Konstabel skiet man, toe homself

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiekonstabel het glo ʼn 23-jarige man doodgeskiet voor hy sy dienspistool na homself gedraai en selfmoord gepleeg het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen ná die voorval Saterdag in Khayelitsha.

“Die 27-jarige konstabel was aan diens ten tyde van die voorval. Hy was aan die Philippi-polisie verbonde.”

Rwexana het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie en gesê die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Heksie ·

Hierdie klink na ‘n storie agter die storie …
Tragies dat die konstabeltjie so tot sy einde moes kom …

Db ·

Ek is seker dom maar hoe word ‘n saak van moord teen ‘n dooie ondersoek?

Pieter du plessis ·

Daar moet n klag wees om n dossier te open eintlik net n formaliteit. Ons weet egter bitter min word regtig ondersoek.

Zumie ·

Alle sake waar ‘onnatuurlike dood by betrokke is word as ‘n moordsaak ondersoek. In alle waarskynlikheid sal die betrokke aanklaer nadat hy tevrede is dat die oorledene sy beskuldigde is – die saak verander en laat afhandel as ‘n geregtelike doodsondersoek.

Pieter du plessis ·

Het die polisieman homself per ongeluk raak geskiet of het hy berou gehad oor hy iemand geskiet het was dit dalk per ongeluk,was die polisieman onder die invloed of was hy met iets korrup besig?

Michelle ·

Deesdae word nie wapens vir hul gegee dan het hul nog nie eers vuurwapen lisensie nie, van hulle weet nie as hul die wapen uitmekaar haal hoe om hom weer aan mekaar te sit nie. Baie los die vuurwapen by die huis in die handsak bo in die kas gaan met hom elke dag huistoe om watter rede. Party vergeet hom daar by die huis ek weet waarvan ek praat. Wat het geword van inspeksies of het die weg geval. Meer en meer polisie wapens word gebruik vir alles behalwe werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.