Konstabel op Kaapse Vlakte doodgeskiet; 2 gewond

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Polisiekonstabel is Sondag in die vroeë oggendure op die Kaapse Vlakte doodgeskiet en nog twee polisiebeamptes is gewond terwyl hulle in die misdaadgeteisterde Delft aan diens was.

Dié voorval kom kort nadat die weermag op die Kaapse Vlakte ontplooi is in ʼn poging om die skrikwekkende misdaadvlakke in dié gebiede onder beheer te bring.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeamptes was vanoggend besig met misdaadvoorkomingspligte toe ʼn verdagte op hulle losgebrand het. Een van die beamptes is doodgeskiet en twee ander ernstig gewond. Die verdagte het op die vlug geslaan.

Toe ʼn tweede patrollievoertuig op die skietery reageer, het dieselfde verdagte ook op dié voertuig losgebrand. Die beamptes het teruggeskiet en ʼn 24-jarige verdagte is gewond. Beamptes het beslag gelê op die vuurwapen wat in sy besit gevind is. Hy word tans in ʼn hospitaal onder polisiebewaking behandel.

“Lede van die betrokke polisiestasie ontvang tans berading,” sê Van Wyk.

Intussen is nog polisiebeamptes ontplooi in die gebied waar die skietery gebeur het.

Die naam van die 32-jarige polisiekonstabel wat doodgeskiet is sal bekendgemaak word sodra al sy naasbestaandes in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sarel ·

Ek sě weer help nie jy poer poer met die mense nie. Klim in maak skoon. Daar gaan heel moontlik betoog word oor die ou wat geskiet is want soos gewoonlik het jy niks gedoen nie jy was net toevallig op die toneel

Worsie ·

Nou praat jy Sarel. So paar spes-mag groepe van 5-6 mans elk wat van huis tot huis kruip en die ongewenste elemente uitskakel, maar nee, patrollie op en af in die straat en staan soos n seer oog uit is die beste manier vir misdaadvoorkoming, laat nog kinders en vrouens ly

Chris Ws ·

Hy moet in die publiek opgehang word waar almal kan sien wat gebeur met ‘n moordenaar.

Anoniem ·

Die moord op DIE SAPD se lede is net soos Plaasaanvalle buite beheer ! MOENIE GENADE BETOON NIE ! MOENIE VERDER die aanvallers in WATTE toemaak nie ! MET DIESELFDE GESINDHEID wat hulle aanval – BEVEG HULLE

Amanda ·

Dit is hartseer dat die polisie so uitgemoor word, hul is daar om mense soos ek en jy te beskerm, daarom moet hul patrollie ry juis om op die uitkyk te wees vir hierdie elemente, net jammer ‘n polisieman moes weereens met sy lewe boet.

Hommel ·

Die verdagte raak nou n generaal in sy bende. Hy word beloon deur te moor. Die gesag van die staat is tot niet. Die staat is nie meer in beheer in sekere dele nie, selfs nie die weermag skrik bendes meer af nie.

Santie ·

Hulle moet die weermag saam met die polisie instuur. Sodat die weermag eenmaal kan skoonmaak.

Ina ·

Ek kannie sien dat die SAW diè probleem kan oplos nie. Hulle is goed vir skare beheer; maar hierdie mense kruip weg, & beweeg tùssen ander mense rond. Hoe moet ñ mens wèèt iemand gaan skiet as jy nie sy wapen kan sien nie! Ek glo nie àl die bendelede staan langs mekaar in rye, met hul wapens inni hand nie. Wanneer bendes op mekaar skiet, hoor die polisie eers nà die skietery daarvan. Snuffel hulle uit & ontwapen hulle. Maar dit klink ook vir mý na ñ onbegonne taak. Daar’s tèveel geld by dwelms & wapens betrokke… Dit sal ook nie onbepaald net op sekere plekke gebeur nie. Mense woon oral & ons ken nie juis mekaar nie. Hoe weet ons waarmee ons bure hulle besig hou? STERKTE aan diegene wat diè onheile moet probeer besweer… Ek het nie ñ antw vd probleme nie!!!

Amanda ·

Ja, en dan het die polisie ‘n ondankbare werk….maar GEVAARLIK! Wie van ons gaan in ysige koue ons lewens op die spel plaas om ander te probeer beskerm? Ek weet waarvan ek praat….my broer was ook gisternag daar….

Joon ·

Sy ouers kan trots wees om hom. Hy het gesterf vir sy volk en Vader land. Treur saam met sy familie

mills ·

Moord op Polisie en boere sal voortduur, want korrupte regstelsel is primêre probleem in SA. SAPD word aan bande gelê deur regeringsopdragte en verder vergat die “regskenners” die werk wat deur polisie gedoen word.

George in Bloem. ·

Die problem in daai omgewing is groter,baie groter as wat die regering dink. Die bendes het geen respek vir niemand nie en al wat hulle verstaan is geweld. En hierdie regering is heeltemal te papbroekig om te doen wat nodig is.

Maljan ·

As hulle regte beamptes ontplooi sal die polisie aktief misdaadvoorkoming kan toepas en minder tyd met BERADING mors.

bambi ·

Stuur taakspanne in wat hul inflirtreer; dink hul was SANNAB of so iets; bestaan hul nog? die misdaad, moord in SA is ongetwyfeld buite beheer.

Ruiklont ·

Groot jammerte, sterkte aan due wat agterbly. Ek glo daar moet meer doelgerigte aktiwiteite wees om wet en orde te handhaaf op alle vlakke. Begin by Taxis en eind by President indien skuldig aan die orde van die dag

TVDN ·

Ek stem saam steenig hulle in die publiek!!!! Weermag en Polisie moet terug skiet, maak skoon, ons het nie bendes nodig nie, ek glo as hulle ses is sluit al ses toe al het net een geskiet die ander vyf gaan nog meer skade aanrig. ek voel regtig jammer vir die mense wat so onder die bende geweld deurloop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.