Konstabel koelbloedig aan diens vermoor

Konst. Pieter de Lange en sy vrou, Nelmarié. Sy het vanoggend by dié foto van hulle op Facebook geskryf: “Hy is my lewe en my hart. Sonder hom is ek niks.” Foto: Facebook

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die hoop uitgespreek dat die mans wat ʼn polisiekonstabel Donderdagaand doodgeskiet het, spoedig in hegtenis geneem sal word.

Konst. Petrus Gerhardus de Lange was aan diens waar hy ʼn beweerde dwelmtransaksie in Bulwayostraat, Ladanna, Polokwane, dopgehou het toe hy aangeval is, sê brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder.

“ʼn Groep verdagtes in twee voertuie het na die voertuig aangery gekom waarin De Lange gesit het,” sê Naidoo. “Vier het uitgeklim en met handwapens op die polisieman begin skiet.”

Die 30-jarige lid van die Westenburg-polisiestasie is op pad hospitaal toe dood.

Naidoo sê luidens berigte is ʼn vragmotorbestuurder, wat verby die toneel gery het, deur ʼn dwaalkoeël in sy hand gewond tydens die skietery op De Lange.

Sitole het die moord op De Lange veroordeel en opdrag gegee dat ʼn 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel word om die skuldiges vas te trek.

“Net sedert die begin van die huidige boekjaar het ons 42 polisiebeamptes aan die dood afgestaan,” het die kommissaris Vrydag gesê. “Ten spyte van ons proaktiewe en reaktiewe ingrypings bly die getal beamptes wat aangeval en doodgemaak word onaanvaarbaar hoog.”

Van die 42 beamptes wat sedert 1 April vanjaar vermoor is, was 18 ten tyde van hul dood aan diens en 24 van diens af.

Naidoo sê enigeen met inligting oor Donderdagaand se aanval in Polokwane kan Stop Misdaad bel by 08600 10111.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Boet ·

Waar was sy makers hoe Kan daar net een op so saak gewees het dis soos die spreekwoord mos sê (Heros die young)

AmY ·

Dis baie tragies dat daar soveel polisiebeamptes vermoor word.

Herman ·

Slegs in SA. Ander lande sal nie sulke moorde op Polisie duld nie

Liberalis ·

SA is van die ergste ja maar waarookal ons liberaliste en linkses regeer beskerm ons moordenaars deur liberale wette, en daar floreer misdaad en moorde.

DG ·

Dis ‘n oorlog teen misdaad, dink in julle gebede aan ons manne en vroue in uniform. Dit sluit sekuriteitswagte in.

Isak ·

Wil net weet hoekom? Dis tyd dat die doodstraf terug kom. In die land waar mense niks voel vir n lewe nie. Kan iemand vir my se of de lange van Welkom was?

Josua Keys ·

“Sekere” groepe in SA se getalle sal dan drasties afneem en hul mag op stemreg verloor dit wil sekere regerings amptenare nie hê nie want dan is hul politike partye se mag daarmee heen en verloor dan so hul mag oor Suid Afrika en dan het ons eers spots in die land!!!

jannie ·

Hoekom het hy nie dadelik eerste geskiet nie….dis die vinnigste wat skelms die hasepad vat!

Cherokee ·

Dom vraag. Mens skiet nie bloot op voertuie wat in jou rigting ry nie.

Kobus ·

Ek is nou so geskok…..hy was betrokke by my seun se bulletjie rugby. Het hom net onlangs nog gesien op die rugbyveld, in uniform. So uiters tragies

Tallies ·

Dit is uiters tragies wat gebeur het, maar wat verwag die owerhede as wetsongehoorsaamheid seevier in hierdie land. Politisie praat dit goed, tree nie eers op teen persone wat veronderstel is om ‘n voorbeeld te stel in die land nie. Polisie wat aanspreeklik gehou word indien hulle optree teen misdadigers. Dit is maar net enkele redes waarom dit so gaan. Polisie en outoriteit word nie respekteer nie. Dit gaan net erger word, nie beter nie.

Anni ·

BRING DI VERDOMDE DOODSTRAF TERUG. SODAT ALLE MOORDE NOU GESTOP KAN WORD

Gemaskerde Sopbeen ·

Huh? Die doodstraf IS terug!! Hier lees jy dan nou net hoe dit deur kriminele toegepas is op ‘n polisie konstabel? Die doodstraf word 53 keer per dag in SA toegepas………..net nie deur die regering nie….

