Konstabel skiet glo tienerseun dood, wond twee

Argieffoto

Argieffoto

‘n 29-jarige konstabel van die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n tienerseun doodgeskiet het en nog twee mense gewond het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die konstabel het glo vroeg Saterdagoggend op drie mense in ‘n kroeg in Warrenton losgebrand.

Dlamini sê die konstabel was glo aan diens en in vol uniform toe die voorval plaasgevind het. Hy sê die konstabel het glo met twee mans in ‘n geveg betrokke geraak waarna hy ‘n onskuldige omstander in die voet geskiet het.

Dlamini sê die konstabel het glo ook skote afgevuur toe die twee mans van hom af probeer weghardloop het. Een van die mans is in die kuit getref en die ander een is doodgeskiet. Die oorledene is geïdentifiseer as die 18-jarige Lionel Meintjies. Die beseerdes is Alister Spaigen (24) en Billy van Wyk (39). Spaigen is reeds uit die hospitaal ontslaan terwyl Van Wyk steeds in die hospitaal behandel word.

Dlamini sê die konstabel is op die dag van die skietery in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die Warrenton-landdroshof verskyn op aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HEVW ·

MIisdaad moet beslis voorrang geniet. Stap een moet wees die suiwewring van die polisie.

Monica ·

Wat dink jy is die kanse daarvoor?! Die grootste misdadigers sit in die kabinet. Bedrog, nepotisme, diefstal, misbruik van staatsfondse. Zuma wat dink die staatskas is sy eie persoonlike beursie? Daar is net ‘n kans vir suiwering nie. Die verrotting is al te diep en ver in die hele staatsdiens.

Theresa ·

Uniform aan en gewapen. Nou is ons “untouchable”. Kan mos nou doen wat ons wil en sommer trigger happy raak. Die verkeerde mense word met wapens toegerus. Maar nou ja – wie is ek tog nou om iets te sê. Hulle is mos altyd reg…………………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.