart kommunistiese nasionaliste uit die regeringsisteem. Dan kan ons praat. Hierdie mense haat witmensre met ‘n passie. Van die voorstanders van die beraad of kongres is swart Nazis.

Ek sien hier weer ‘n Kodesa waar ons witmense se menswaardigheid verder afgetakel gaan word en ons slegter daar aan toe gaan wees. Hulle planned is om rassisme te kriminaliseet met wette wat net be trekking sal hê op blankes.

NEE WAT BLY WEG.

Pieter ·

Jammer Yvonne, kan jy gou vir my aantoon waar ek wit afrikaners beledig het? My punt is dat ons onsself vreeslik maklik die mantel van hoogwaardigheid aantrek sonder om onsself werklik te vergelyk met die res van die wêreld. As die geskiedskrywers die mees innoverende nasies van die 20ste eeu sou aanwys sal ek jou waarborg dat die Afrikaner nie een van hulle sou wees nie. Beteken dit nou dat ons sleg en dom is? NEE! Dit beteken wel dat ons onsself bietjie minder belangrik en ernstig moet opneem.

Riaan ·

Die DA het nou in ‘n gat getrap met hulle verklarings teen wit rasisme. Hulle direkteur van kommunikasie het so vêr gegaan as om te sê dat swartes nie rasiste kan wees nie. (sien warwickchapman.com) Gaan hulle nou die ANC se kongres teen rasisme steun of dit teenstaan? Hulle durf dit nie teenstaan nie want dan verloor hulle swart stemme. Wit Suid-Afrikaners moet kennis neem en hulle eendjies in ‘n ry kry. As jy dink dat die DA in jou stem belangstel wag daar ‘n skok op jou.

Riaan ·

Miskien moes ek eerder gesê het die DA aanvaar dat hulle die wit stem in hulle sak het, en ons nou maar ook kan beledig om swart steun te wen. Wat ons nodig het is sterk leierskap om ons saak te kan beveg of ons het groot probleme, wat ek in elk geval verwag.

Isabel van Wyk ·

Hierdie kongres is deel van die ANC se propaganda-veldtog vir die munisipale verkiesing op belastingbetalers se koste. Watch this space!

Japie Botha ·

Nathi RSA het nie net n rassenalatenskap nie, hy is tans besig om te bou aan n rassenalatenskap want die ANC is rassisme. Jakkals is nou skaapwagter.

Dan ·

Hierdie kongres kan net na eenkant toe as dit deur die ANC gedoen word, getal gewys is hulle motto. Verkiesing foefie.

Johannes Meintjes ·

Die oplossing is lank reeds voor ons. Kom die naas God se gebod ook die Grondwet ten volle na en regeer in geregtigheid, dan kan elke burger doelgerig fokus en stigtelik meewerk met wedersydse respek vir kulturele verskille by die huis en by die werk.

Christo Pienaar ·

Daar is nie ‘n beter woord in Afrikaans vir “window dressing”nie. Word wakker en stem vir ‘n partyleier wat Afrikaans praat. Onthou julle Piet Retief ?

anita ·

“Inheemse”. En mens kan maar net wonder wie almal daaronder sal val, al dan nou nie…

Oom Boer ·

Nathi, en so stel jul net kommissies van ondersoek aan en hou berade en kongresse ens ten gunste van die belasting betaler. So word die werkies beplan en gevorder vir die massas en Kader gemeenskap. Al wil jy nou rook in my agterent blaas, bly my kultuur en herkoms vir my belangrik. Ons het nie menigte vroue en kinders om massas te bou nie, maar het respek en perspektief en lewensvaardigheid beginsels, Nooit kan jy 5miljoen tot 50 miljoen vergelyk en dan wil regverdig op alle werk en integrasie vlakke nie, Hoekom word die Kleurling en Indier gemeenskappe altyd uitgesluit? As ek nie groente wil eet nie, gaan niemand my dwing of bearbei om dit te moet doen nie. Wend jul tot regte besluite en gebruik die gelde om werklike mense wat hulp in alle gemeenskappe dit nodig het en verbeter die swak ekonomie as om in debate van rassisme as uitlokkings instrument te wil optree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.