Konstabel doodgeskiet toe hy gesin probeer beskerm

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Mpumalanga is Woensdagaand doodgeskiet nadat hy, sy vrou en hul twee kinders buite hul huis oorval is.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Sithembiso Innocent Manzini (31), sy vrou en twee kinders het omstreeks 20:00 buite hul huis in Kabokweni, buite Witrivier, gesit. Twee gewapende mans het die gesin in die huis ingedwing en Manzini se dienspistool geëis.

“Hy het aan die verdagtes gesê sy vuurwapen is in die kluis in die slaapkamer. Hulle het hom tot by die slaapkamer gevolg waar die konstabel daarin geslaag het om sy vuurwapen te gryp voordat ’n skietgeveg uitgebreek het.”

Volgens Mohlala is Manzini en een van die verdagtes in die skietgeveg dood. “Die ander verdagte het sy makker uit die huis gesleep voordat hy met drie vuurwapens, insluitend die konstabel se dienspistool, op die vlug geslaan het.”

Die verdagte is intussen geïdentifiseer as Xolani Gumede van Pienaar, oos van Nelspruit. “Die polisie ondersoek ’n saak van moord en ʼn soektog is na die ander verdagte van stapel gestuur.”

Lt.genl. Mark Magadlela, provinsiale polisiekommissaris, het sy medelye met Manzini se naasbestaandes uitgespreek. “Manzini is dood terwyl hy misdaad beveg het en sy gesin beskerm het. Ons is dit aan hom verskuldig om aan te hou om misdaad vreesloos te beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Daleen ·

ja nee, ek stem! Moord en doodslag is aan die orde van die dag…… waarheen gaan dit!!!

Sumari ·

Mense dink altyd net blankes word vermoor. Die nie-blankes het dit net so erg. Ek voel jammer vir sy vrou en kinders. Wat gaan in ‘n persoon se kop aan wat die mense vermoor. Al wat hy wou doen is om sy vrou en kinders te beskerm. Jy het gesterf as ‘n held. Sterkte vir die vrou en kinders en so ook sy familie wat agterbly.

Leeutjie ·

Dis so waar Sumari! Ek het net so ‘n deernis vir die man se familie!

Winston ·

Goed gese Sumari. Rus in vrede en sterkte vir die familie.

Strussbob ·

90% is buitelanders wat
Suid Afrikaners n lewe kom lei-
As ons net ons grense weer kon opstel sal di moorde afneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.