’n Polisiebeampte van Hennenman in die Vrystaat het die naweek sy vriendin in ’n geparkeerde motor doodgeskiet voordat hy sy dienspistool op homself gerig het.
Die voorval het hom Sondag laataand langs ’n taverne in Thabong in die omgewing van Welkom afgespeel.
Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeampte het op die agterste sitplek van die motor gesit en sy vriendin op die voorste sitplek. Daar word beweer dat die konstabel sy vriendin van agter geskiet het voordat hy homself om die lewe gebring het.
Sy dienspistool is langs sy liggaam gevind.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord en ’n geregtelike doodsondersoek word ook gedoen.
Die saak is intussen vir verdere ondersoek aan die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) oorhandig.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Dit is regtig Silly Season
Ai die arme meisie het hopenlik nie geweet sy gaan geskiet word nie.
ALWEER n dienspitool en polisieman betrokke .