Konstabel vas ná vlaag sakerooftogte

(Argieffoto)

’n Polisiebeampte is Maandag op Volksrust in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met ’n onlangse vlaag sakerooftogte op die dorp.

Die 40-jarige konstabel se inhegtenisneming volg nadat ’n ondersoek onthul het dat hy moontlik by sommige van die rooftogte betrokke was. ’n Interne ondersoek na die polisiebeampte se geskiktheid vir sy pos is intussen van stapel gestuur.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê die jongste sakerooftog in Volksrust was op 10 April toe ʼn groep gewapende verdagtes by ʼn plaaslike klerewinkel ingestorm en personeel met vuurwapens aangehou het. Die rowers het die slagoffers beveel om in die stoorkamer te skuil terwyl hulle sowat R150 000 se selfone en kledingstukke gebuit het.

Ses verdagtes is kort na dié rooftog in hegtenis geneem.

Vier van die verdagtes het egter op 19 April voor hul tweede hofverskyning uit die aanhoudingselle by die landdroshof op Volksrust ontsnap.

Welcome Mncube (56) is intussen weer aangekeer hoewel sy makkers Jima Dube (34), Sandile Gasa (42) en Emmanuel Sibanda (28) nog op vrye voet is.

Die konstabel verskyn na verwagting Dinsdag in die landdroshof.

“Ons kan nooit toelaat dat die naam van goeie polisiebeamptes sleggemaak word deur enkeles wat onwettige gedrag binne die diens bevorder nie,” sê genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende polisiehoof in Mpumalanga.

Lede van die publiek word versoek om enige inligting rakende die ontsnapte verdagtes by die Volksrust-polisie by 017 735 9913 of die Misdaad Stop-nommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nie Verbaas ·

Wonder watter hoeveelheid aan die “enkeles” gekoppel kan word.

Hennie J ·

Op 19 April ontsnap en nou word die publiek se hulp gevra………Sjoe maar dit is werklik spoedeisende optrede gemeet aan hoedman se pionne se aksies.

Genis ·

Dis nie n leun dat die polisie eerste op die toeneel was nie…

Sarel ·

Wat kan mens verwag met huidige Bestuur, Minister ingesluit.

Dries ·

Die bevelvoerder gee voor dat daar net een vrot appel is. Ons weet dat daar duisende vrot appels is. EEN vrot appel maak n hele kas vol appels bitter gou vrot. Die grootste persentasie van die SAP is alreeds jare lank vrot van binne

SjN ·

40 jaar oud en steeds n konstabel, Hou die persoon wat hom aangestel het aanspreeklik.

Piet parys ·

Hys hoogsbetaald van wee sy diefstal togte . Daarin is hy seker n kolonel

Hennie ·

40 en nogsteeds ‘n konstabel… Mmmm dit verduidelik alles!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.