Konstabel kritiek ná aanvallers op voertuig losbrand

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Durban is in ʼn kritieke toestand nadat hy ernstig gewond is toe aanvallers op hom losgebrand het by sy aankoms tuis.

Die konstabel, verbonde aan die Shongweni-honde-eenheid, het glo Vrydag om 22:00 teruggekeer na sy huis in KwaNdengezi in Durban toe onbekende aanvallers losgebrand het op sy voertuig. Hy is verskeie kere geskiet en is in ʼn kritieke toestand na ʼn plaaslike hospitaal gehaas.

Volgens die polisie is hy tans in ʼn stabiele toestand in die hoësorgeenheid.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê alles moontlik word gedoen om die oortreders op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michael ·

Snaaks ek het nog nooit n Lt.Genl.ge hoor se dit word ten sterkte veroordeel na n plaas moord nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.