Konstabel in hof na hy glo man doodskiet

Argieffoto Foto: SAPD

Argieffoto Foto: SAPD

ʼn Polisiekonstabel wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man doodgeskiet het, is Woensdag in die Mitchells Plain-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Faseegh Abdol is op borgtog van R2 000 vrygelaat en sal op 22 September weer in die hof verskyn. Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê dit kom nadat Sharief Bester (34) Maandagoggend doodgeskiet is.

Bester het glo saam met vriende in ʼn oprit gestaan toe ʼn polisievoertuig langs hulle gestop en hulle deursoek het. Dlamini sê daar is geen onwettige items in Bester se besit gevind nie. Die polisie wou hom glo steeds in hegtenis neem en het hy dit teengestaan.

Dlamini sê die polisiebeamptes het Bester glo met pepersproei gespuit en hom laat gaan. “Toe hy begin hardloop het, is hy in die rug geskiet en hy is op die toneel dood.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

shaana bester ·

Hoe word n moordenaar vry gelaat nadat al the bewyse aandui wat hy gedoen het? En hoekom het hy geskiet as hy nie in gevaar was nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.