Konstabel in Delft doodgeskiet

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Andri Tambunan / AFP)

’n Wes-Kaapse polisiebeampte is Sondag in die vroeë oggendure in Delft, Kaapstad, beroof en doodgeskiet. Drie verdagtes is sedertdien agter tralies.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê ’n 31-jarige konstabel verbonde aan die polisiestasie in Gugulethu is omstreeks 03:30 van sy VW Touran beroof voordat hy in Deliusstraat in Delft-Suid doodgeskiet is. Die polisiebeampte was nie aan diens ten tyde van sy moord nie.

Die voertuig is vroeër vanoggend in Elsiesrivier gevind. Drie verdagtes tussen 30 en 40 jaar oud is in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn op aanklagte van moord en kaping.

Traut sê speurders van die Valke gaan die omstandighede rakende die moord ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harley Davidson ·

As die weskaap net kan afstig dan kan die misdaad probleem aangespreek word en uitgesorteer word met die belasting geld wat die Wes Kaap die piesang Republiek betaal kan ‘n werk geskep word vir die meerderheid in die weskaap.

VaalDonkie ·

Jong, Delft is ‘n rowwe plek. Ek weet nie of enigiets daaraan gedoen kan word nie. Ek hoop so, maar meeste mense kannie eens prosesseer wat hulle hoor oor Delft nie.

VaalDonkie ·

Jy weet, as daar enigiets hier in Kaapstad gebeur, dan is dit in Delft.

VaalDonkie ·

Net die Here kan vir Delft verander. Dis ‘n verskriklike plek. Daar bly wonderlike mense daar, maar ook mense wat onbeskryflike goed aanvang. Bid vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.