Konsepwet: Seksuele misdade verjaar nie meer

LP’s tydens ‘n parlementsitting. (Foto: GCIS)

Die regering het ’n nuwe noodnommer ingestel uitsluitlik vir die aanmeld van geslagsgeweld teen vroue, met die doel om reaksietyd deur die polisie en nooddienste te versnel en die euwel te beveg.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het aangekondig dat die nommer vir die noodlyn 0800 428 428 is en het Suid-Afrikaners aangemoedig om die nommer te gebruik as hulle self die slagoffers van geweld teen vroue is of as hulle van gevalle van geweld teen vroue bewus raak.

Die inligting was deel van die terugvoer wat Mthembu aan die parlementêre mediakorps verskaf het, na die tweeweeklikse kabinetsvergadering.

Die kabinet het ook twee ingrypende konsepwetsontwerpe aanvaar, wat nou in die parlement ter tafel gelê sal word. Die eerste een sal bepaal dat eise weens seksuele misdade voortaan nie in Suid-Afrika sal verjaar nie. Dit beteken dat iemand wat seksueel aangerand is, enige tyd ʼn klag kan lê, maak nie saak hoe lank gelede dit gebeur het nie. Die tweede een behels omvattende veranderings aan die land se pleegsorgstelsel. Maroela Media het vroeër berig dat voorgestelde wetswysigings die proses waartydens kinders in pleegsorg geplaas word, wil vergemaklik.

Die kabinet het Suid-Afrikaners wat buite die Wes-Kaap woon, gewaarsku dat die min reën en warm temperature tot gevolg het dat waterskaarste voor hande is. Suid-Afrikaners is gevra om na te gaan of daar lekkasies in hul watertoevoer is, om slegs grys water (water wat reeds vir huishoudelike gebruik aangewend is) vir die natlei van tuine te gebruik en om tuine slegs voor 06:00 of na 18:00 nat te lei.

Goeie nuus oor die stryd teen misdaad is dat ’n spesiale operasie daartoe gelei het dat honderde misdaadverdagtes in Gauteng aangekeer is.

Interessante nuus vir die mense van Mpumalanga, en spesifiekvir die inwoners van Mbombela (Nelspruit), is dat die nuwe provinsiale hooggeregshof volgende week in gebruik geneem word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Corrien ·

Wat van ‘n noodnummer teen vernedering en getreiter van vrouens teenoor man’s? Ek kan my as vrou indink dat man’s na soms jare se getreiter die vrou ‘n paar klappe kan uitdeel. Ek ken verskeie gevalle van teistering na man’s. Vrouens is nie so onskuldig nie as dit lyk. Soms speel die vrou se ma ook ‘n negatiewie rol in die vernietiging van ‘n huwelik.

Binx ·

Ek stem absoluut saam jou, alles gaan altyd oor vrouens wat aangerand word. Die #metoo ding het heeltemal hand uitgeruk. Mans word links en regs van dade beskuldig, waar vrouens SOMS die verleidsters was, maar alles omdraai nou is hulle slagoffers. Sulke sake gaan maak dat polisie in toekoms (ander lande) misdaad teen vrouens nie meer ernstig gaan opneem nie. Baie vrouens is wolwe in skaapklere.

Deurmekaar ·

Deurmekaar berig wat ook glad nie pas by die opskrif nie

wilma ·

Nee wat die wet beteken nix. n pedofiel pas op odn net driejaar huis arres gekry na dade met kid.

Stan ·

Goeie nuus! Dit is verseker ‘n stap in die regte rigting. Gee ook asb vir SAP meer magte om ‘n orde bevel teen die skuldinge aandadig te maak sou die slagoffer nie instem nie.

Edd ·

Eks neskurig, die polisie antwoord nie eers die normale nomer nie en nou dink jul ‘n ekstra een gaan ‘n verskil maak. Voor julle die nuwe wet prys moet jul ook net onthou dat die langer terug iets gebeur het die moeliker raak dit om skuld te bewys… en die teenoorgestelde. In ‘n land wat skuld besluit word voor jy nog eers in die hof was gaan jy ‘n storie hê om jou onskuld te bewys die dag as daai een persoon wat jy 30 jaar terug in diens geneem het ewe skielik ‘n klag maak omdat hul in ‘n finansiele knypie is.

Maljan ·

As ek nou dink aan die onlangse berig oor Bob Hewitt dink ek die ANC krap alweer waar dit nie jeuk nie. Die Bob Hewitt geval het my onder die indruk gelaat dat seksuele misdrywe lankal sy verjaardag verloor het. Wat van v hulplyn vir !Ans wat geteister word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.