Koning Goodwill Zwelithini se seun sterf

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Prins Butho, koning Goodwill Zwelithini se seun, is Donderdag in die ouderdom van 40 jaar oorlede ná ʼn lang siekte.

Die Koning Shakadag-viering wat vir Sondag geskeduleer was, is gevolglik uitgestel.

Butho is die seun van die koning en sy tweede vrou, koningin Buhle kaMathe.

Mangosothu Buthelezi, leier van die Inkatha Freedom Party (IFP), het mense gemaan om die gesin “in hul gebede te hou terwyl hulle deur die dal van verlies loop”.

Butho se begrafnis sal Vrydag by die Dlamahlahla-paleis plaasvind en hy sal dan in die koninklike begraafplaas by Mahashini ter aarde bestel word.

Willies Mchuni, premier van KwaZulu-Natal, het namens die regering en mense van KwaZulu-Natal medelye aan die gesin betuig.

Zwelithini (70) het verskeie vroue en het glo 28 kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

kokkie ·

is die koning en zuma in kompetisie om te sien wie die meeste kinders kan hê? so tipies die baie kinders vir wie ander moet sorg .

jaco ·

voor jy te krities raak oor ons belastinggeld hierdie stamhoofde se salarisse betaal; onthou tog net dat die wit Britse koloniale heersers met dié praktyk begin het, die wit Afrikaners het dié beleid oorgevat EN uitbebrei en dit het na 1994 maar net so gebly onder ANC-beheer.

Se wie ·

Rest in peace baba. You are from royal blood and I respect that blood.

Johan H. ·

Eers die dag dat almal gelyk is in die land sal daar saamgewerk kan word,, Bedoelende Geen Sogenaamde konings,,En alle kabinetskellms in die tronk!!!En 1 man 1 vrou mentaliteit!!Ouers behoort voor hul ouers dood te gaan, nie anders om nie!!

Andre ·

Jaco, net omdat dit in die ou dae begin is, beteken dit nie ons mag nie die stelsel verander / verbeter ter voordeel van die armes nie. Zwelithini kos ons vir 2018 al R66 miljoen per jaar. So baie armes kry nou toelae wat nie in die ou dae gebeur het nie. Vandag word die “salarisse” betaal om die stemme vir die ANC te koop. Dis hoekom Kwazulu-Natal vir die ANC stem en nie IVP so in die ou dae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.