Konstabel dood langs pad aangetref

Argieffoto

ʼn 23-jarige polisiekonstabel is Maandagaand in Noordwes vermoor.

Lt.kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê motoriste het omstreeks 21:35 die liggaam van ʼn man langs die pad in Roosheuwel, Klerksdorp, gewaar.

Die polisie is in kennis gestel en hulle het die toneel besoek.

“Die liggaam van ʼn 23-jarige konstabel is met veelvuldige steekwonde aangetref. Die omstandighede rondom sy dood is in dié stadium nog onbekend,” het Myburgh gesê.

ʼn Saak van moord word ondersoek. Die polisie het die “sinnelose moord” veroordeel. Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het gesê hy is baie hartseer oor dié “grusame moord”.

Enigiemand met inligting oor die saak kan lt.kol. Alex Lebodi by 082 338 1076 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wurmpie ·

Hierdie doellose moorde sal nou moet end kry. Iewers moet iets gedoen word

Chuck ·

Ek hoop die polisiekommissaris is net so HARTSEER oor die grusame moord op blanke oumense en hulle kinders. Maar ek hoor nooit ‘n woord van hulle nie. Ja dit is tragies maar eerstens vat julle die polisie se mag weg om op te tree teen betogers en amokmakers .. en tweedens gee julle GEEN simpatie wanneer blankes vermoor word nie. Blankes betaal ook belasting (die meeste) hulle dra by tot die ekonomie en tot werkskepping en voedselverskaffing . maar ONS is ook MENSE. Ons wil ook voel ONS regering TREUR en is GESKOK as ons mense (witmense) aangeval word. Hoekom het julle al die jare teen apartheid geveg as julle julle eie apartheid nou ingestel het? Hoekom het julle vir equal opportunities geveg as wittes nou nie meer vir sekere poste in aanmerking kom nie, nie meer in hulle taal mag skool of universiteit toe gaan nie en met goeie kwalifikasies nie in die staatsdiens of parastatals in hoë poste aangestel word nie? Julle doen beslis nie beter as die vorige regering nie, maak nie saak watter kleur wie is nie. Dis of ALLE burgers of NIEMAND!

LEEUTJIES ·

Chuck…. hierdie was ‘n 23 jarige BLANKE konstabel wat grusaam vermoor is… moenie so gou wees om te oordeel nie. Dink eerder aan die geliefdes in hierdie hartseer tyd… maak nie saak of dit blank of nie-blank is nie

Stephanie Smith ·

Hierdie is ‘n blanke seun. En hy het ‘n Ma en ouma wat stukkend is oor sy dood. Hy het baie hard teen die misdaad in hierdie land geveg

Lolla ·

Waar was die konstabel se kollega? Hulle werk mos nie alleen nie?

Dol ·

Lolla hul het hom volgens wat vermoed word by sy huis oorrompel

Anoniem ·

Die boodskap is baie luid en duidelik, misdadigers het geen agting vir SAPD nie en sal nie huiwer om ook hulle uit te moor nie. Maar ons regering sit en slaap te lekker!

Dol ·

Ek bid dat hierdie moordenaars gou gevang sal word en reg en geregtigheid sal geskied, oor en oor en oor. Hierdie was n pragtige jong man wat mense teen misdaad wou beskerm

Geskok ·

Baie Hartseer. Hul bly agter my. Baie sterkte, mag die hemelse Vader jul styf vashou in hierdie tyd.

Yvette ·

Chuck. Die was n blanke seun. Weet jy ne, so what as dit n swart man was. Jy ken nie die man nie, jy weet nie wie los hy agter nie, jy weet niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.