Faseegh Abdol is op borgtog van R2 000 vrygelaat en sal op 22 September weer in die hof verskyn. Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê dit kom nadat Sharief Bester (34) Maandagoggend doodgeskiet is.
Bester het glo saam met vriende in ʼn oprit gestaan toe ʼn polisievoertuig langs hulle gestop en hulle deursoek het. Dlamini sê daar is geen onwettige items in Bester se besit gevind nie. Die polisie wou hom glo steeds in hegtenis neem en het hy dit teengestaan.
Dlamini sê die polisiebeamptes het Bester glo met pepersproei gespuit en hom laat gaan. “Toe hy begin hardloop het, is hy in die rug geskiet en hy is op die toneel dood.”
Hoe word n moordenaar vry gelaat nadat al the bewyse aandui wat hy gedoen het? En hoekom het hy geskiet as hy nie in gevaar was nie?