Zwelithini (66) het tydens ‘n tradisionele seremonie met Zola Mafu (28) getrou. Meer as 10 000 mense, insluitend president Jacob Zuma en Winnie Madikizela-Mandela, het die seremonie bygewoon.
Volgens die berig is meer as 60 beeste en talle skape vir die geleentheid geslag. Mafu is op 18-jarige ouderdom reeds vir die koning gekies tydens die Swazi-rietdans.
Mafu was destyds nog ‘n leerder by Hoërskool St. Mark’s in Mbabane, Swaziland. Zwelithini het lobola van 20 beeste vir Mafu betaal.
Die seremonie gaan glo Sondag voort wanneer die bruid en bruidegom se families geskenke uitruil. Die koning sal ook later vandag ‘n onthaal hou ter viering van die troue sowel as sy verjaarsdag vroeër die maand.
Ja toe, net nog een waarvoor die belastingbetaler gaan instaan.