Konstabel én verdagte in motordiefstalsaak doodgeskiet

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn 30-jarige polisiebeampte verbonde aan die Alexandra Road-polisie se eenheid vir voertuigmisdaad in Pietermaritzburg is Donderdagaand doodgeskiet terwyl hy en ʼn kollega op die spoor van twee verdagtes was.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het gesê konst. Jeandre (Andries Jacobus) Venter en die kollega was gister omstreeks 20:30 in Msinga op soek na die verdagtes wat glo op 5 Oktober ʼn voertuig in Willowfontein gesteel het.

“Hulle is na Mbananeweg in Msinga waar hulle ʼn 25-jarige verdagte in hegtenis geneem het. Hulle is daarna na nog ʼn huis om die tweede verdagte in hegtenis te neem,” het Naicker gesê.

Venter het saam met die verdagte wat reeds in hegtenis geneem is, in die motor gewag.

“Die ander polisiebeampte is na die tweede huis en was [enkele] meter weg toe hy skote hoor klap. Hy is terug na die voertuig waar Venter én die verdagte met verskeie skietwonde in die kop en lyf aangetref is.

“Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Aanklagte van moord word ondersoek en die Valke het die ondersoek intussen oorgeneem.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, KwaZulu-Natalse polisiehoof, het die moord op Venter ten sterkste veroordeel.

“Dit is uiters hartseer om te hoor van ʼn polisiebeampte wat weens misdadigers se optrede gesterf het. Ons gaan nie rus tot ons diegene verantwoordelik aan die pen laat ry nie en het alle beskikbare hulpbronne gemobiliseer om die verdagtes op te spoor,” het Jula gesê.

“Ek wil ook my medelye met die familie van ons gevalle held betuig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Delia ·

My vraag is..hoekom word die aktiwiteite nie gedoen met ondersteuning. Ons polisiemanne word sitting ducks. Hy sit alleen in n motor met n misdadiger wat heel waarskynlik deel van n sinkdikaat is. Word gets out…een is gearresteer..kriminele word geaktiveer en skiet die ander een dood wat dalk kan getuig sowel as die konstabel. Watter opleiding hy gehad het moet ons dalk nie vra?
Die ander een waag dit om alleen n krimineel aan te durf.
Hy kan bly wees hy leef.
Die hoë koppe moet beleide hersien….die arrestasies kan nie meer gedoen word deur 2 mense alleen nie
Die onder offisiere is uitgelewer aan die genade en die hoë koppe loop rond met lyfwagte.
NOU word die VALKE ingeroep nadat die konstabel sy lewe verloor het. Nou word daar met volle mag nan moordenaar gesoek. Hoekom nie elke klip omkeer om die misdadigers aan die pen te laat ry voor n beampte sy lewe moet verloor.
Die hoë koppe laat die manne op grond vlak in die steek en nou is daar simpatie vir die families.

Persheks Adri ·

Stem saam, maar ons is ook sitting ducks en die polisie kan en wil ons nie beskerm nie. Is 1 lewe belangrik as die ander?

Ons beskerm onsself op die stadium, maar ek hoor wat jy se Delia.

Yvonne ·

Bitter tragies…in die land waar misdadigers die oorhand het

Magda G ·

Dan hardloop die lafaards weg. Hang hulle op
My i nnigste simpatie aan die polisieman se familie. Die seer sal altyd daar wees

Persheks Adri ·

Innige simpatie aan die familie en vriende mag God julle dra in die moeilike tyd!

Voor almal my stenig oor my opinie dink eers daaroor:

Nou weet julle hoe voel ons boere wat weens misdaderigs sterf en daar word steeds NIKS aan gedoen nie! Tot gewoonte misdaderigs word borg gegee pffft!

Hoekom alle bronne beskikbaar stel vir die moord op ‘n polisie man en ons wag hoe lank vir moordenaars van plaasmoorde? Almal se lewe is mos belangrik!

Punisher ·

In Senekal het ons dit beleef! Nog baie ander plekke is daar repeat offenders

Keelvol ·

Ek dink jou kommentaar is onvanpas. Die artikel het niks met die aanval op plaas boere te make nie. Maar net sodat jy weet, die moordenaars in die geval kan net sowel plaas moordenaars wees. Jy is baie onsensitief.

Cherokee ·

Darem is dit ten strengste veroordeel. Kan nie help om te wonder of almal werklik daai rympie opsê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.