Konstabel in hof ná vrou se gru-moord

Konst. Caiphus Hinana. (Foto: Facebook)

ʼn Polisiebeampte van Springbok in die Noord-Kaap sal Vrydag aansoek doen om borgtog nadat hy in hegtenis geneem is in verband met die grusame moord op sy vriendin.

Konst. Caiphus Hinana het Maandag vir die eerste keer in die Springbok-landdroshof verskyn. Die staat beweer Hinana het sy vriendin, Genoveve Chantel Assegaai (22), verlede Vrydag met ʼn bofbalkolf aangerand en daarna met sy wit Corsa-bakkie oor haar gery. Sy is op die toneel dood.

Die voorval het op ʼn sokkerveld in Springbok gebeur.

ʼn Vermeende ooggetuie sê hy het omstreeks 04:00 gesien hoe ʼn man ʼn vrou verskeie kere met ʼn voorwerp slaan. “Sy het buitekant die bakkie gelê. Hierna het die man haar ʼn ent weggesleep en oor haar gery. Hy het ʼn entjie weggery, teruggedraai en weer oor haar gery. Hierna het hy haar liggaam voor in die bakkie ingedwing.”

Die muur waarteen Hinana se motor gebots het. (Foto: Verskaf)

Volgens die getuie het die man na bewering toe met ʼn spoed weggejaag en teen ʼn huis se muur gebots.

Die opsigter by die sokkerveld het vertel dat hy teen daardie tyd reeds die polisie gebel het.

Adeen Cloete, ʼn vriendin van Assegaai, het haar beskryf as bedagsaam, vriendelik, hardwerkend en iemand wat altyd behulpsaam was

Michelle Reed, die hoof van die sakeskool by die Noord-Kaapse landelike kollege vir tegniese en beroepsonderwys en -opleiding (TVET) op Upington waar

Genoveve Assegaai. (Foto: Facebook)

Assegaai gewerk het, het haar as stil en saggeaard beskryf. “Dis ʼn swaar tyd vir ons en die studente hier. Sy was enig in haar soort en ons harte is stukkend-flenters. Net God alleen sal ons wonde genees,” het Reed gesê.

Assegaai was die afgelope naweek glo op Springbok om met die studente van die plaaslike TVET-kollege op Okiep te vergader. Hierna sou sy Saterdag saam met Hinana na Upington reis, het Reed vertel.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig dat die owerheid die voorval ondersoek.

Hinana bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jacques ·

VanAfrika – Ek reken dit kan onmoontlik nie n normale en beskaafde mens wees nie . Dit maak nie saak wat die omstandighede is nie , jy neem nie iemand se lewe in jou eie hande nie . Welkom in die “stone age” . Baie sterkte aan die familie en vriende vir die verlies . My tipe straf vir die man sal wees om hom elke dag n skoot te gee dat hy ly .

Johan ·

Ai dat n pragtige jong dame haar lewe op so n brutale engrusame wyse verloor is skokkend. Innige simpatie m haar verlies word betiug aan haar familie. Mag die oortreder nie borg kry nie. Mag by boet v Sy dade ????????????????

GeeNieOmWatEkSeNie ·

Jong nou dat jy dit noem al hierdie ander wrede moorde word hulle nie daar geleer hoe nie ?
Dalk moet daar ondersoek ingestel word van wat daar gebeur…..

lh ·

Wat ‘n pragtige meisie! Rus in vrede Genoveve . . . Mag geregtigheid geskied in hierdie saak . My hart gaan uit na haar geliefdes, kollegas en vriende. Mag God julle troos en dra in hierdie hartseer tyd.

Lindtjies ·

Wat ‘n mal persoon! Hy was sekerlik onder die invloed van iets gewees. Hoop sy gewete sal hom ry tot in lengte van dae.

Blommie ·

Konstabel op hierdie JONG oudedom, do dis iets waarvoor jy jare lank werk om die nodige KENNIS te bekom. Geen wonder nie!!
Baie jammer so iets moes met hierdie jong dame gebeur het RIF, dis so onregverding.
En die het nou skielik regte.

se maar net ·

Konstabel is die laagste rang. U dink seker aan Kaptein

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.