Konsepregulasies vir Internetsensorskapwet ‘vaag, ongrondwetlik’

Argieffoto

Wysigings aan die Internetsensorskapwet is nie genoegsaam om misbruik van die inhoud daarvan, veral deur die regering, te verhoed nie. Só meen die burgerregteorganisasie AfriForum.

Dié organisasie het Maandag kommentaar ingedien oor die voorgestelde Wysigingswet op Films en Publikasies van 2020, ook bekend as die Internetsensorskapwet. Stella Ndabeni-Abrahams, minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, het op 3 Julie die nuwe voorgestelde wysigings in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar.

AfriForum is veral bekommerd oor vaaghede in en die grondwetlikheid van die konsepregulasies.

Die regulasies bepaal onder meer:

  • Die film- en publikasieraad (FPR) mag ʼn registrasiesertifikaat onderworpe aan bepaalde voorwaardes aan verspreiders van films, publikasies of aanlyn speletjies uitreik.
  • ʼn Verspreider moet jaarliks weer van vooraf registreer om sy werksaamhede voort te sit.
  • Inhoud is onderworpe aan verpligte evaluering en klassifisering alvorens dit versprei mag word.
  • Die FPR mag dwarsdeur die jaar waarvoor die verspreider geregistreer is, die inhoud wat die verspreider publiseer, evalueer om te verseker dit voldoen aan die bepaalde registrasievereistes.

“As die wysigingswet saam met die konsepregulasies gelees word, maak dit die FPR die arbiter oor wat as beskermde spraak beskou kan word. Die FPR is ’n regeringsliggaam wat aan die minister van kommunikasie rapporteer. Dit beteken dat hierdie konsepregulasies, as dit saam met die wysigingswet gelees word, aan die regering baie meer seggenskap sal gee oor die vrye vloei van spraak en inligting,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“Dit is ’n gevaarlike vooruitsig wanneer ’n mens die gevalle in ag neem (nou en in die verlede) waar die regering wetgewing gerig op spraakvryheid probeer misbruik het om hul eie agenda te bevorder en hul houvas op mag te probeer versterk.”

Van Zyl sê soos wat dit tans daar uitsien, is die voorgestelde wysigings vaag, onafdwingbaar, onprakties en oop vir misbruik in die sin dat dit die weg baan vir die regering om spraak te beheer en die vloei van inligting te misbruik. “Daarom is die voorgestelde wysigings ook ongrondwetlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Die ANC kommuniste doen alles wat hulle chinese broers doen. Ek kannie glo ons blankes laat die ANC toe om te maak soos hulle wil nie. Ons is leier loos ons wil nie standpunt in neem nie ons gaan nog bitter swaar kry.

Adeline ·

Sê weer – praat-praat-praat.. maar niks word gedoen om dit te keer nie -hulle weet dit en maak gebruik daarvan om hulle eie agendas te bevorder … hulle is bokant die wet!

LANA is ELANè ·

Al hierdie herregistrasies van goed is net ‘n manier van die regering om geld te maak sonder om dit te verdien. NHBRC, bestuurslisensies, ID dokumente, Rade waaraan professionele mense verplig word om aan te behoort en en. Hulle skep instansies waaruit miljoene gemaak word sodat hulle hulself kan befonds. Vryheid van spraak is ‘n reg, maar nes in China waar sosialisme hoogty vier wil hulle die mense bestuur en beheer, hulle wil nie hê dat ons vir onsself besluit nie. Viva huidige amper Marxistiese regime, wat gaan lei na ‘n Sosialistiese regime en dan as die “people” hul oë uitvee is hulle niks en heeltemal uitgelewer aan ‘n korrupte regering se slawerny en genade.
Waarom dink julle wurm CHINA hulself oral in Afrika in? Beslis nie om te help nie maar wel om ons oor die afgrond te stoot. Burgerlike Regte Organisasies moet nou baklei soos nog nooit en mense moet hulle op allerhande manier help om hierdie vyand doelgerig te beveg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.