ʼn 35-jarige polisiekonstabel van Pretoria-Sentraal se taktiese reaksie-eenheid sal binnekort weer in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van uitbuiting, korrupsie en dwarsboming van die gereg.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die konstabel word daarvan verdink dat hy in Desember 2016 R1 miljoen van ʼn klaer geëis het. Hy het aangevoer hy het inligting wat teen die persoon gebruik kan word.
“Hulle het by ʼn restaurant in Hatfield ontmoet waar die klaer glo R300 000 in die verdagte se bankrekening inbetaal het,” het Mulamu gesê.
Die Valke se eenheid wat ernstige korrupsie ondersoek, het ʼn ondersoek van stapel gestuur toe hulle oor die beweerde misdaad in kennis gestel is. “Die konstabel het op 6 November 2020 reeds in die hof verskyn en is gewaarsku om op 16 November weer in die hof te verskyn.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Cele your people man! Regtig jy gaan aan oor snert en soek meer mag, maar jy kan nie eers kyk wat JOU mense doen nie! Shame on you pffft julle maak naar verby!
Siestog…hy is seker nog n vakleerling…topie zumpie bied klase aan…slegs 12 en 30 rand.