Katerina ·

En wie dink jy gaan die doodstraf kry in hierdie helhool? Net wit mense!!!

Johan ·

Ek ruik iets stink hier. Hoe het die klomp dit sommer net geweet (dat die polisie hulle sit en dophou). Ek dink binnekennis speel ‘n rol hier. Sterkte aan die familie. Hoop die taakspan vang hulle.

Josua Keys ·

Jy het ‘n uitstekende reuk sintuig Johan , dit vrot van binne en die reuk moet agter kantoor deure gaan soek word want hulle sit steeds agter die lessenaar met n glimlag op hul gesigte. Iemend het seker gemaak hulle stuur hom na sy dood.

Schoeman ·

Ek het bedank 4 jaar terug uit polisie, ek het geweier om alleen op n voertuig te patroleer, maar die lede word beveel, agv mannekrag te kort, en vir konstabels is dit moeilik om opdragte te weier………
Ek was n adjudant offisier en het genoeg gehad……… Julle jong ouens moet maar sterk en paraat wees daar buite, maar moet nooit alleen werk nie.

Cherokee ·

getal polisiemanne wat doodgeskiet word is ‘onaanvaarbaar hoog’.
Nou verdomp, hoeveel is volgens jou aanvaarbaar, sitole?!

Sarel Strydom ·

Die wat in die Parlement sit is stil. Hulle het bloed aan hulle hande.

Piet ·

…………en die wat hulle daar geplaas het ook, Sarel. FW is gewaarsku dat moord en doodslag gaan volg as hy eers begin met sy wigte en teenwigte. Die mense begin nou eers besef wat dit beteken om die hooste prys te betaal. Dit het niks met die ekonomie of met sport uit te waai nie. Die jong man se heengaan is ‘n hengse verlies vir almal – sterke aan sy familie.

Andrea ·

So bitter jammer. Nog n pragtige jongman weg. Nog n gesin in rou gedompel. Baie sterkte aan die familie.

pieter ·

Baie hartseer, hou dop, skuldiges gedood tydens polisie skietgeveg.

A ·

Hy was nie alleen nie, media ken nie die hele store nie. Sterkte aan sy vrou en drie klein kindertjies en aan sy ouers ons harte gaan uit na julle.

Ben Prinsloo ·

Totsiens my ou seun. Oom Bean sal jou mis, veral die tye wat jy en van die ander jong manne met julle kattekwaad by my huis laatnag opgedaag het. Sterkte aan jou familie. RIP. Oom Bean.

b ·

hul het glo van 10 uur af gesoek na die verdagtes het vir die helicopter gestaan en kyk gewonder wat aangaan…min wetende n blok verder is n man oorlede wat boewe wil vastrek…dink aan die famielie en gebede is met jul

Bakgat29 ·

Hoe het die skelms geweet om op hom net los te brand?? Watter klere het hy aan gehad en in watter voertuig was hy? Hoekom alleen?? Waar was sy wapen?

Christo ·

Korrupsie is algemeen in SA. Polisiebeamptes wat eerlik en opreg hulle pligte uitvoer en korrupsie in eie geledere ontbloot word ‘n bedreiging. Die korrupte polisie lede is alreeds ‘lede’ van sindikate en sal nie twee keer dink om van enige getuies teen hulle te verwyder nie. Stasiebevelvoerders is onbeholpe en sal nie teen korrupte lede optree nie – alhoewel ek van mening is dat bevelvoerdersdeel van die sindikate is, of op die ‘payroll’ is – met gevolg dat eerlike lede vermoor word. Ek wens OPID wil liewer korrupsie ondersoekas om elke keer as ‘n beampte ‘n wapen moet afvuur om hom of haarself te beskerm van moord aan te kla. Net soos in die onderwys sit ons met mense wat net polisiebeamptes geword het vir die salaris en nie as ‘n roeping nie. Dit is ook ‘n feit dat die SA Grondwet geskryf is deur kriminele (terroriste!) om kriminele te beskerm. Roelfie en FW het gedink Mandela gaan vir altyd lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.