Konstabel in Wes-Kaap doodgeskiet

Argieffoto

’n Konstabel van die Wes-Kaapse polisie is Vrydagmiddag in Delft doodgeskiet. Die 40-jarige konstabel was nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

Die polisie het in dié stadium nog min inligting omtrent die moord bekend gemaak.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die konstabel is in Ravelstraat in die suide van Delft doodgeskiet. Hy was verbonde aan die polisiestasie in Mowbray.

Speurders van die Valke ondersoek tans die moord.

Maroela Media het ’n navraag aan die Valke gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper ·

Hoekom word daar soveel polisiemanne en vroue doodgeskiet wat van diens af is.Dit raak nou ‘n tendons.

jzjz05 ·

Daar is net een straf wat die moordenaars sal stop en dit is die doodstraf, Tronkstraf werk nie maar as hy weet as ek moor dit my einde kan beteken gaan hy anders dink

Hennie J ·

Mal emma en sy gespuis het mos die polisie voelvry verklaar en hoedman en sy gespuis het nie n woord daaroor gese nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.